Skip to content | Skip to navigation

FAMILIENUUS 142
2009/05/26
 

Groete te midde van Pinkstertyd!  Mag elke gemeente baie van die afwagting en vervulling van dié tyd beleef.

 

FEESJAAR - SINODE 30 JAAR

 

Gedurende 1997 en 1998 is streekskonferensies gehou om die transformasie van die Sinode volgens die familie-metafoor uit te werk.  Daar is ook 'n inligtingstuk, getitel Quo vadis hanteer.  Uiteindelik is bevestig dat die Sinode daar is vir die gemeentes en nie andersom nie.  Die werk het so gevorder dat 'n buitengewone sinodesitting gedurende 1998 gereël kon word.

 

GEMEENTES

 

Geluk aan al die gemeentes wat verjaar, naamlik Meyerspark 50 (29/5), Volksrust 99 (3/6), Olifantsfontein 61 (4/6), Groblersdal 69 (8/6) en Phalaborwa 48 (8/6).  Meyerspark se feesvieringe bereik die naweek 'n hoogtepunt.

 

Halfweghuis (halfweg@mweb.co.za) het verlede week hulle 40ste verjaarsdag gevier.  Hulle oudste ouderling het ook 'n voorlesing gedoen.  Sy is tannie Vee Vermeulen, is 91 jaar oud en besoek elke week saam met die predikant die bejaardes bo 60 jaar!

 

PREDIKANTE

 

Beide Lyttelton se predikante, Stef Combrinck (nglyttelton@cknet.co.za) en Eduan Naude (eduannaude@absamail.co.za) het 'n draai in die hospitaal gemaak.

 

PRIORITEITSAKE

 

Een van die prioriteitsake van die Sinode is – gesonde gemeentes.  'n Seminaar met die tema:  Hoe kweek ons gesonde gemeentes? word op 19 Junie van 08:00 tot 15:00 by Skuilkrans aangebied.  Die navorsing van Gallup organisasie word ook getoon.  Lees hier meer daaroor.

 

BEDIENINGE

 

Onderlinge Sorg vra dat julle aan die Predikantekonferensie 1 tot 4 Junie by Letaba in die Wildtuin sal dink.

 

Ondersteuningsdiens herinner gemeentes om die finansiële state na die Sinode huis te stuur.

 

VERGADERINGE

 

Elize Bezuidenhout (ejb@bssa.co.za) is lid van die Dagbestuur van die Sinodale Diensraad.  Sy is ook voorsitter van Tygerpoort se kerkraad.  Haar man is na 'n operasie oorlede.  Ons gebede vergesel haar.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

 

Ferdie Clasen wat die VBO hanteer, berig dat sy rekenaar gesteel is.  Hy vra vriendelik dat almal wat onlangs vir hom e-posse gestuur het, en nog nie terugvoer ontvang het nie, asseblief weer die korrespondensie na vbo@excelsus.org.za stuur.

 

'n Konferensie word op 21 en 22 Augustus 2009 oor Kultuur en Bediening aangebied.  Meer inligting is by Andries Louw (anelouw@getuienisforum.org.za) beskikbaar.

 

PEN-aksie berig dat Schubartpark aan die einde van die maand ontruim gaan word.  Hulle skryf "Om die paar duisend mense tegelyke tyd te ontruim, kan net 'n ramp tot gevolg hê."  Lees by www.pen.org.za vir meer inligting.

 

ALGEMENE SINODE

 

Het julle  al Kerkbode in sy nuwe baadjie gesien?  Kruisgewys is ook aan die predikante gestuur.  Nuwe intekenaars op Lig kan van die spesiale aanbod gebruik maak.

 

Onthou al die voorbereidings van Sokker 2010.  Lees die talle projekte by www.theultimategoal.co.za

 

GEMEENTE BEDRYWIGHEIDE

 

Gemeentes wat belangstel in handleidings vir Bybelstudie of groepe kan verskeie reekse op Witrivier se webwerf sien.  Kontak Jurgens de Jager (jurgens@nelspruit.info) vir gratis verspreiding per epos.

 

Skuilkrans hou Sondagaand 18:30 'n Darwin-aand.  Dr Bernard Slippers praat by die Dieperdelf Diens oor geloof en wetenskap.  Kontak Auke Compaan (083 381 7002) vir meer besonderhede.

 

Moreletapark bied 'n mannekamp op 5 tot 7 Junie aan.  Navrae by mjgrobbelaar@yebo.co.za

 

Moreletapark hou 'n reeks vir enkellopendes.  7 tot 9 Junie by die Rubenstein ouditorium.  Navrae Daleen 083 454 7423.

 

PENSIOENARISSE

 

Chris Benade (cbenade@oldmutualpta.com) vroeër van Kragveld se eggenote Christina is op 22 April 2009 oorlede.  Ons bid vir jou!

 

ANDER INLIGTING

 

Media Fokus as deel van die Jesus Projek, vra gelowiges om saam te bid ter wille van die media.  Lees hieroor by www.thejesusproject.co.za

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan almal wat tot 8 Junie verjaar:

 

29 Mei  - Christo Herbst (Volksrust-Suid) epos: christoherbst@volksrust.com

30 Mei  - Janus Roux (Elarduspark) epos: janusroux@ngelarduspark.org.za

30 Mei  - Trix Truter (Barberton) epos: trix@soft.co.za

1 Junie - Phillip Garbers (Past Hulp Komatipoort) epos: ngkomati@mweb.co.za

4 Junie - Lourens Bosman (Lux Mundi) epos: lbosman@luxmundi.org.za

6 Junie – Tiaan Victor (Past Hulp Bronkhorstspruit) epos: tiaanvictor@yahoo.com

 

Groete tot na die predikantekonferensie –

 

Sien julle in die Wildtuin.

 

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend