Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 157
2010/02/09


Gedurende die week word Valentyn (14 Februarie) gevier – die dag van romanse.  Neem met oorgawe daaraan deel.  Op Woensdag 17 Februarie is dit Aswoensdag – die begin van Lydenstyd.  Stap met verwondering saam met Jesus op die pad na die kruis en die leë graf om te beleef hoe die hart van die Vader op die tafel kom, hoe Jesus se liefde Hom deurgedra het.

 

GEMEENTES

 

Die Sinodale Diensraad vra gemeentes waar daar spesiale omstandighede is, soos die plaasmoorde by Middelburg (vergelyk die brief in Kortnuus 39) om die inligting aan die Sinode huis deur te gee.  Ons Sinode-familie wil graag gemeentes in hierdie sake ondersteun.  Laat weet sommer dadelik!

 

Geluk met die gemeentes wat verjaar: Skuilkrans 39 (17/2) en Lynnwoodrif 35 (19/2).

 

PREDIKANTE

 

Izak Liebenberg (ilieb@absamail.co.za) van Meyerspark se broer is oorlede, sowel as Dawie Nieuwoudt (sirrouch@vodamail.co.za) van Ogies se pa.  Ons dink aan julle!

 

Koos Burger (kburger@luxmundi.org.za)  van Lux Mundi emeriteer.  Sy afskeidspreek is op 14 Februarie.  Baie dankie Koos en Ronel!

 

PRIORITEITSAKE - DAADGETUIENIS

 

Onthou die werkswinkel wat die Bediening van Getuienis saam met Kingfisher hou oor Getuienis in die tyd waarin die Kerk nou is.  Dit is op 24 Februarie by Moreletapark.  Bespreek voor 10 Februarie by Corrie 012 804 9543 of getuie@sinoos.co.za

 

PRIORITEITSAKE - CHRISTELIKE LEWENSTYL

 

'n Aantal gemeentes is reeds besig met die program wat tydens die sinodesitting bekend gestel is.  Hulle beleef dit positief.  Oorweeg gerus om by die program in te skakel.  Kontak die Sinode huis vir boeke of 'n CD met die inligting daarop.

 

BEDIENINGE

 

Besoek gerus die webblad (http://www.sinoos.co.za/) om inligting oor die werk van die Bedieninge te verkry.  Kyk gerus by Personeel (by Ondersteuningsdiens) vir konsep dienskontrakte en 'n personeelbeleid.

 

Die Sinodale Diensraad het besluit dat alle werksaamhede van die Bedieninge as projekte uitgevoer word.

 

VERGADERINGE

 

Die Sinodale Diensraad het 28 en 29 Januarie vergader om die Here se leiding te soek vir die werk tot 2012.  Die volgende beginsels is bevestig:

Een:  Die Sinode bestaan ter wille van die gemeentes

Twee:  Die Sin van die Sinode-familie is dat 'n gemeente nie alleen is nie

Drie:  Die Sinode, ring en gemeente benader dieselfde sake elk uit 'n eie hoek.

Vier:  Hoe verder 'n kerkvergadering van 'n gemeente verwyder is, hoe minder pemanensie en struktuur behoort daar te wees.

 

Die Aktuele Sake wat tydens die sinodesitting aangeteken is ('n lys van 153 sake) is hanteer.  Oorheersend hiervan is die ongelukkigheid van die afgevaardigdes oor die situasie in die land, met misdaad heel bo-aan die lys.  'n Aantal besluite is hieroor geneem, wat aan gemeentes deurgegee word.

 

ALGEMENE SINODE

 

Op 14 Februarie is die Biddag vir Opvoeding en Onderwys.  Gustav Claassen, die Algemene Sinode se segsman oor onderwyssake vertel 'n verhaal van hoop en wanhoop.  Lees dit hier.

 

Besoek www.clf.co.za om al die beskikbare publikasies van die Christelike Lektuurfonds te sien.

 

Bybel-Media stel bekend:  'n Lekkerte vir die kleingoed:  e-Puzzle teen slegs R99,95.  Klik op www.bybelmedia.co.za vir meer inligting.

 

GEMEENTELIKE BEDRYWIGHEDE

 

Moreletapark bied op 9 Februarie om 19:00 vir Ron Martoia aan:  In tune with God and creation according to Gen 1 and 2.  R50,00 betaalbaar by die deur.

 

Vanjaar se Pinkstertyd is die 150 jarige herdenking van die herlewing wat in Andrew Murray se tyd plaasgevind het.  Lees hier oor die: "Vat vlam" herlewingsfeeste 2010 wat by Worcester en Moreletapark beplan word.  

ANDER INLIGTING

 

Indien julle besorg is oor die toeneem in mensehandel, moet julle die werkswinkel op 13 Maart bywoon.  Lees hier oor "Stop Human Trafficking."

 

PENSIOENARISSE

 

Steyn van Heerden (dsjs@vodamail.co.za) wat verlede jaar by Nelspruit-Suid geëmeriteer het, het 'n hartaanval gehad.

 

Prof Wil Vosloo voorheen by die Universiteit van Pretoria, is op 4 Februarie oorlede.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan almal wat tot 22 Februarie verjaar.

 

9 Februarie - Stéfan van der Merwe (Sendeling Lynnwoodrif) e-pos: stefanandhensie@yahoo.com

9 Februarie - Pieter Badenhorst (Moreletapark) e-pos: pbadenhorst@moreleta.co.za

11 Februarie - Benja Ferreira (Lydenburg-Suid) e-pos: benjaf@lantic.net

13 Februarie - Piet Fourie (Bronkhorstspruit) e-pos: pietfou@telkomsa.net

14 Februarie - Albert Venter (Past Hulp Marble Hall) e-pos: alberven@mweb.co.za

14 Februarie - Lieze Meiring (Tentmaker Skuilkrans) e-pos: lieze@skuilkrans.co.za

15 Februarie - Dirkie van der Spuy (Moreletapark) e-pos: dvdspuy@moreleta.co.za

17 Februarie - Christo van Rooyen (Valleisig) e-pos:  cvrooyen@valleisig.org.za

17 Februarie - Pieter de Jager (Wakkerstroom) e-pos: pjcdej@xsinet.co.za

19 Februarie - Henk Boshoff (Middelburg-Kanonkop) e-pos: henkbos@telkomsa.net

19 Februarie - Dawie Nieuwoudt (Ogies) e-pos: sirrouch@vodamail.co.za

20 Februarie - Fanie Venter (kerksondermure) e-pos: fanie@ksm.co.za

22 Februarie - Gerrit Theron (Tentmaker Chrissiesmeer) e-pos: ngchrissiesmeer@telkomsa.net



Groete tot 23 Februarie 2010.

 

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 

 

 

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend