Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 143
2009/06/09
Die koue het behoorlik toegeslaan! Ons dink vandag veral aan die gemeentes in die Hoëveld. Ermelo se minimum temperatuur is 6°C, maar die maksimum is net 7°C!
Ons Voorsitter, Johan van Schalkwyk skryf:
Twee belangrike geleenthede – Pinkster en die Predikantekonferensie - lê agter, en amper die helfte van die jaar ook al weer! ’n Spesiale dankie aan Louis Louw en Gerrie Doyer, en ook aan Henry en Tersia in die Sinode huis vir julle vooraf reëlings vir die konfererensie. Persoonlik dink ek dit was \'n hoogtepunt. Intussen brul die masjien wat ons Oostelike Sinode-sittting reg moet laat loop vir die sitting van 11 tot 13 Oktober, op topspoed om alles mooi agtermekaar te kry. Baie dankie aan Henry en sommer ’n hele klomp persone wat hard daaraan werk. Ook baie dankie aan al die Diensgroepe en individue wat baie tyd insit. Wees asseblief getrou in julle voorbidding. En mag julle elkeen daagliks die keur van die Here se seën beleef. Julle broer in die Here Jesus.
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
Op 4 Mei 1998 is \'n buitengewone sinodesitting gehou. Die Sinode het gefokus op die Bybelse uitgangspunt dat die Kerk in verhouding staan met God, mekaar en die wêreld. Hierdie verhoudinge kry gestalte in die drie Bedieninge van Aanbidding, Onderlinge Sorg en Getuienis. \'n Fasiliteringskommissie is aangestel om die taak en rol van die Sinode te omskryf en al die praktiese sake uit te werk.
GEMEENTES
Geluk aan die drie gemeentes wat die volgende twee weke verjaar: Goedgegun-Swaziland 87 (10/6), Kampersrus 50 (13/6) en Witbank-Suid 55 (18/6).
Lux Mundi het Marnette Janse van Rensburg (marnette@woodcomfort.co.za) op 7 Junie 2009 as termynkontrak-leraar bevestig. Baie welkom!
PREDIKANTE
Trix Truter (trix@soft.co.za) van Barberton het \'n hartomleidingsoperasie ondergaan.
Johan Dill (Johan.Dill@gmail.com) kapelaan gekoppel aan Monumentpark-Wes het geëmeriteer.
Marius Crouse (goedgegun@posix.co.sz) van Goedgegun-Swaziland is beroep na Griekwastad in die Noord-Kaap.
Tommie Marais (tommarie@lantic.net) van Nelspruit se seun Stanley word op 15 Junie as predikant van Barkly-Wes bevestig.
PRIORITEITSAKE
Een van die prioriteitsake van die Sinode is – gesonde gemeentes. \'n Seminaar met die tema: Hoe kweek ons gesonde gemeentes? word op 19 Junie van 08:00 tot 15:00 by Skuilkrans aangebied. Die navorsing van Gallup organisasie word ook getoon. Lees hier meer daaroor.
BEDIENINGE
Aanbidding herinner aan die Liedjieskryf-kompetisie. Lees hier daaroor.
Onderlinge Sorg sê dankie vir die predikantekonferensie. Stuur gerus vir ons foto\'s vir die volgende uitgawe van ons koerant Oosnuus.
Ondersteuningsdiens sê dankie vir die finansiële state wat reeds ontvang is. Kontak die Sinode huis, indien julle nie die state betyds kan indien nie.
VERGADERINGE
Die Sinodale Diensraad vergader op 17 Junie by Premiermyn. Hierdie vergadering fokus veral op die prioriteitsake van die Sinode.
GESAMENTLIKE WERK
Onthou die kursus oor kerkrade se diensverhoudingekommissies op 20 Junie by Stellastraat gemeente. Lees hier meer.
Inligting oor kursusse in pastorale sorg, rentmeesterskap en finansiële bestuur en sowel as vir induksieleiers. Lees hier meer.
ALGEMENE SINODE
Lidmate behoort aangemoedig te word om aan die verkiesing van die skolebeheerliggame deel te neem. Lees oor die 12 miljoen Suid-Afrikaners wat binnekort weer gaan stem.
Bybel-Media se jaarverslag kan per e-pos van bybelmedia@bmedia.co.za aangevra word.
Sokker 2010 kan \'n groot invloed op die gemeente hê en \'n geleentheid om die jeug van Afrika te bereik. Onthou die konferensie om hiervoor voor te berei – 22 tot 25 Junie by Moreletapark. Registreer by www.satsonline.org
GEMEENTE BEDRYWIGHEIDE
Moreletapark bied op 25 Junie om 19:00 vir Prof David Block by die Rubensteingebou aan. Hy praat oor die hemelruim: From outer space to inner space...
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 22 Junie verjaar:
14 Junie - Dion van Dyk (Skuilkrans) epos: dion@skuilkrans.co.za
14 Junie - Francois Botha (Ermelo-Oos) epos: francois@erm-oos.co.za
14 Junie - Antoinette Wilson (Pretoria-Oosterlig) epos: wilsona@absamail.co.za
18 Junie - Jan van Zyl (Past Hulp Nelspruit-Westergloed) epos: ngkerk@iafrica.com
18 Junie - Arnold Meiring (Skuilkrans) epos: arno@skuilkrans.co.za
21 Junie - Arnau van Wyngaard (Swaziland Reformed Church) epos: wyngaard@lando.co.za
22 Junie - Tertius Erasmus (Middelburg-Suid) epos: tertius@midsuid.co.za
Groete tot 23 Junie.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

