Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 139
2009/04/14
 
Groete met die groet van Paasfees.  Die Here het opgestaan, die Here het waarlik opgestaan!  Mag die seisoen tot Pinkstertyd gevul wees met die krag van  die opgestane Here Jesus Christus. 
 
Ons Voorsitter, Johan van Schalkwyk berig die volgende: 
 
Ek vertrou julle het almal 'n baie geseënde Goeie Vrydag en Opstandingsondag beleef.  Seënwense vir elke dominee wat besig is om voor te berei vir die Pinksterbidure wat op hande is.  Sommige lidmate verwag in Pinkstertyd 'n geestelike herlewing.  Ander hoop op verdieping vir hulleself of vir die gemeente waarvan hulle deel is.  Nog ander het lankal klaar voorberei aan die hand van 'n gepaste tema in sy / haar spesifieke gemeente.  Wat ook al julle verlange of verwagting, mag julle elkeen regtig beleef dat julle op 'n besondere manier in die sproei van die Gees staan in hierdie tyd, en die Here se teenwoordigheid soek met die oog op die gemeente waarin Hy julle geplaas het om te werk.
Kom ons wees ook getrou teenoor mekaar om vir mekaar te bid in hierdie besondere tyd wat ons elke jaar het om self ook weer 'n keer stil te word voor die Here.
 
Volgende week vind die verkiesing plaas.  Die Sinodale Diensraad het die volgende besluit geneem:
 
Die Sinodale Diensraad doen 'n ernstige beroep op al die lidmate in die sinodale gebied om deel te neem aan die komende verkiesing, om hulle keuses met groot verantwoordelikheid uit te oefen en om saam te bid vir die rustige afloop van die verkiesing, sodat 'n goeie owerheid daargestel word wat die land sal regeer volgens die wil van God.
 
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
 
Die derde gewone sitting van 21 tot 25 Oktober 1991 het soos 'n gewone sinodesitting plaasgevind.  Die Moderatuur het bestaan uit ds Freek Swanepoel (Moderator), prof Piet Meiring (Assessor), ds Piet Bezuidenhout (Aktuarius), ds Gert Reinecke (skriba) en dr Johann Ernst (Assistent-skriba). Elf van die predikante teenwoordig, sou binne die volgende vier jaar emeriteer.  Daar is weer ritse en ritse besluite geneem, talle reglemente goedgekeur en na aanleiding van die Bambi-beraad (1991) die bestaandsrede van die Sinode soos volg geformuleer:
 
Die bestaansrede van die Sinode is om gemeentes en ringe te motiveer en te inspireer om die opdrag van God aan sy Kerk sigbaar te maak en die sigbaarmaking van die werksaamhede te koördineer.
 
GEMEENTES
 
Geluk met julle verjaarsdae:  Pretoria-Faerie Glen 32 (17/4), Lyttelton-Noord 48 (20/4), Paardekop 88 (21/4), Ogies 56 (24/4) en Nelspruit-Westergloed 35 (24/4).
 
PREDIKANTE
 
Casper Booy (casper@ngkerkmalelane.co.za) is 5 April as termynkontrakleraar by Malelane bevestig.  Welkom!
 
Steyn van Heerden (dsjs@vodamail.co.za) se emeritaat is op 19 April by Nelspruit-Suid.
 
BEDIENINGE
 
Ondersteuningsdiens herinner gemeentes aan die indien van 2008/2009 se finansiële state.
 
VERGADERINGE
 
Die Sinodale Diensraad het bevestig dat vanjaar se sinodesitting DV op 11, 12 en 13 Oktober by Pierre van Ryneveld plaasvind.
 
Op 17 April vergader die Gesamentlike Sinodale Kommissie van die vier Transvaalse Sinodes.  Daar word onder andere aan Teologiese opleiding en die argief aandag gegee.
 
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
 
Uit Zimbabwe berig Johan Haasbroek dat dit beslis begin beter gaan.  Goedere raak beskikbaar en pryse kom 'n bietjie af.  Daar is nog kragonderbrekings, hulle pomp nog hulle eie water, maar daar is nog plaasvattery.
 
By Tukkies bied die Sentrum vir Publieke Teologie 'n debat aan waar vyf politieke partye die vraag antwoord:  "Waarom behoort Christene vir ons politieke party te stem?"  Dit vind Donderdag 16 April van 10:30 tot 12:30 plaas.  Lees meer inligting hier.
 
"Ontdekking van nuwe maniere om kerk te wees in stedelike kontekste."  Hierdie konferensie word in samewerking met PEN aangebied 8 tot 12 Junie.  Meer inligting hier.
 
ALGEMENE SINODE
 
Kobus Gerber het 'n gedeelte geskryf na die gesprek tussen Afrikaner-leiers en die ANC president Jacob Zuma.  Lees dit hier.
 
SOKKER 2010
 
Daar is heelwat voorbereidende geleenthede.  Kyk op die webwerf www.satsonline.org
 
ANDER INLIGTING
 
Johan Claassen, voorheen van Elarduspark, bied Rus in die Here Retreats aan. Lees by www.jcministries.co.za hieroor.
 
Wetzel Coetzer bied verdere Pastorale beradingskursusse by Potchefstroom aan:  9 Mei – Grense; 20 Junie – Huwelik.  Lees hier meer.
 
ADVERTENSIES
 
Programme in Kinder- en Kleuterpinkster is by www.kidsxpress.org beskikbaar.
 
VERJAARSDAE
 
Geluk aan almal wat tot 27 April verjaar.
 
17 April - Faure Louw (Elarduspark) epos: faurelouw@ngelarduspark.org.za
17 April - Barry van der Merwe (Letsitele) epos: mwngklet@mweb.co.za
17 April - Peter Nagel (Termynleraar) (Lyttelton-Noord) epos: lyttnrd@mweb.co.za
18 April - Jan Grey (Pretoria-Oosterlig) epos: drjangrey@gmail.com
21 April - Herman Nienaber (Pretoria-Oosterlig) epos: hnienaber@absamail.co.za
23 April - Gavin Meistré (Pretoria-Garsfontein) epos: gavinmeistre@telkomsa.net
26 April - Ben Blom (Belfast) epos: benblom@sentlikejesus.com
27 April - Tienie de Bruyn (Premiermyn) epos: tieniedeb@absamail.co.za
27 April -  Casper Booy (Malelane) epos: casper@ngkerkmalelane.co.za
 
 
 
Groete tot volgende keer.
 
 
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
 
 

Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend