Skip to content | Skip to navigation

FAMILIENUUS 154
2009/12/01

Liewe Sinode-familie
 
Met hierdie laaste Familienuus vir 2009 word die Sinode se feesjaar afgesluit.
 
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
 
Die tema vir die sinodesitting en die termyn vorentoe is mos Lewens wat van God vertel.  Die drie prioriteite is God in die middelpunt, Christelike lewenstyl en Daadgetuienis.
 
Die feeslied kan van die webwerf afgelaai word by http://www.sinoos.co.za/uploads/FEESLIED.pdf
 
Ons Voorsitter, Johan van Schalkwyk skryf:
 
Ons het Jesus sélf gesien!
 
’n Nuwe sendeling het in die huis gaan woon wat die klein Chinese gemeente vir hom gehuur het nog voordat hy daar aangekom het.  Toe hy later met ’n paar nie-Christene begin gesels, sê hulle: “Jy hoef ons niks van Jesus te vertel nie, ons het Hom self met ons eie oë gesien.  Hy het in daardie huis gewoon,” en hulle beduie daarheen.
 
“Nee, dis nie moontlik nie,” antwoord hy, “Jesus het in Nasaret in Israel gewoon en groot geword.”  “Wel, dan verstaan ons dit gladnie,” antwoord hulle, “want Hy hét in daai huis gewoon!”
 
Toe die sendeling begin rondvra, hoor hy tot sy verbasing dat die vorige sendeling wél in die betrokke huis gewoon het!  Sy lewe het egter só met dié van die Here Jesus ooreengekom dat die mense gedink het dit was regtig Jesus.
 
Daar is vandag nog baie mense wat net soos die Grieke destyds vir Filippus gevra het, steeds sê “ons wil Jesus graag ontmoet.” Johannes 12:21.
 
Ek wil jou uitnooi om saam met my in hierdie Kerstyd só op te tree dat mense iets van Hom in ons sal sien.  Nee, kom ons maak dit nog nog beter: kom ons vra Hom om ons te help, want ons kan dit nie self regkry nie.  Of dalk die heel beste:
 
“Here, help ons asseblief dat ons besluit sal waar word: om in hierdie Kersgety en sommer elke dag in 2010 só te lewe dat iets van Uself uit ons sal deurkaats na ander mense toe!”
 
 
Broers en suster, lede van die huisgesin en familie van God in Oostelike Sinode!
Uit die Sinode huis en ook persoonlik wil ek u elkeen ’n geseënde Kersgety toebid.  Mag dié besondere seisoen vir u mooi en troosvol wees.  Dankie vir u elkeen se ondersteuning, voorbidding en insette daar waar u op puntdiens deur Koning Jesus geplaas is.
Johan van Schalkwyk
     
 
GEMEENTES
 
Ons herinner graag gemeentes om hulle almanakke na die Sinode huis te stuur.  Dit pryk mos as familie-foto's teen die mure.
 
Geluk aan die gemeentes wat verjaar:  Burgersfort 53 (1/12), Amersfoort 142 (3/12), Graskop 77 (3/12), Lydenburg 160 (7/1), Sabie 77 (7/1), Nelspruit 72 (7/1) en Roossenekal 125 (9/1).
 
PREDIKANTE
 
Francois Davel (f.w.davel@telkomsa.net) van Debruinpark-Ermelo is beroep na Klerksdorp-La Hoff.  Sterkte!
 
Huweliksbevestigers moet onthou dat met huwelike van die persoon wat geskei, wewenaar of weduwee is, die proses van registrasie langer duur.  Sê dit asseblief vir die paar. 
 
PRIORITEITSAKE
 
Onthou daar is nog boeke en CD's beskikbaar vir die reeks oor 'n Christelike lewenstyl.
 
VERGADERINGE
 
Die Sinodale Diensraad het Woensdag vergader.  Hulle wens al die gemeentes 'n geseënde feestyd toe.  Gedurende die nuwe jaar word gepoog om sake wat aktueel vir gemeentes is, op die sakelys te kry.  Gemeentes kan solank begin om sulke sake aan te stuur.
 
BEDIENINGE
 
Die Diensgroep vir Ekologie het 'n aantal boeke - "Rus vir die hele Aarde" deur Ernst Conradie beskikbaar teen R105,00.  Bestellings by Corrie Swanepoel, tel 012 804 9543 of e-pos getuie@sinoos.co.za.
 
By e-dagstukkies kom Lukas nou aan die beurt.  Intekenaars ontvang elke dag 'n dagstukkie wat hulle sommer op die rekenaarskerm kan lees of kan uitdruk om later te lees.  Intekengeld vir een jaar is slegs R50,00.  Nooi gerus alle gemeentelede met toegang tot e-pos om sommer vandag nog in te teken op ons webblad by http://www.sinoos.co.za/e-dagstukkie.  Hierdie is 'n ideale kersgeskenk.
 
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
 
Die Sinodes ondersteun steeds die gemeentes in Zimbabwe. Hulle gee die volgende vir voorbidding:
 
1)      Vir 'n stabiele omgewing op ons plase waar ons sekuriteit en beskerming kan geniet vir ons families, ons werkers en hul families . . . .
 
2)      . . . . en waar daar 'n probleem is, vir 'n omgewing waarin die probleme op 'n rasionele manier bespreek kan word, sonder dat reg in eie hande geneem word . . . .
 
3)      . . . . vir samewerking tussen die regering en die boere om 'n permanente oplossing te vind vir die konflik rondom grond . . . .
 
4)      . . . . vir ons werkers wat bitter swaar kry, huise, inkomste ensovoorts verloor het . . . .
 
5)      . . . . vir ons bejaardes, kinders en vrouens - finansiële nood, ontwrigte families . . . .
 
6)      . . . . vir ons boere en andere wat vervolg word in die howe . . . .  
 
7)      . . . .  Bid vir Zimbabwe, hier is so baie nood . . . .  bid vir die regte leiding / leiers vir Zimbabwe, ons oplossing gaan begin by goeie leiding / leiers.
 
ALGEMENE SINODE
 
Kyk gerus by www.bybelmedia.co.za vir die e-puzzleLegkaarte met Bybelsketse, teks en klank in drie tale.
 
ANDER INLIGTING
 
Die werksgemeenskap vir Praktiese Teologie se jaarliks konferensie is op 21 en 22 Januarie 2010.  Die tema is Practical Theology in South Africa:  Perspectives and paradigms.  Die hoofsprekers is prof Rick Osmer van Princeton en prof R Bouwer van Utrecht.  Meer besonderhede by dswjs@mweb.co.za
 
Die Noordelike Sinode bied op 28 en 29 Januarie 2010 'n Ervaringsleer werkswinkel aan.  Dr Roger Greenaway van Engeland is ook hier.  Kontak info2@kameeldrif.ng.org.za   vir inligting.
 
VERJAARSDAE
 
Geluk aan almal wat tot 11 Januarie verjaar. 
 
2 Desember - Piet Hattingh (Middelburg) epos: piet@witkerk.co.za
6 Desember - Elmo Pienaar (Pierre van Ryneveld) epos: elmo@pvr.co.za
7 Desember - Gideon du Toit (Lyttelton-Noord) epos: dutoit@cybersmart.co.za
8 Desember - Pieter Poley (Paardekop) epos: pieterpoley@telkomsa.net
9 Desember - Leon du Toit (VGKSA Embhuleni) epos: leon@lando.co.za
12 Desember - Johann Fourie (Pretoria-Faerie Glen) epos: bederf@ngfaerieglen.org.za
15 Desember - Riaan Pienaar (kerksondermure) epos: riaan@ksm.co.za
15 Desember - Elsje Büchner (Lux Mundi) epos: ebuchner@luxmundi.org.za
18 Desember - Willem Esterhuizen (Witbank-Panorama) epos: wester@vodamail.co.za
19 Desember - Niekie Rothmann (Past hulp Meyerspark) epos: njrot@openweb.co.za
21 Desember - Johannes van der Merwe (Alkmaar) epos: cj@alkmaar.co.za
22 Desember - Hancke van Blerk (Piet Retief) epos: hanckevb@gmail.com
25 Desember - Hendrik Groenewald (Groblersdal) epos: dsgroene@lantic.net
26 Desember - Cliff van Vuren (Dennesig) epos: cliffvv@mweb.co.za
1 Januarie - Eddie le Roux (Witrivier) epos: eddie@ngwitrivier.co.za
2 Januarie -  Donnie Van der Westhuizen (Past Hulp kerksondermure) sel: 082 711 6745
3 Januarie - Pierre Venter (Past hulp Witbank-Suid en Blinkpan) epos: ptventer@telkomsa.net
5 Januarie - Koos Burger (Lux Mundi) epos: kburger@luxmundi.org.za
5 Januarie - Kobus Mey (Nooitgedacht) epos: ngnooit@vodamail.co.za
9 Januarie - Rika van Vuren (Middelburg-Suid) epos: rika@midsuid.co.za
9 Januarie - Nelus Niemandt (Dosent UP) epos: nelus@pixie.co.za
 
Groete tot 12 Januarie 2010.
 
 
 
 
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
 
 
 

Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend