Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 150
2009/10/06
Liewe Sinode-familie
Groete kort voor ons sinodesitting. Vandag se Familienuus is die 150ste uitgawe. Dit is ook 'n feesuitgawe saam met ons feesvieringe tydens die sinodesitting.
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
Gedurende 2007 is aan die einde van 'n tweede siklus gekom. Na aanleiding van die Voetsool sinodesittings het die verskillende Diensgroepe hulle werk gedoen en produkte vir die gemeentes gelewer. Goeie gesprekke is oor Geestelike leierskap en Doopviering gevoer. Die vier Moderators van die NG Kerkfamilie het deelgeneem aan 'n paneelbespreking oor Kerkeenheid. Die naam van die Sinode is na die Oostelike Sinode verander en aan die einde van die sitting is die nuwe Sinodale Diensraad gekies. Johan van Schalkwyk is die nuwe Voorsitter en Ferdie Clasen die nuwe Ondervoorsitter.
SINODESITTING 2009
Ons Voorsitter skryf soos volg oor die sitting wat op 11 Oktober begin.
'n Groot familie-feestelikheid!
Die eerste en enigste keer wat ek ’n rol – en dit toe nogal ’n prààtrol! – in ’n universiteitsopvoering gehad het, was toe daar by ’n baie goeie universiteit in die Suide ook groot fees gevier is. Die Griekse 'Germanikus' is opgevoer, en my geweldige en aardskuddende woorde was: "Die vure brand al!" By wese van spreke: die vure brand al vir die 30 - jarige verjaardagfees hier in Pretoria!
Die Sinodale Diensraad het die behoeftes in Oostelike Sinode op verskillende maniere op die radarstelsels geregistreer. Dit is verwerk, en ons gee dit alles tydens die vergadering aan die Sinode terug. Juis in die lig daarvan is ons oorhoofse tema wat die Sinodale Diensraad geformuleer het: 'Lewens wat van God vertel' met as uitstaanpunte die drie fokusareas –
'n Lewe met God in die middelpunt
Christelike lewenstyl
Daadgetuienis
By die Sinodale Diensraad bid ons opreg vir twee goed –
dat elke afgevaardigde Sondagmiddag met ’n persoonlike verwagting hier gaan aankom: "Iewers gaan die Here met mý praat!"
En dat elkeen ook Dinsdagmiddag hier sal wegry met ’n helder klinkende getuienis: "Ek het saam met my broers en susters die teenwoordigheid van die liewe Here op 'n besondere manier belewe!"
Dankie vir julle voorbidding, en 'n voorspoedige reis!
Johan van Schalkwyk
Ons herinner almal aan die eksperiment met die moderne kommunikasiemiddele. Lees weer wat ons in Kortnuus 32 berig het.
Onthou ons vastyd Maandagmiddag!
Gemeentes word versoek om asseblief die Sinode huis in kennis te stel indien van die afgevaardigdes nie meer die sinodesitting kan bywoon nie.
GEMEENTES
Geluk aan die gemeentes wat verjaar – Chrissiesmeer 82 (8/10), Bronkhorstspruit 104 (13/10) en Witbank-Panorama 27 (16/10).
PREDIKANTE
Piet Otto (pietotto@lantic.net) het die beroep na Griekwastad aangeneem. Hy begin 1 November 2009 in die Noord-Kaap.
Peet Boshoff (boshoffphb@telkomsa.net) het die beroep na Witbank aangeneem. Sy bevestiging is op 25 Oktober 2009.
Johan Malan (jfmalan1@lantic.net) van Rietkuil is na Goedgegun-Swaziland beroep. Sterkte!
BEDIENINGE
Onderlinge Sorg vra dat julle solank die datum van die volgende Predikantekonferensie aanteken. Dit is 31 Mei tot 3 Junie 2010, weer by Letaba in die Krugerwildtuin.
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Vanaand om 19:00 is 'n opelesing as deel van die Lentekonferensie: Fakulteit vir Afrika. Dit vind by die Universiteitsoord plaas.
Die Sentrum vir Publieke teologie bied op 26 en 27 Oktober 'n konferensie aan met die tema: Prophetic Witness: An appropriate mode of public discourse in democratic societies? Meer inligting by cobus.w@gmail.com
ALGEMENE SINODE
Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika herdenk op 25 Oktober Calvyn se 500 ste geboortejaar. 'n Liturgie is hiervoor deur Johan van der Merwe uitgewerk. Twee kategese lesse is ook beskikbaar. (Kliek op Liturgie, Les 1 en Les 2 om dit af te laai.)
Die CLF het pamflette in Chinees beskikbaar. Kontak amanda@clf.co.za om te bestel.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat die twee weke verjaar.
7 Oktober - André Fitzgerald (Pretoria-Faerie Glen) epos: anfitz@ngfaerieglen.org.za
9 Oktober - Frans Steenkamp (Witbank-Suid) epos: fsteen@absamail.co.za
10 Oktober - Ferdie Clasen (Tygerpoort) epos: fclasen@ngtyger.com
12 Oktober - Gerard Booy (Past Hulp Lyttelton) epos: gbooy@worldonline.co.za
15 Oktober - Jurgens de Jager (Witrivier) epos: jurgens@nelspruit.info
16 Oktober - Kobus Fourie (Krielpark) epos: kfourie9@telkomsa.net
17 Oktober - Dolf Kruger (Moreletapark) epos: dolf.kruger@moreleta.co.za
17 Oktober - Jaco van Rooyen (Middelburg) epos: jacovr@telkomsa.net
18 Oktober - Andries Louw (Sinodale Getuienisforum) epos: anelouw@lantic.co.za
19 Oktober - Carel Pienaar (Nelspruit-Suid) epos: k622@vodamail.co.za
Groete tot 20 Oktober.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

