Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 160
2010/03/23

Liewe Sinode-familie

 

Die skole sluit aan die einde van die week vir die paasvakansie.  Ons sien almal uit na die paasnaweek met Goeie Vrydag en Opstandingsondag.

 

GEMEENTES

 

Geluk van die twee gemeentes wat op 1 April verjaar: Kurgerwildtuin (24) en Lux Mundi (22). 

 

Pretoria-Faerie Glen (kerkkantoor@ngfaerieglen.org.za) het vir Karin Bosch beroep.  Sy word op 18 April as termynkontrakleraar bevestig.

 

PREDIKANTE

 

Henk Boshoff (henkbos@telkomsa.net) van Middelburg-Kanonkop het verlede week 'n hartaanval gehad.  Na 'n operasie, sterk hy tuis aan.

 

Gawie Malan (gm@harvestbarn.co.za) van Pretoria-Oostelig se vrou Liga is op 4 Maart oorlede.  Ons dink aan jou.

 

Predikante word genooi na 'n gesprek met Bruce Wilkinson tydens Pinkstertyd.  Teken solank Dinsdag 18 Mei van 09:00 tot 11:00 by Moreletapark aan.

 

PRIORITEITSAKE

 

Ons herinner julle aan die konferensie wat beplan word op 24 Mei om 19:00 die aand.  Die tema is Trou of saambly?  Meer inligting volg later.

 

BEDIENINGE

 

Vanjaar se predikantekonferensie vind weer by Letaba in die Wildtuin plaas.  Dit is vanaf 31 Mei tot 3 Junie.  Die spreker is Andries Cilliers van Sonstraal in die Kaap oor Predikant wees met Integriteit en Vrymoedigheid.  Daar is nog plek beskikbaar.  Inligting en inskrywingsvorms is aan al die kerkkantore gestuur.  Die sluitingsdatum is 19 April.  Jy kan met die bewoon van die konferensie VBO-punte verdien!  Inskrywingsvorms is ook hier beskikbaar.

 

Is daar getuienisse van gemeentes en lidmate wat suksesvol betrokke geraak het by die voorkoming van misdaad in hulle gemeenskap?  Stuur inligting na Corrie Swanepoel by getuie@sinoos.co.za

 

VERGADERINGE

 

Die Voorsitter van die Sinodale Diensraad se eposadres is foutief in die Jaarboek op bladsy 129.  Die korrekte adres is johan@lynnwoodrif.co.za

 

Die Sinodale Diensraad het verlede week vergader.  Die volgende sake op die agenda het uitgestaan:

 

'n Gesprek met verteenwoordigers van die media oor die Kerk en die media is gevoer.  Baie van die swak publisiteit wat die Kerk in die media kry, is lidmate en ampsdraers se eie toedoen.  'n Gemeente kan baie doen deur nuus aan die plaaslike media deur te gee. 

 

Die verwagting wat die Sinodale Diensraad van die kerkverband as 'n ondersteunende en waardetoevoegende vergadering het, is beklemtoon.

 

'n Gesprek met die Voorsitters van die ringsdiensrade word op 7 Mei 2010 gereël oor die rol en funksie van die ring en om te hoor hoe dit in elke ring gaan.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

 

Daar bestaan 'n vakature in die Departement Praktiese Teologie by Tukkies.  Aansoeke word tot 9 April ingewag.  Kliek hier vir meer inligting.

 

Onthou die elektroniese tydskrif van die Fakulteit:  Verbum et ecclesia.  Dominees kan dit gratis kry.  Dit bevat onder ander materiaal vir preke.  Kyk by www.ve.org.za

 

Die Sentrum in Kontekstuele bediening aan Tukkies bied 'n aantal kursusse aan.  Lees hier oor die kursusse in verband met Misdaad in SA en die rol van die Kerk; Radiokommunikasie;  Kreatiewe veroudering; die Bybel en sy boodskap;  Jeugbediening.

 

ALGEMENE SINODE

 

Die Moderamen het 'n persvrystelling gedoen in verband met die berigte oor eiendomsreg en eienaarskap van plase.  Lees dit hier.

 

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het ook na hulle vergadering 'n verklaring uitgereik.  Dit handel oor 'n oproep vir die gesprek oor moraliteit, die ekumene, die nasionale beplanningskommissie en 2010 FIFA wêreldbeker.  Lees die volle verklaring.

 

Besoek die CLF se webblad by www.clf.co.za om inligting oor vanjaar se voorgestelde pinksterreeks deur dr Pieter van Niekerk te bekom.  Die reeks van 15 boodskappe kan ook tydens ander geleenthede gebruik word.  Die tema is:  'n Nuwe tyd vir gewone mense – gesprekke uit Lukas en Handelinge.

 

Kruisgewys word tans aan die predikante versprei.  Hierdie uitgawe laat die stem van jonger predikante hoor.

 

ANDER INLIGTING

 

Indien jy Atlanta, Georgia in die VSA besoek, is daar geleentheid om 'n erediens in Afrikaans te hou.  Kontak Dirk Taljaard taljaardd@bellsouth.net vir meer inligting.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan almal wat verjaar tot na die vakansie.

 

23 Maart - Francois Retief (Ermelo) e-pos: fjretief@gmail.com

23 Maart - Pieter Malherbe (Witbank) e-pos: pmlherbe@mweb.co.za

25 Maart - Koos Kriel (VGKSA Alkmaar) e-pos: kriel@mtnloaded.co.za

27 Maart - Willem Badenhorst (Moreletapark) e-pos: willemb@moreleta.co.za

30 Maart - Daan Botha (Tzaneen-Wolkberg) e-pos: ngwolk@mweb.co.za

6 April - Lemmer Venter (Lydenburg) e-pos:  ngdominee@telkomsa.net

6 April - Frederick Wilson (Pretoria-Oosterlig) e-pos: fjwilson@absamail.co.za

6 April – Attie van Niekerk (ISWEN) epos: asn@xsinet.co.za

9 April - Ronald Murray (Past Hulp Lynnwoodrif) e-pos: ronald@lynnwoodrif.co.za

 

 

 

Groete tot 13 April 2010.

 

 

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend