Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 155
2010/01/12
Voorspoed vir 2010 – die jaar van die ronde bal.
Mag ons lewens die hele jaar van God vertel, omdat Hy in die middelpunt van elke faset is en ons daarom 'n Christelike lewenstyl vol daadgetuienis lewe.
GEMEENTES
Die Handelinge van ons Fees-sinodesitting is gepos, so ook eksemplare van die Feesblad vir elke predikant wat nie by die sinodesitting teenwoordig was nie. Daar is ook 'n byvoegsel tot die Feesblad gestuur aan die wat wel teenwoordig was.
Lux Mundi het vir Sebastiaan van Dyk (svandyk@luxmundi.co.za) beroep en op 10 Januarie bevestig. Hy was 'n proponent. Baie welkom!
Elarduspark bevestig op 24 Januarie vir Danie Vermaak. Hy kom vanaf Lindenpark. Welkom aan hom – hy is al aan die werk.
Moreletapark (info@moreleta.co.za) neem die naweek van 16 en 17 Januarie hulle nuwe administratiewe sentrum en jeugsale in gebruik. Ons is saam met julle bly dat die bouwerk verby is.
Roossenekal (franscon@lantic.net) vier op 24 Januarie hulle 125ste verjaarsdag. Hulle is een van ons "ouer" gemeentes.
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Premiermyn 90 (19/1) en Letsitele 54 (20/1).
PREDIKANTE
Gerrie Doyer (gerrie@ngwitrivier.co.za) van Witrivier se vrou Linda is op 14 Desember oorlede. Ons dink aan julle.
Jaco van Niekerk (jacovanniekerk@ngkermelo.co.za) van Ermelo se broer is op 5 Desember oorlede. Sterkte ook vir julle.
Francois Davel (f.w.davel@telkomsa.net) van Debruinpark-Ermelo het die beroep na Klerksdorp-La Hoff aangeneem. Hy neem afskeid op 31 Januarie. Ons gaan julle mis.
Jaco van Eyssen (jacongpan@hotmail.com) se kontrak met Witbank-Panorama het verander. Hy is nou 'n uitgestuurde met opdrag Petra Kollege in Dedoorns.
Darius Botha, vroeër van Nelspruit-Suid, nou in Tsumeb, het 'n beroep na Kroonstad-Noord (ngnoord@telkomsa.net) aangeneem.
PRIORITEITSAKE
Onthou ons reeks oor 'n Christelike lewenstyl. 'n Aantal gemeentes het reeds daarmee begin.
Daadgetuienis – Die Bediening vir Getuienis reël saam met Kingfisher 'n werkswinkel oor gemeentes se getuienis in die tyd waarin die Kerk nou is. Dit is op 17 Februarie by Middelburg-Kanonkop en 24 Februarie by Moreletapark. Vir leraars is dit 09:00 tot 16:00 en vir gemeenteleiers/groepleiers en lidmate 19:00 tot 21:00. Vir meer inligting lees hier. Bespreek plek voor 10 Februarie 2010 by Corrie 012 804 9543 of e-pos getuie@sinoos.co.za
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Prof Malan Nel neem vanaf 15 November tot 17 Desember 2010 vir die negende keer 'n predikante studietoer na die VSA. Lees meer inligting hier.
Die volgende kursusse vind by Tukkies plaas: Radiokommunikasie, brugbediening, narratiewe bestuur en 'n werkswinkel oor Die Bybel en sy boodskap. Meer inligting kan hier gelees word.
ALGEMENE SINODE
Op 18 Januarie 11:00 tot 13:00 vind die bekendstelling van die gids – Vrou by die put – by Universiteitsoord plaas. Inligting oor die aanwending van die gids in die Seisoen van Luister se Oorgrense-program vir 2010 word gegee. Laat weet minette@bmedia.co.za hoeveel kom.
ANDER INLIGTING
Wentzel Coetzer bied op 30 Januarie en 20 Februarie twee pastorale beradingskursusse by Potchefstroom aan, naamlik: Vergifnis sowel as Ontlonting, de-aktivering, sekondëre en medelye moegheid. Lees meer hieroor.
ADVERTENSIES
Indien die gemeente belangstel in 'n stelsel vir kategese administrasie en kommunikasie kan by webwerf www.kadmin.co.za gekyk word.
VERJAARSDAE
Geluk aan julle wat aan die begin van die kwartaal verjaar.
12 Januarie - Marais Hendriksz (Witbank-Suid) e-pos: adonai.mw@absamail.co.za
13 Januarie - Dif Ehlers (Debruinpark-Ermelo) e-pos: dife@mweb.co.za
14 Januarie - Jan Venter (Pierre van Ryneveld) e-pos: jan@pvr.co.za
19 Januarie - Paul du Toit (Lynnwoodrif) e-pos: paul@lynnwoodrif.co.za
19 Januarie - Johan Marais (Middelburg-Kanonkop) e-pos: jcmarais@lantic.net
19 Januarie - Marius Nel (Witbank-Klipfontein) e-pos: admin@ngklipfontein.co.za
24 Januarie - Petro du Toit (Tentmaker Lyttelton-Noord) e-pos: dutoit@cybersmart.co.za
24 Januarie – Hannes Grobler (Witbank-Vallei) e-pos jhgro@hotmail.com
24 Januarie - Christo de Klerk (Tentmaker Monumentpark-Wes) e-pos: cdek@monwes.co.za
Groete tot 26 Januarie 2010.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

