Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 163
2010/05/11
Liewe Sinode-familie
Dit is reeds Meimaand, maar Pretoria kry nog baie reën met donderweer. Sterkte met Hemelvaart en die Pinkstertyd.
GEMEENTES
Tzaneen-Wolkberg (ngwolk@mweb.co.za) het vir Fanus Hansen van Potchefstroom-Oos beroep. Hy was van 1997 tot 2000 by Phalaborwa-Noord.
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: kerksondermure 20 (12/5), Halfweghuis 41 (14/5), Monumentpark-Wes 27 (18/5), Tzaneen-Wolkberg 34 (19/5) en Dennesig 19 (20/5).
PREDIKANTE
Louis Pienaar van Nelspruit-Suid skryf: Jean en Weila-Marie Strydom se seuntjie, Zander is Maandagoggend (3/5) om 10:30 gebore. Hy het 2,75 kg by geboorte geweeg en is 55 cm lank. Dit gaan goed met ma en baba. Ons wil graag hulle vreugde ook met die Sinode deel.
PRIORITEITSAKE
Onthou asseblief die konferensie wat die Sinodale Diensraad op 24 Mei om 19:00 reël. Die tema is mos "Troue of Saamwoon?" Meer inligting is hier beskikbaar.
BEDIENINGE
Ondersteuningsdiens wag op die eerste finansiële staat van die jaar.
VERGADERINGE
Die Sinodale Diensraad het Vrydag 7 Mei met die Voorsitters van die Ringsdiensrade vergader. Daar is talle positiewe sake in verband met die gemeentes geneem. Sake soos: Spontane, entoesiastiese deelname aan die werk van gemeentes; 'n gerigtheid om in die gemeenskap 'n verskil te maak; 'n soeke na die Woord van die Here; groter openheid, diversiteit en samewerking; 'n jonger geslag leiers wat na vore tree.
Natuurlik is daar ook sake wat die werk belemmer. Dit is dinge soos: Die veiligheidsituasie, verval aan infrastruktuur, onbetrokkenheid en 'n vervlakking in lidmaatskap; ekonomie wat druk; lewenstyl wat baie verg, moraliteit; grondeise; 'n nuwe rassisme as gevolg van misdaad en verval in die land.
Die Sinodale Diensraad bid dat gemeentes hulle lig sal laat skyn en oral tekens van die Koninkryk van Jesus Christus oprig.
GESAMENTLIKE WERK
Die jaarlikse Johan Heyns Gedenklesing vind vanjaar plaas op 27 Mei om 19:00 in die Senaatsaal van UP. Prof Conrad Wethmar is die spreker. Hy praat oor Maak dit saak wat ons oor die Drie-eenheid van God glo?
Die Kuratorium is baie dankbaar dat daar volgende jaar (2011) 32 finalejaarstudente kan wees. Die Kuratorium is dringend op soek na geskikte gemeentes waar hierdie studente vir hulle gemeentejaar kan gaan werk. Belangstellende gemeentes word versoek om skriftelik 'n aanduiding te gee dat hulle belangstel. Kontakbesonderhede: ngkerk@up.ac.za of Posbus 12100, Hatfield 0028.
ALGEMENE SINODE
Die Algemene Sinode se Taakgroep vir die Erediens het in 2007 ’n proefuitgawe van die nuwe Erediens handleiding beskikbaar gestel met die titel: Vir die Erediens – 'n handleiding. As deel van ’n voortgaande proses waarvolgens die inhoud uitgebrei, verbeter en aangepas kan word, word predikante gevra om deel te neem aan ’n evaluering van die handleiding.
Jy kan dit doen deur die onderstaande drie vrae te antwoord en voor 28 Mei 2010 te e-pos na: fclasen@ngtyger.com.
Wat vind jy bruikbaar in Vir die erediens – 'n handleiding?
Wat in die handleiding sou jy anders wou hê?
Watter leemtes is daar in die handleiding?
GEMEENTELIKE BEDRYWIGHEIDE
Onthou Bruce Wilkinson wat 16 tot 19 Mei by Moreletapark optree. Lees weer die besonderhede van hulle pamflet.
Onthou ook die Vat Vlam herlewingskonferensie op 14 en 15 Mei by Moreletapark. Sprekers sluit in drr Richard Blackaby en Sammy Tippet (uit die VSA), Angus Buchan, Elza Meyer, Willem Badenhorst, Dirkie van der Spuy, Bennie Mostert en Francois Carr. Navrae by carol@moreleta.co.za
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 24 Mei verjaar.
11 Mei - Van Wyk Fischer (Silvertonkruin) e-pos: silvertonkruin@absamail.co.za
12 Mei - Wielie van Wyk (Middelburg-Suid) e-pos: wielie@midsuid.co.za
13 Mei - Eduan Naudé (Lyttelton) e-pos: eduannaude@absamail.co.za
13 Mei - Rassie van der Merwe (Past Hulp Skuilkrans) e-pos: rasdel@xsinet.co.za
17 Mei - Jean Strydom (Nelspruit-Suid) e-pos: jeanstr@absamail.co.za
18 Mei - Gerrit Maritz (Doornkloof) e-pos: gerrit@webhelp.co.za
18 Mei - Frans Conradie (Past Hulp Roossenekal) e-pos: franscon@lantic.net
19 Mei - Jannie van Eeden (Groblersdal) e-pos: dsveeden@lantic.net
20 Mei - Henry Green (Witbank-Vallei) e-pos: henry.green@vodamail.co.za
21 Mei - Sas Conradie (Pretoria-Oosterlig) e-pos: sas.conradie@cms-uk.org
22 Mei - Willem Nortjé (Komatipoort) e-pos: ngkomati@mweb.co.za
22 Mei - Marius Swart (Nelspruit-Westergloed) e-pos: marius.swart1@gmail.com
Groete tot volgende keer.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

