Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 156
2010/01/26
FAMILIENUUS 156
Die eerste maand van 2010 is amper verby.
GEMEENTES
Geluk van Rayton 39 (29/1) en Lyttelton 66 (4/2) met die verjaarsdae.
Elarduspark berig dat hulle Faure Louw wat geëmeriteer het, as pastorale terapeut in 'n deeltydse pos aangestel het.
PREDIKANTE
Johan van der Merwe (johan.vdmerwe@up.ac.za) dosent en pastorale hulp by Pretoria-Garsfontein se skoonpa is oorlede. Sterkte vir jou en Hannie.
DAADGETUIENIS
Die bediening vir Getuienis reël saam met Kingfisher 'n werkswinkel oor getuienis in die tyd waarin die Kerk nou is. Dit is op 24 Februarie by Moreletapark. Leraars kan ook VBO-punte verwerf.
Vir leraars is dit 09:00 tot 16:00 en vir gemeenteleiers/groepleiers en lidmate 19:00 tot 21:00. Vir meer inligting lees hier. Bespreek voor 10 Februarie by Corrie 012 804 9543 of e-pos getuie@sinoos.co.za
VERGADERING
Die Sinodale Diensraad vergader op 28 en 29 Januarie om te fokus op die termyn tot 2012. Daar word onder andere gevra wat die Sinode behoort te doen; hoe dit gedoen moet word; of dit wat tans gedoen word hieraan voldoen en watter ander sake ook op die tafel van die Sinode hoort. Gemeentes se voorbidding word vir die geleentheid gevra.
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Die opening van die teologiese fakulteit vind op 2 Februarie om 08:30 met 'n wydingsdiens by Pretoria-Oos plaas. Die erediens word deur die dekaan prof Cas Vos gelei.
Hierna vind die teologiese dag plaas met die tema Skepping en Evolusie. Onderwerpe word hanteer deur proff George Claassen, Cornel du Toit en Danie Veldsman. Die koste is R30 en predikante kan 3 VBO punte verdien.
ALGEMENE SINODE
'n Verklaring is deur die Moderature van die NG Kerk, NG Kerk in Afrika en Reformed Church in Africa uitgereik na die eenheidsgesprekke op 20 Januarie. Lees dit hier.
Gemeentes kan bydra ter wille van die mense van Haiti. Lees die verklaring van die kerkleiers in Suid-Afrika en die besonderhede hoe bydraes gemaak kan word.
ANDER INLIGTING
Saamwoon – Indien daar persone is wat 'n bydrae kan lewer tot die verslag wat die Algemene Sinode oor saamwoon saamstel, kan hulle aan my hulle besonderhede stuur.
André Botha van Pretoria-Oosterlig (andrebothasa@gmail.com) het intussen 'n samevatting van navorsing deur menswetenskappe die afgelope jare oor die effek van saamwoon beskikbaar gestel. Lees dit hier.
Sendingwerk in Frankryk – Indien jy belangstel om die jaarverslag van die Gesamentlike Kommissie vir Evangeliebediening in Frankryk te ontvang, stuur 'n e-pos aan ons.
VERJAARSDAE
Geluk aan julle wat in die dae verjaar.
27 Januarie - Jan Mostert (Amersfoort) e-pos: jmosvdm@lantic.net
29 Januarie - Sarel Loots (Graskop) e-pos: ghoeks@iafrica.com
30 Januarie - Johan de Wet (Tentmaker Krielpark) e-pos: jsdewet@yahoo.co.uk
3 Februarie - Jorrie Potgieter (Lynnwoodrif) e-pos: jorrie@lynnwoodrif.co.za
3 Februarie - Piet Marais (Valleisig) e-pos: piet@valleisig.org.za
4 Februarie - Malan Nel (Dosent UP) e-pos: malan.net@up.ac.za
5 Februarie - Christo Woite (kerksondermure) e-pos: christo@ksm.co.za
5 Februarie - Sarel Visser (Moreletapark) e-pos: sarel.visser@moreleta.co.za
6 Februarie - Kobie Fourie (Elarduspark) e-pos: jnsfourie@ngelarduspark.org.za
6 Februarie - Roelf van Niekerk (Piet Retief) e-pos: reikop@telkomsa.net
Groete tot 9 Februarie 2010.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

