Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 158
2010/02/23

23 Februarie  2010

 

FAMILIENUUS 158

Hierdie week fokus Woordwyser op die laaste hoofstukke van Johannes.  Dit vertel van Jesus se opstanding en die verskillende getuies daarvan.  Saam met Tomas kan ons sê:  My Here en my God!

 

GEMEENTES

Marble Hall (ngkmhall@lantic.net) het Albert Venter as predikant beroep.  Hy werk reeds die afgelope jaar in die gemeente as pastorale hulp en word op 14 Maart bevestig.

Pretoria-Garsfontein (info@nggars.org.za) beskik oor 'n vakature vir 'n pastorale hulp.  Inligting kan bekom word by org@nggars.org.za

Slegs Breyten (ngkbreyten@skyafrica.co.za) verjaar gedurende die volgende twee weke.  Hulle is op 2 Maart 68 jaar oud.

 

PREDIKANTE

Onthou die eerste reeks (VBO kursusse) vind gedurende Maart plaas.  Die program sowel as inskrywingsvorm is beskikbaar by http://www.sinoos.co.za/news/item/kortnuus_38

Onthou die predikantekonferensie vind weer in die Wildtuin plaas.  Dit is vanaf 31 Mei tot 3 Junie.  Briewe met die volledige besonderhede word aan elke gemeente gestuur.

 

BEDIENINGE

Onderlinge Sorg se Diensgroep vir Manne sê:  Jy word hartlik uitgenooi na ons Lang-naweek Ini-Bos Mannewegbreek vir ALLE manne wat nog rêrig manne is en dit steeds wil BLY!  Dit vind plaas vanaf 19 tot 22 Maart by die Makarios kampterrein (langs die Krugerwildtuin naby Komatipoort).  Vir meer inligting lees hier.

Ondersteuningsdiens berig dat al die gemeentes se sinodale bydraes vir 2009/2010 volledig inbetaal is.  Baie dankie vir elkeen se samewerking.

 

VERGADERINGE

Die Sinodale Diensraad het besluit om 'n konferensie oor saamwoon te hou.  Hou solank die aand van 24 Mei daarvoor oop.

Oosnuus, die koerant van die Sinode is in die pos.  Lees die storie agter die stories.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

Die Sentrum vir Kontekstuele bediening bied kursusse aan in Brugbediening, Narratiewe bestuur, Misdaad in Suid-Afrika en die rol van die Kerk, Radiokommunikasie, Kreatiewe veroudering en die Bybel en sy Boodskap.  Lees hier meer daaroor.

Ons bure die Hoëveld Sinode hou 23 tot 25 Februarie sinodesitting in Kemptonpark.

 

 

ALGEMENE SINODE

Bybel-Media stel bekend:  Aan tafel met Jesus deur Cas Wepener.  Lees meer by www.bybelmedia.co.za

 

GEMEENTELIKE BEDRYWIGHEDE

Gedurende Pinkster word die "Vat vlam" herlewingsfeeste by Worcester (6 tot 8 Mei) en Moreletapark (14 en 15 Mei) beplan.  Dit sluit aan by die 150 jarige herdenking van die herlewing wat in Andrew Murray se tyd plaasgevind het.  Lees hier meer daaroor.

 

ANDER INLIGTING

Kontak info@kidsxpress.org vir inligting oor die Paasboodskap 2010 vir die gebruik in kinder- en gesinsdienste – Paasfees in Onthou-fees.

Predikante in Pretoria – Julle word uitgenooi na 'n ekumeniese gebedsgeleentheid om te bid vir die stad.  Dit is op 3 Maart vanaf 09:00 tot 12:00 by die stadsaal van Pretoria in Paul Krugerstraat.

Prof Wentzel Coetzer se volgende kursusse handel oor die Vaderhart van God en hoogtepunte uit lesings wat tydens die Internasionale konferensie in Nashville, VSA gelewer is.  Lees hier daaroor.

Die NG Kerk in Afrika het hulle Sinodes van Noord- en Suid-Transvaal herstig.

 

PENSIOENARISSE

Steyn van Heerden (dsjs@vodamail.co.za) het 'n hartomleidingsoperasie in Nelspruit ondergaan.  Hy sterk goed aan.

 

VERJAARSDAE

23 Februarie - Corrie Swanepoel (Oostelike Sinode) e-pos: getuie@sinoos.co.za

25 Februarie - Danie Vermaak (Elarduspark) e-pos: danievermaak@ngelarduspark.org.za

26 Februarie - Fay van Eeden (Nooitgedacht) e-pos: faycve@gmail.com

27 Februarie - Johan van der Merwe (Dosent UP en Past hulp, Pretoria-Garsfontein) e-pos: johanvdm@intekom.co.za

28 Februarie - Louis Louw (Pretoria-Oosterlig) e-pos: louisklouw@absamail.co.za

1 Maart - Anton Doyer (Past hulp, Lydenburg-Suid) e-pos: awdoyer@lantic.net

3 Maart - Marinda van Niekerk (Moreletapark) e-pos: marinda@pen.org.za

5 Maart - Elza Meyer (Moreletapark) e-pos: emeyer@moreleta.co.za

5 Maart - Gert Steyn (Dosent UP) e-pos: gert.steyn@up.ac.za

7 Maart - Johann Ernst (Doornkloof) e-pos: jhernst@tiscali.co.za

Geluk aan almal wat tot 8 Maart verjaar.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend