Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 168
2010/08/10


Liewe Sinode-familie

 

Groete uit die Sinode huis, waar ons ook die koue kloue van die winter ervaar – hopelik die laaste?

 

GEMEENTES

 

Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Marble Hall 59 (16/8), Pretoria-Garsfontein 28 (22/8), en Tygerpoort (Pretoria) 29 (23/8).

 

Sterkte aan die Ringe van Silverpark en Middelburg wat ringsittings hou.

 

PREDIKANTE

 

Ons dink aan Nelis Lindeque (cjl@mweb.co.za) van Doornkloof.  Sy ma is oorlede.  Nelis se pa is ds Roelf Lindeque wat lank in Wes-Transvaal die SKDB behartig het.

 

Vanjaar se Lentekonferensie vind vanaf 5 tot 7 Oktober plaas.  Dit is deel van Excelsus se VBO-program.  Die brosjure, sowel as die inskrywingsvorm is aangeheg.  Benut die geleentheid om voor 13 Augustus in te skryf en R50,00 te spaar.

 

PROJEKTE

 

Die Diensgroep vir Ekologie reël 'n Eco-Factor kamp vir alle Graad 4 / 5 / 6's onder leiding van ds Fay van Eeden vanaf 27 tot 29 September 2010 by Marsonita Wildsplaas naby Marble Hall.  Hierdie kamp is bedoel om kinders eerstens bewus te maak van die natuur, die betekenis daarvan vir die mens en watter rol hy/sy daarin te speel het;  tweedens, 'n liefde daarvoor aan te kweek - na aanleiding van Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis leer ons God ken uit die skepping.  Hoe kan ons sê ons het God lief, maar nie ook Sy skepping nie.  Vir meer inligting lees hier.

 

ALGEMENE SINODE

 

Die Algemene Sinode se Taakspan vir Jeug wil dringend in aanraking kom met jeugwerkers.  Lees hier verder.

 

Lees gerus wat Bybel-Media skryf oor die jongste Kruisgewys wat na elke predikant op pad is, sowel as die nuwe depot in ons gebied.

 

GEMEENTES AAN DIE WERK

 

Moreletapark reël 'n lof en aanbidding geleentheid onder leiding van Paul Wilbur van die VSA.  Dit vind op 24 en 25 September plaas.  Lees meer.

 

ANDER INLIGTING

 

Die volgende twee pastorale beradingskursusse van Wentzel Coetzer van Potchefstroom handel oor die uitdeel van seën en genesing van emosionele pyn.  Meer inligting.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan almal wat tot 24 Augustus verjaar.

 

14 Augustus - Carl Louwrens (Krugerwildtuin) e-pos: crl@telkomsa.net

15 Augustus - Hardus van Niekerk (Middelburg-Suid) e-pos: hardus@midsuid.co.za

17 Augustus - Jannie du Plessis (Elarduspark) e-pos: jannie@ngelarduspark.org.za




Groete tot 24 Augustus 2010.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend