Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 161
2010/04/13
Liewe Sinode-familie
Hierdie is die eerste Familienuus vir die tweede kwartaal. Die kwartaal wat Pinkster en die predikantekonferensie plaasvind.
GEMEENTES
Geluk aan die volgende gemeentes met hulle verjaarsdae: Piet Retief 122 (14/4), Wakkerstroom 149 (15/4), Pretoria-Faerie Glen 33 (17/4), Lyttelton-Noord 49 (20/4), Paardekop 89 (sa/4), Ogies 57 (24/4) en Nelspruit-Westergloed 36 (24/4).
Nelspruit-Westergloed (ngkerk@iafrica.com) het vir proponent Santie Bothé as pastorale hulp aangestel. Sy begin op 1 Mei werk.
Pretoria-Garsfontein (info@nggars.org.za) het vir Petro du Toit as pastorale hulp aangestel. Sy is ook tentmaker by Lyttelton-Noord.
Krielpark (ngkrielpark@telkomsa.net) moes as gevolg van hulle finansiële situasie vir Kobus Fourie rasionaliseer. Hy het op 4 April 2010 afskeid geneem.
PREDIKANTE
Henk Boshoff (henkbos@telkomsa.net) van Middelburg-Kanonkop begin weer werk na sy hartprobleme.
JP Pienaar (jppienaar@telkomsa.net) van Amsterdam ontvang op 22 April sy PhD-graad. Hy het sy skripsie geskryf oor die Etiek in Kolossense.
Ondersteuningsdiens wag vir die eerste gemeente se finansiële state vir 2009/2010. Laat weet ons indien julle probleme ondervind. Die Sinode se state is reeds afgehandel.
Die Bediening vir Getuienis vra weer 'n keer: Indien daar gemeentes of lidmate is, wat suksesvol betrokke geraak het by die voorkoming van misdaad in hulle gemeenskappe, wil ons dit graag hoor om ook vir die ander gemeentes te vertel. Stuur inligting aan getuie@sinoos.co.za
ALGEMENE SINODE
Vanjaar se Pinksterreeks is deur die Seisoen van Luister Taakspan saamgestel. Die tema is: Stap met Jesus oor grense. Lees hier die verskillende temas en Powerpoint hulpmiddele.
Bybelmedia nooi almal uit na 'n boekebekendstelling by Lynnwoodrif op 22 April 2010 om 11:00. Lees hier vir meer inligting.
ANDER INLIGTING
Prof Wentzel Coetzer bied 'n aantal pastorale beradingskursusse by Potchefstroom aan. Dit handel oor Eetversteurings; Stres en uitbranding, sowel as Grense. Lees hier meer.
Die NG Gemeente Greytown stel kampeerplek beskikbaar 8 km vanaf die plaas vir die Mighty Men Konferensie. Vir meer inligting epos waevanzyl@gmail.com
The Institute for Urban Ministry nooi predikante uit na 'n spesiale geleentheid 30 Junie tot 2 Julie – Fairplay: Celebrating and Imagining Cities of Justice. Meer inligting hier.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat in die dae verjaar.
17 April - Faure Louw (Past hulp Elarduspark) e-pos: faurelouw@absamail.co.za
17 April - Barry van der Merwe (Letsitele) e-pos: mwngklet@mweb.co.za
17 April - Peter Nagel (Termynkontrakleraar Lyttelton-Noord) e-pos: peter.nagel@up.ac.za
18 April - Jan Grey (Termynkontrakleraar Pretoria-Oosterlig) e-pos: drjangrey@gmail.com
21 April - Herman Nienaber (Pretoria-Oosterlig) e-pos: hnienaber@absamail.co.za
23 April - Gavin Meistré (Pretoria-Garsfontein) e-pos: gavin@nggars.org.za
26 April - Ben Blom (Belfast) e-pos: benblom@sentlikejesus.com
27 April - Casper Booy (Termynkontrakleraar Malelane) e-pos: casper@ngkerkmalelane.co.za
27 April - Tienie de Bruyn (Premiermyn) e-pos: tieniedeb@absamail.co.za
Groete tot Woensdag 28 April – die dag na die langnaweek.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

