Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Familienuus 147
2009/08/18

 
Liewe Sinode-familie 
 
Dit bly steeds koud.  Miskien is dit die laaste van 2009 se koue fronte. 
 
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR 
 
Gedurende 2003 vind die derde sinodesitting binne drie jaar plaas.  Hierdie keer is dit by Pierre van Ryneveld.  Hulle fasiliteite is uitgebrei en dit het die Sinode soos 'n handskoen gepas.  Die gesprek oor homoseksualiteit was 'n gebeurtenis om te onthou.  Dit was ingebed in 'n wyer gesprek oor Skrifbeskouing en Skrifhantering wat deur dr Johan Cilliers ingelei is.  Die nuwe Sinodale Diensraad is verkies met Johann Ernst van Doornkloof as Voorsitter en Johan van Schalkwyk van Lynnwoodrif as Ondervoorsitter.  Hierdie was 'n langer sitting en daar is besluite oor net agt sake geneem. 
 
GEMEENTES 
 
Ohrigstad (jacobriette@xsinet.co.za) het vir Jacob van der Merwe ('n emeritus) as termynkontrakleraar beroep.  Hy word op 13 September 2009 bevestig.  
 
Geluk aan die gemeentes wat verjaar:  Pretoria-Garsfontein 27 (22/8), Tygerpoort 28 (23/8) en Krielpark  34 (1/9).
 
PREDIKANTE
 
Ons is bly dat Erik Immelman (erikjen@iafrica.com) weer gesond is na 'n operasie.
 
PRIORITEITSAKE
 
Na afloop van die Voetsool sinodesittings was dit duidelik dat daar 'n behoefte bestaan dat God weer die middelpunt van ons bestaan moet word.  Dalk het ons te veel ander pad begin kyk en met te veel ander randsake begin besig raak.  Die ou klassieke geestelike dissiplines kan ons baie hiermee help.  'n Projekgroep word saamgestel om hulpmiddels in die benutting van die klassieke geestelike dissiplines vir gemeentes te ontwikkel.
 
Ons wil graag al voor die sinodesitting bietjie koppe begin bymekaar sit.  Enige predikant in die Pretoria-omgewing wat by die projekgroep betrokke wil raak, kan vir Elsje Büchner voor 31 Augustus by ebuchner@luxmundi.org.za kontak.  (Na afloop van die sinodesitting sal die taakgroep ook persone vanuit die platteland insluit.)
 
BEDIENINGE
 
Onderlinge Sorg herinner aan die Mentor Opleiding 7 tot 9 September.  Daar is nog geleentheid om in te skryf.
 
Onthou ook die werkswinkel in verband met gemeentes se Mannebediening.  Lees hier die program en kontakbesonderhede.
 
Aanbidding herinner aan die Liedjieskryf-kompetisie wat op 31 Augustus sluit. Lees hier daaroor.
 
Die Woordwyser is vanaf 21 Mei (Hemelvaartdag) per e-pos beskikbaar.  Intekenaars ontvang elke dag 'n dagstukkie wat hulle sommer op die rekenaarskerm kan lees of kan uitdruk om later op hulle tyd te lees.  Ons bied 365 dagstukkies teen 'n fooi van slegs R50,00.  Die derde bybelboek, Romeine, begin 25 Augustus.  Stel dit asseblief aan u gemeentelede met toegang tot e-pos bekend.  Teken op ons webblad in by http://www.sinoos.co.za/e-dagstukkie
 
VERGADERINGE
 
Die Agenda vir die sinodesitting is op pad na die drukker.  Onthou ons tema:  Lewens wat van God vertel.  Die drie prioriteitsake is Lewe met God in die middelpunt, 'n Christelike lewenswyse en Daadgetuienis.
 
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
 
Die kuns van gemeentelike leierskap – is 'n twee jaar kursus onder leiding van prof Nelus Niemand.  Lees meer oor die temas en aanbieders.
 
ALGEMENE SINODE
 
Die Moderatuur het 'n persvrystelling oor die onderwys, veral die talle vakante poste vir skoolhoofde, gemaak.  Lees dit hier.
 
VERJAARSDAE
 
Geluk aan almal wat tot 31 Augustus verjaar.
 
24 Augustus - Johnny van Zyl (Machado-Boven) epos: johnnyvanzyl@telkomsa.net
24 Augustus - Chris Zietzman (Tzaneen) epos: cziets@global.co.za
25 Augustus - Pieter van Niekerk (Pretoria-Oosterlig) epos: servus@iafrica.com
 
Groete tot 1 September (Lentedag?!).
 
 
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
 
 
 

Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend