Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 146
2009/08/04
Liewe Sinode-familie
Groete vanuit die Sinode huis. Hier by ons val die fokus op die Agenda vir ons sinodesitting gedurende Oktober. Die tema vanjaar is mos Lewens wat van God vertel.
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
Gedurende 2002 vind die derde sinodesitting op die nuwe wyse plaas. Dit was skaars 15 maande na die vorige sitting. Tafelgesprekke raak al lekkerder en die afgevaardigde begin besef dat daar drie formate is waarvolgens die vergadering plaasvind, naamlik inligting, konferensie en besluitneming. Die oorkoepelende tema was die vorming en kommunikering van waardes. Assogaai, die Sinode se unieke aankondigingspan het almal gereeld laat skater.
GEMEENTES
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Ermelo-Oos 53 (4/8), Volksrust-Suid 52 (7/8), Lyttelton-Oos 51 (7/8) en Marble Hall 58 (16/8).
PREDIKANTE
Sarel Loots (ghoeks@iafrica.com) is Sondag in Graskop bevestig. Hy het daarmee ook bevoegdheid as predikant gekry. Welkom aan ds Sarel!
Stef Combrinck (nglyttelton@cknet.co.za) pastorale hulp van Lyttelton het pas na drie maande siekverlof weer begin werk. Hy het onder andere 'n rugoperasie ondergaan.
GESAMENTLIKE WERK
Excelsus se jaarlikse Lentekonferensie – Lente in bediening en teologie – vind 6 tot 8 Oktober plaas. Dit vorm deel van predikante se VBO program; daar word dus punte toegeken. Inskrywings kan nog gedoen word. Lees die program by www.excelsus.org.za
Die Sinodale Getuienisforum se eerste nuusbrief het pas verskyn. Dit bevat onder andere volledige inligting oor die konferensie Kultuur en Bediening 21 en 22 Augustus. Lees hier alles en neem deel.
Op 13 Augustus vind 'n Openbare Teologiese debat plaas oor die stelling: Die primêre oorsaak van die huidige ekonomiese krisis en gierigheid. Lees hier meer inligting.
ALGEMENE SINODE
Ds Anton Pienaar (anton@stellastraat.co.za) van Suidoos-Pretoria is aangestel as redakteur van die Kerkbode. Baie geluk. Anton was vanaf 1989 tot 2000 predikant by Amersfoort in die Sinode.
FLAM se webtuiste het heropen. Lees hier oor die nuwighede.
GEMEENTELIKE BEDRYWIGHEDE
Lynnwoodrif bied saam met die ATKV Centurion 'n Afrikaanse Skryfkompetisie vir Christene aan. Kontak Mercia Wepener (012) 348-5148) of Sakkie Kotze (iakotze@mweb.co.za) vir meer inligting en 'n inskrywingsvorm.
ANDER INLIGTING
Onthou Achterbergh kampterrein se 50 jarige fees 23 tot 26 September. Lees alles daaroor by www.achterbergh.za.net.
Indien jy wil lees oor Teologie by Kovsies, is hierdie die skakel: http://www.ufs.ac.za/newsletter/newsletter.php?sid=98
Willem Nicol se Christelik Skrifmeditasie vind 6, 13 en 20 Augustus by Stellastraat gemeente om 19:00 tot 20:00 plaas. Gratis bywoning.
Paidion kinderbediening se konferensie op 29 Augustus by Elarduspark fokus op die ouderdom 0-11. Inligting by www.paidionweb.co.za.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat aan die begin van Augustus verjaar.
5 Augustus - Uli Trümpelmann (Malelane) epos: ngmalela@mweb.co.za
6 Augustus – Dirk Human (Dosent UP) epos: dirk.human@up.ac.za
6 Augustus - Alphonso Groenewald (Dosent UP) epos: alphonso.groenewald@up.ac.za
8 Augustus - Colin Smith (kerksondermure) epos: colin@ksm.co.za
11 Augustus - Johan Graaff (Morgenzon) epos: johangraaff@yahoo.com
14 Augustus - Carl Louwrens (Krugerwildtuin) epos: crl@telkomsa.net
15 Augustus - Hardus van Niekerk (Middelburg-Suid) epos: hardus@midsuid.co.za
17 Augustus - Jannie du Plessis (Elarduspark) epos: jannie@ngelarduspark.org.za
Geniet die Vrouedag vakansiedag.
Groete tot 18 Augustus.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

