Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 159
2010/03/09
 

Ons is aan die begin van herfs en midde in Lydenstyd – hiermee nuus uit die Sinode-familie.

 

GEMEENTES

 

Marble Hall (ngkmhall@lantic.net) bevestig op 14 Maart vir Albert Venter as leraar.  Hy was die afgelope tyd daar werksaam as pastorale hulp.

 

Pretoria-Faerie Glen (kerkkantoor@ngfaerieglen.org.za) het vir proponent Karin Bosch as termynkontrak leraar met die oog op jeugwerk beroep.

 

Vandag is die verjaarsdag van twee van ons ouer gemeentes, naamlik Middelburg (143) en Barberton (121).  Ohrigstad (57) verjaar ook vandag. Ander verjaarsdae die maand is Hazyview (15/3) en Nelspruit-Suid 46 (20/3).

 

PREDIKANTE

 

Daan Botha (ngwolk@mweb.co.za) neem op 14 Maart afskeid van Tzaneen-Wolkberg.  Hy emeriteer.

 

Melanie Smit wat as kapelaan aan Tygerpoort gekoppel was, is reeds geruime tyd in Langebaan werksaam.  Sy word op 14 Maart in Velddrif bevestig.

 

Attie Botha (info@nggars.org.za) was pastorale hulp by Pretoria-Garsfontein.  Sy kontrak het verstryk.

 

Predikante, onthou die VBO kursusse.  Ferdie skryf:

 

Excelsus se eerste reeks kursusse, wat deel vorm van die VBO-program vir predikante, word op 15 en 16 Maart 2010 in Pretoria en Potchefstroom aangebied.  Die kursusse is reeds op 1 en 2 Maart in Johannesburg en Middelburg aangebied en die terugvoer was uiters positief!

 

Kontak dr Ferdie Clasen vir verdere inligting (012 809 0107; vbo@excelsus.org.za) Die program sowel as die inskrywingsvorm is beskikbaar by http://www.sinoos.co.za/news/item/kortnuus_38

 

BEDIENINGE

 

Johan Koen (koenj@intekom.co.za) het by Arno Meiring oorgeneem as Diensleier van die Bediening vir Getuienis.

 

VERGADERINGE

 

Die Sinodale Diensraad vergader DV op 17 Maart.  Van die sake op die sakelys is die taak van die Kerk in die gemeenskap, die Kerk en die media, die herstrukturering van die Algemene Sinode en hoe die projekte van die Bedieninge tot nut van die gemeentes kan wees.  Onthou asseblief die vergadering in julle voorbidding.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

 

Nuwe aanstellings by die Teologiese Fakulteit.  Prof Johan Buitendag is as dekaan aangestel en dr Sias Meyer as dosent in Ou Testament.

 

ALGEMENE SINODE

 

Inligting oor die Seisoen van Luister se weeklikse hulpmiddels vir preke is hier beskikbaar.

 

ANDER INLIGTING

 

Jaco van Niekerk (jacovanniekerk@ngkermelo.co.za) vertel van sy positiewe ervaring met hulle kantoor van Binnelandse Sake en die indien van huweliksregisters.  Lees dit hier en vertel ons van julle ondervindinge.

 

PENSIOENARISSE

 

Wyle prof HDA du Toit se weduwee, mevrou Katie du Toit is verlede week oorlede.  Sy was byna 104 jaar oud.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan julle wat tot 23 Maart verjaar:

 

15 Maart - Etienne Pheiffer (Volksrust) e-pos: etienne.pheiffer@volksrust.com

15 Maart - Carl Schoeman (Phalaborwa) e-pos: ngphala@telkomsa.net

16 Maart - Flip du Toit (Predikant TO, UP) e-pos: ngkerk@postino.up.ac.za

18 Maart - Ronnie Stanton (Pretoria-Garsfontein) e-pos: rastanton1@gmail.com

19 Maart - Willie Nel (Kloofsig) e-pos: nelwag@unisa.ac.za

20 Maart - Johnie Grobler (Past Hulp Kragveld) tel: 013-293-0886

20 Maart - Jim de Villiers (Witbank) e-pos: jimdvilliers@mweb.co.za

21 Maart - Johan Taute (Lux Mundi) e-pos: jtaute@luxmundi.org.za

22 Maart - Okkie Olivier (Rayton) e-pos: ockie.olivier@lantic.net


Baie groete

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend