Oostelike Sinode
FAMILIENUUS (138)
2009/03/24
Dagsê Sinode-familie
Ons is op die vooraand van die skoolvakansie en daartydens is dit Paasfees. Ons Voorsitter, Johan van Schalkwyk trek na aanleiding van Eksodus 12 vers 13 'n aantal pensketse oor Paasfees: pesag; passover; oorslaan, verbygaan. Bloedtekens aan deurkosyne. Bevry, uitlei, verlos. Draai van 'n seisoen. Uit die oue na die nuwe; uit die dood na die lewe. Lewensveranderend vir Israeliete. En vir Jode van destyds. En vir almal wat wil, ook nou. Toe die toorn van God – skerper as die steek van 'n spies en die punte van spykers, op 'n houtkruis neergeslaan is. Om van mense wat dit destyds en dit nou ook nie verdien nie, verbondsmense te maak. Nuut en vrolik! Mag die Here ons almal so lewensveranderend bly seën. Hierdie Paasfees. En vir elke dag. Met die oog op ander. Asseblief, Here!
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
1987 se sinodesitting word onthou vir ouderling Felix de Villiers wat nou oor alles in die Agenda moes praat, want dit het gereën op sy plaas en vanaf Woensdag moes hy gaan mielies plant. Daar was ds Koos Mouton wat deur die elektroniese stemstelsel uitgevang is tydens sy middagslapie. Dit was ook die tyd van die hoogbloei van die Kerkorde toe reglemente vir bykans enige saak hanteer is. Die Moderatuur was ds Freek Swanepoel (Ermelo-Oos) Moderator, ds Nic Mostert (Middelburg-Kanonkop) Assessor, ds Piet Bezuidenhout (Lydenburg-Suid) Aktuarius, dr Piet Meiring (Lynnwoodrif) Skriba en dr Johann Ernst (Doornkloof) Assistent-skriba.
Hierdie sitting was die eerste wat binne 'n week plaasgevind het en waar vroue as diakens teenwoordig was.
GEMEENTES
Moreletapark het proponent Willie Rautenbach as termynkontrak leraar beroep. Hy is op 'n hoë ouderdom gelegitimeer, maar is Vrydag voordat hy as predikant bevestig kon word, oorlede. Hy was slegs 68 jaar oud.
Geluk aan die gemeentes wat die volgende drie weke verjaar: Lux Mundi 21 (27/3), Krugerwildtuin 23 (1/4), Piet Retief 121 (14/4) en Wakkerstroom 148 (15/4).
PREDIKANTE
Steyn van Heerden (dsjs@vodamail.co.za) van Nelspruit-Suid emeriteer op 31 Maart 2009. Dankie vir die 18 jaar in die Sinode!
Melanie Smit (melaniesmit2000@hotmail.com) kapelaan gekoppel aan Tygerpoort is nou werksaam in Langebaan in die Kaap.
Benja en Marelize Ferreira (benjaf@lantic.net) van Lydenburg-Suid se eersteling is gebore. Dit is 'n dogtertjie.
BEDIENINGE
Bediening vir Aanbidding se eerste Woordwyser Bybelskool word op Saterdag 18 April 2009 by Lyttelton-Oos van 08:00 tot 12:00 aangebied. Die tema is "Hoe hoor ons God se stem wanneer ons die Bybel lees?" deur ds Freddie Schoeman. Inskrywings @ R50,00 per persoon kan by Elna 012 804 9543 / blprog@sinoos.co.za gedoen word.
Ondersteuningsdiens herinner gemeentes om die basiese inligtingvorm te voltooi. Dit kan by http://www.sinoos.co.za/uploads/nuus/BASINLIG2009.doc afgelaai word.
VERGADERINGE
Die Ontwerpspan vir die sinodesitting herinner almal aan die datum vir die sitting – 11 tot 13 Oktober 2009. Kry solank julle afvaardiging reg.
Die Sinodale Diensraad vergader môre (25 Maart). Die fokus van die vergadering is die prioriteitsake uit die Voetsool sinodesittings.
ALGEMENE INLIGTING
Pretoria-Garsfontein (claude@nggars.org.za) wil graag glaskelkies vir nagmaalbediening aankoop. Kontak hulle, as jy kan help.
Die CLF het 'n verskeidenheid literatuur beskikbaar, wat gemeentes kan gebruik. Kyk gerus by www.clf.co.za
ADVERTENSIES
Klik op www.fxit.co.za vir hulpmiddels vir jeugbediening.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat gedurende die vakansietyd verjaar.
26 Maart - Casper Krüger (Past hulp, Lux Mundi) epos: cek3k@mweb.co.za
27 Maart - Willem Badenhorst (Moreletapark) epos: willemb@moreleta.co.za
30 Maart - Daan Botha (Tzaneen-Wolkberg) epos: ngwolk@mweb.co.za
6 April - Lemmer Venter (Lydenburg) 083 451 9252
6 April - Frederick Wilson (Pretoria-Oosterlig) epos: fjwilson@absamail.co.za
6 April – Attie van Niekerk (ISWEN) epos: asn@xsinet.co.za
9 April - Ronald Murray (Past hulp, Lynnwoodrif) epos: ronald@lynnwoodrif.co.za
Groete tot 14 April 2009.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

