Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 151
2009/10/20
 

Liewe Sinode-familie

 

Groete na afloop van ons sinodesitting, wat 'n goeie familie verjaarsdag fees was.  Dankie aan elkeen vir die deelname en kommentaar, wat verdere sittings nog beter geleenthede kan maak.

 

FEESJAAR - SINODE 30 JAAR

 

Gedurende 2008 is weer Voetsool sinodesittings gehou.  Dit het plaasgevind by Ermelo, Nelspruit-Suid, Tygerpoort en Witbank-Suid.  Tydens hierdie geleenthede is geloofsonderskeidend te werk gegaan.  Deelnemers het bepaal watter sake volgens die Bybel nou die belangrikste en dringendste is.  Hieruit het uiteindelik die prioriteitsake ontwikkel wat die agenda vir 2009 se sinodesitting uitgemaak het.

 

GEMEENTES

 

Komatiepoort (ngkomati@mweb.co.za) het proponent Philip Garbers beroep.

Bronkhorstspruit (ngbhs@penta-net.co.za) het proponent Tiaan Victor beroep.

Witbank (klipkerk@mweb.co.za) bevestig Sondag 25 Oktober vir proponent Peet Boshoff.

 

Geluk aan die gemeentes wat verjaar:  Carolina 120 (26/10), Rietkuil 41 (26/10), Kloofsig 45 (29/10), Valleisig 20 (29/10), Middelburg-Kanonkop 36 (31/10) en Komatipoort 47 (1/11).

 

PREDIKANTE

 

Fred Louw (flouw@ngtyger.com) het bedank as predikant van die NG Kerk.

 

Johan Malan (jfmalan1@lantic.net) het die beroep na Goedgegun-Swaziland aanvaar en word op 5 Desember bevestig.

 

Marius Crouse (goedgegun@posix.co.sz) se termynkontrak met Goedgegun-Swaziland verstryk op 31 Oktober 2009.

 

Die dankdiens vir Roelf van Niekerk van Piet Retief (reikop@telkomsa.net) se vrou Henna vind vandag (20 Oktober) om 12:00 op Piet Retief plaas.

 

PRIORITEITSAKE

 

Elkeen wat by een van die prioriteitsake betrokke wil raak, kan hulle naam aan die Sinode huis stuur.  Die sake is mos: God in die middelpunt, Christelike Lewenstyl en Daadgetuienis.

 

BEDIENINGE

 

Bediening vir Aanbidding:  Woordwyser 2010 is beskikbaar by die kantoor.  Die dag-tot dag Bybelleesprogram 2008, 2009 en 2010 word teen 'n spesiale aanbod aangebied @ R236,00 posgeld ingesluit!  Bestelling by blprog@sinoos.co.za of http://www.sinoos.co.za/books

 

VERGADERINGE

 

Vrydag 23 Oktober vergader die Ontwerpspan met die tafelleiers om 'n terugskou van die Sinodesitting te hou.  Kommentaar is welkom.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

 

Die Sentrum vir Publieke teologie bied 'n konferensie aan oor Profetiese getuienis in demokratiese samelewings soos Suid-Afrika.  Dit is op 26 en 27 Oktober 2009 by Tukkies.  Meer inligting by cobus.w@gmail.com

 

ALGEMENE SINODE

 

Besoek gerus die VONKK webwerf:  www.vonkk.co.za vir nuwe liedere in die Kerk.  Onthou ook ons liedjieskryf-kompetisie se wenners tydens die sinodesitting.  Navrae kan ook aan jacques.louw@absamail.co.za gerig word.

 

'n Baie eenvoudige Calvynlied in Afrikaans is vir gemeentes beskikbaar.  Laai dit hier af.

 

GEMEENTELIKE BEDRYWIGHEIDE

 

Lydenburg-Suid bied op 13 November 2009 'n seminaar aan vir leiers met die tema:  Hoe kweek ons gesonde gemeentes?  Kontak Benja Ferreira vir meer inligting benjaf1102@gmail.com.

 

ADVERTENSIES

 

25 Powerpoint reekse op CD vir tieners.  Kyk by www.fxit.co.za

 

Voorstelle vir kinderdienste by info@kidsxpress.org

 

PENSIOENARISSE

 

Indien daar 'n emeritus in julle gemeente woon, stuur ons asseblief sy naam.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan almal wat die volgende twee weke verjaar. 

 

20 Oktober - Dirk Venter (Meyerspark) epos: venterd@lantic.net

21 Oktober - Hendrik van Wyk (Witbank-Suid) epos: hpjvw@mweb.co.za

22 Oktober - Mauritz Kloppers (Pastorale Hulp Witbank) epos: klipskriba@mweb.co.za

26 Oktober - Bennie Wolvaardt (Pretoria-Oosterlig) epos: bennie@veritascollege.com

26 Oktober - Emile Rademeyer (Doornkloof) epos: emile.rademeyer@ngdoornkloof.org.za

27 Oktober - Jaco Strauss (Nelspruit) epos: pastonie@vodamail.co.za

27 Oktober - Frikkie Olivier (Gravelotte) epos:  hfolivier@vodamail.co.za

28 Oktober - Otto van Heerden (Phalaborwa) epos: ottovanheerden@absamail.co.za

29 Oktober - Peet Grobbelaar (Moreletapark) epos: peet.grobbelaar@moreleta.co.za


 

Groete tot 2 November wanneer die Sinode verjaar.

 

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend