Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 165
2010/06/08
Liewe Sinode-familie
Groete op die vooraand van die sokker-wintervakansie. Die predikantekonferensie by Letaba was verkwikkend. 'n Groot groep predikante is terug in die gemeentes met nuwe waardering vir die wyse waarop Hebreërs oor predikantwees met integriteit en vrymoedigheid praat.
GEMEENTES
Rietkuil (ngkriet@lantic.net) het proponent Hennie de Vos as tentmaker beroep. Hy word op 4 Julie bevestig.
Geluk met die verjaarsdae: Groblersdal 70 (8/6), Phalaborwa 49 (8/6), Goedgegun-Swaziland 88 (10/6), Kampersrus 51 (13/6), Witbank-Suid 56 (18/6), Witrivier 69 (28/6), Silvertonkruin 35 (30/6) en Elarduspark 35 (1/7).
BEDIENINGE
'n Konferensie oor Spiritualiteitstipes word op 24 Julie by Middelburg aangebied. Lees hier vir meer inligting.
Mannedinge in die Ooste – met die laaaaaang skoolvakansie voor die deur, word die datum(s) vir die laaste deel van die jaar 2010 onder jou aandag gebring. Vir meer inligting kliek hier.
Ondersteuningsdiens vra dat gemeentes asseblief let op die datum vir die indiening van die finansiële state. Dit is mos 15 Junie. Baie dankie vir die state wat ons reeds ontvang het.
Goeie Nuus! Die program vir Excelsus se lentekonferensie is beskikbaar. Dit geskied mos van 5 tot 7 Oktober 2010. Die program word begin Julie aan elke predikant gepos. Die program en inskrywingsvorm is hier beskikbaar.
Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening bied gedurende Augustus kursusse oor Kreatiewe veroudering sowel as die Bybel en Sy boodskap aan. Lees meer.
Die Kuratorium maak graag bekend dat dr CJ (Cas) Wepener van Pinelands die benoeming as mede-professor in die Departement Praktiese Teologie, aanvaar het. Hy aanvaar diens op 1 Julie. Kragtens die ooreenkoms tussen die NG Kerk en die Universiteit van Pretoria, geld dit as 'n kerklike benoeming. Hy is benoem in die vakature wat ontstaan het met die aftrede van prof CJA Vos.
ANDER INLIGTING
Twee verdere pastorale beradings-kursusse word deur prof Wntzel Coetzer aangebied. Lees meer oor die Tien fase genesingsmodel en die pastorale begeleiding van die emosioneel verwonde persoon as gevolg van godsdiensverslawing.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 12 Julie verjaar.
14 Junie - Francois Botha (Ermelo-Oos) e-pos: francois@erm-oos.co.za
14 Junie - Antoinette Wilson (Pretoria-Oosterlig) e-pos: wilsona@absamail.co.za
14 Junie - Dion van Dyk (Skuilkrans) e-pos: dion@skuilkrans.co.za
18 Junie - Arnold Meiring (Skuilkrans) e-pos: arno@skuilkrans.co.za
21 Junie - Arnau van Wyngaard (Shiselweni Swaziland) e-pos: wyngaard@lando.co.za
22 Junie - Tertius Erasmus (Middelburg-Suid) e-pos: tertius@midsuid.co.za
25 Junie - Nico Swart (Skuilkrans) e-pos: nico@skuilkrans.co.za
30 Junie - Gerrie Doyer (Witrivier) e-pos: gerrie@ngwitrivier.co.za
2 Julie - Erik Immelman (Halfweghuis) e-pos: erikjen@iafrica.com
4 Julie - Dolf Germishuys (Past Hulp Hendrina) e-pos: dolf.germishuys@inafrica.co.za
6 Julie - Bertie Driescher (Past Hulp Bronkhorstspruit) e-pos: bertisa@telkomsa.net
7 Julie - Thinus Prinsloo (Carolina) e-pos: mfp@lando.co.za
9 Julie - Izak Liebenberg (Meyerspark) e-pos: ilieb@absamail.co.za
9 Julie - Gawie Malan (Pretoria-Oosterlig) e-pos: gm@harvestbarn.co.za
11 Julie - JP Pienaar (Amsterdam) e-pos: jppienaar@telkomsa.net
Groete tot na die vakansie
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

