Skip to content | Skip to navigation

FAMILIENUUS 141
2009/05/12

Liewe Sinode-familie
 
Die koue van die winter raak al hoe meer merkbaar.  Ons hoop dat die gemeentes se reëlings in verband met Pinkster vlot verloop – veral die sop en broodjies.
 
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
 
Gedurende 1996 is 'n rigtinggewende beraad by Olifantsrivier Lodge naby Middelburg gehou.  Dit was om uitvoering aan die besluit van die Sinode oor die effektiwiteit en sinvolheid van kerklike vergaderinge te gee.  Daar is ervaar dat die Here die moontlikhede wat die Bybelse familie-metafoor bied, op 'n besondere manier tydens die beraad in ons midde gelê het.  Uit die beraad is 'n groep saamgestel om te besin oor die funksionering van die kerkverband aan die hand van dié metafoor.
 
GEMEENTES
 
Roossenekal (franscon@lantic.net) berig dat baie mense die afgelope tyd hulle werk verloor het.  Hulle vra voorbidding vir hulle gemeenskap.
 
Geluk met julle verjaarsdae:  Kerksondermure 19 (12/5), Halfweghuis 40 (14/5), Monumentpark-Wes 26 (18/5), Tzaneen-Wolkberg 33 (19/5) en Dennesig 18 (20/5).  Halfweghuis hou Sondag na hulle feesdiens 'n liefdesmaal.
 
BEDIENINGE
 
Die Woordwyser is vanaf 21 Mei (Hemelvaartdag) per e-pos beskikbaar.  Intekenaars ontvang elke dag 'n dagstukkie wat hulle sommer op die rekenaarskerm kan lees of kan uitdruk om later op hulle tyd te lees.  Ons bied 365 dagstukkies teen 'n fooi van slegs R50,00.  Ons skop af met Handelinge wat baie goed aansluit by Pinkstertyd wat op 21 Mei begin.  Nooi gerus alle gemeentelede met toegang tot e-pos uit om sommer vandag nog in te teken op ons webblad by http://www.sinoos.co.za/e-dagstukkie
 
Liedkompetisie.  Skryf gerus julle liedere in.  Die vollgedige inligting is in die Familiebrief gepos.  Lees dit hier ook.
 
Dankie vir die finansiële state wat ons reeds ontvang het.  Ons wag gretig op die ander.
 
Ons is gelukkig om BESTmed se reëls in Afrikaans beskikbaar te hê.  Gebruik dit gerus, veral met beroeping van 'n nuwe predikante of wanneer daar veranderinge in die lede en hulle afhanklikes se omstandighede kom.  Kontak mevrou Wilna Jansen met navrae WilnaJ@bestmed.co.za  
 
VERGADERINGE
 
Die Ontwerpspan vir vanjaar se sinodesitting poog om meer persone per epos en internet te betrek.  Onthou julle geloofsbriewe.
 
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
 
Excelsus bied saam met die Noordelike Sinode 'n seminaar oor gemeentes se Diensverhoudingekommissies aan.  Dit is op 20 Junie om 09:00 by Stellastraat gemeente.  Lees hier meer.
 
Lees ook oor ander kursusse gedurende Junie:  prediking, basiese bemarking in gemeentes, jeugbediening, nuwe maniere van kerkwees in stedelike kontekste en die opleiding van mentors.
 
ALGEMENE SINODE
 
Bybelgenootskap benodig 'n paar persone wat kan help lees aan die manuskripte van die nuwe Bybelvertaling.  Laat weet gerus indien daar belangstellendes in die gemeente is.
 
ADVERTENSIES
 
Witbank-Suid beskik oor 'n vakature vir 'n kinderwerker.  Kontak ngkwsuid@lantic.net vir besonderehede.
 
Kerksondermure stel "Radikaal anders soos Jesus" deur Adrio König bekend.  Besoek www.carpediem.co.za vir besonderhede.
 
ANDER INLIGTING
 
Die Sentrum vir Bybelinterpretasie en –vertaling in Afrika het 'n aanlyn-dienspunt vir ernstige eksegete begin.  Besoek www.cebita.org vir inligting.
 
Winterhoop is die projek ter wille van minder bevoorregtes.  Aflaaipunte in Pretoria is by Pierre van Ryneveld en Pretoria-Faerie Glen.
 
VERJAARSDAE
 
Geluk aan almal wat tot 25 Mei verjaar:
 
12 Mei  - Wielie van Wyk (Middelburg-Suid) epos: wielie@midsuid.co.za
13 Mei  - Petrus Moolman (Past hulp Ligkruis) epos: pmoolman.febasa@corpdial.co.za
13 Mei  - Eduan Naudé (Lyttelton) epos: eduannaude@absamail.co.za
13 Mei  - Rassie van der Merwe (Past Hulp Skuilkrans) epos: rasdel@xsinet.co.za
15 Mei  - Cas Vos (Dosent UP) epos cas.vos@up.ac.za
17 Mei  - Jean Strydom (Nelspruit-Suid) epos: jeanstr@absamail.co.za
18 Mei  - Frans Conradie (Past Hulp Roossenekal) epos: franscon@lantic.net
18 Mei  - Gerrit Maritz (Doornkloof) epos: gerrit@webhelp.co.za
19 Mei  - Jannie van Eeden (Groblersdal) epos: dsveeden@lantic.net
21 Mei  - Sas Conradie (Pretoria-Oosterlig) epos: sas.conradie@cms-uk.org
22 Mei  - Willem Nortjé (Komatipoort) epos: ngkomati@mweb.co.za
22 Mei  - Marius Swart (Nelspruit-Westergloed) epos: ngkerk@iafrica.com
25 Mei  - Izak du Plessis (Valleisig) epos: jeugleraar@valleisig.org.za
25 Mei  - Conrad Wethmar (Dosent UP) epos: conrad.wethmar@up.ac.za
 
 
Baie groete
 
 
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
 

Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend