Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 152
2009/11/02
13 Januarie 2004@font-face { font-family: Wingdings; } @font-face { font-family: Tahoma; } @font-face { font-family: Comic Sans MS; } @font-face { font-family: WP IconicSymbolsA; } @page Section1 {size: 595.3pt 841.9pt; margin: 1.0cm 2.0cm 1.0cm 2.0cm; mso-header-margin: 35.45pt; mso-footer-margin: 35.45pt; mso-paper-source: 0; } BODY { BACKGROUND-POSITION: left top; MARGIN-TOP: 25px; FONT-SIZE: 12pt; MARGIN-LEFT: 25px; COLOR: #000000; BACKGROUND-REPEAT: repeat-y; FONT-FAMILY: Verdana }
Liewe Sinode-familie
Vandag is die verjaarsdag van die Sinode! 'n Hele dertig (30) jaar. Daarom dat Familienuus ook op die Maandag verskyn.
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
Die sinodesitting van 2009 was 'n verjaarsdagfees. Al ons vorige Moderators/Voorsitters leef nog en 'n vertelling van elkeen is vertoon. Dan het die wenners van die Liedjieskryfkompetisie ook hulle liedjies opgevoer. Ons het baie aandag gegee aan die drie prioriteitsake wat uit die proses van Sinode kom en het selfs 'n ete oorgeslaan om ander te help wat nie het nie.
GEMEENTES
Proponent Tiaan Victor het die beroep na Bronkhorstspruit (ngbhs@penta-net.co.za) aangeneem. Die bevestiging vind op 15 November plaas.
Merlindale (merlindaleng@telkomsa.net) vier op 15 November 'n groot fees met hulle 60ste verjaarsdag. Barry van Wyk, 'n vorige predikant lei die feesdiens.
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Malelane 53 (3/11), Ermelo 139 (5/11), Pretoria-Oosterlig 34 (6/11), Machado-Boven 97 (13/11) en Lydenburg-Suid 40 (15/11).
PRIORITEITSAKE
Gemeentes wat nog nie die pakket oor Christelike Lewenstyl bestel het nie, het nog geleentheid. Die CD met die dokumente kos R10,00 en die boek R30,00 per boek.
BEDIENINGE
Die Diensgroep vir Ekologie het 'n aantal boeke - "Rus vir die hele Aarde" deur Ernst Conradie beskikbaar teen R105,00. Bestellings by Corrie Swanepoel, tel 012 804 9543 of e-pos getuie@sinoos.co.za.
Prediker kom hierdie maand aan die beurt by e-dagstukkies. Intekenaars ontvang elke dag 'n dagstukkie wat hulle sommer op die rekenaarskerm kan lees of kan uitdruk om later te lees. Intekengeld vir een jaar is slegs R50,00. Nooi gerus alle gemeentelede met toegang tot e-pos om sommer vandag nog in te teken op ons webblad by http://www.sinoos.co.za/e-dagstukkie .
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Tukkies se legitimasie van proponente vind op 12 November om 19:00 in die kerkgebou van Pretoria-Oos plaas. Die erediens word deur prof Jurie le Roux gelei. Hy emeriteer aan die einde van die jaar. Almal is welkom.
Die Sentrum vir Kontekstuele bediening bied 'n werkswinkel oor "Die Bybel en sy boodskap" aan. Meer inligting is hier beskikbaar.
ALGEMENE SINODE
Bybel-Media bied Lig op waardes aan (bestel@bmedia.co.za). Dit is 'n Bybelstudie boek en begeleidende DVD vir gebruik deur ouers, gesinne en kleingroepe: Dit is bedoel vir ouers wat vir hulle kinders gesonde waardes wil leer. Beide die boek en die DVD bevat opvoedkundige riglyne en interaktiewe, prettige voorstelle om waardes soos eerlikheid, moed, vredeliewendheid, verantwoordelikheid en respek oor te dra aan kinders. Prys R100,00 vir beide.
ANDER INLIGTING
Die Noordelike Sinode bied op 19 November vanaf 09:00 tot 16:00 'n werkswinkel aan in die gebruik van Facebook, Twitter, Blogs ensovoorts. Kontak cobus.w@gmail.com vir meer inligting.
'n Oriënteringsgeleentheid vir voornemende sendelinge in die buiteland: 13 tot 23 Januarie 2010 by Potchefstroom. Inskrywingsvorms en navrae rvvelden@nc.sun.ac.za.
Die eerste volle vergadering van die Tshwane Raad van Kerke vind op 4 November om 10:00 by die St Andrews Presbeteriaanse Kerk in Schoemanstraat plaas. Tydens die vergadering word die doelstellings en struktuur bepaal, ampsdraers aangewys en vergaderdatums vir 2010 bepaal. Hierdie is 'n ekumeniese geleentheid by uitstek!
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat die volgende twee weke verjaar.
7 November - Auke Compaan (Skuilkrans) epos auke@cybersmart.co.za
Groete tot 16 November.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

