Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 137
2009/03/11

13 Januarie 2004


Liewe Sinode-familie

 

Groete uit die Sinode huis.  Môre ontvang ons hier die predikante wat die afgelope tyd tot ons familie toegevoeg is.

 

FEESJAAR - SINODE 30 JAAR

 

Op 14 Januarie 1986 hou die Sinode die eerste buitengewone sinodesitting.  Dit was om 'n oplossing vir die benarde finansiële posisie van die Sinodale Sentrum te vind.  Die gemeentes het onderneem om by te dra vir die bedryfskoste.  Hierdie plan was suksesvol en gedurende 1999 is die Sentrum betaal.  Mei 2002 is die Sentrum verkoop en gemeentes is vergoed vir hulle getroue ondersteuning.

 

GEMEENTES

Malelane (ngmalela@mweb.co.za) het vir dr Casper Booy as termynleraar beroep.

 

Graskop (ngkerkgraskop@lantic.net) het vir prop Sarel Loots as tentmaker beroep.

 

Geluk aan die gemeentes wat gedurende die volgende twee weke verjaar:  Hazyview 34 (15/3) en Nelspruit-Suid 45 (20/3)

 

BEDIENINGE

 

Bediening vir Aanbidding bied Woordwyser Bybelskole op Saterdae aan.  Sien datums en inskrywingsvorms by http://www.sinoos.co.za/bedieninge/item/woordwyser_bybelskool. Navrae by Elna 012 804 9543 / blprog@sinoos.co.za

 

Bediening vir Getuienis - Gemeentes wat op watter wyse ook al by Mosambiek betrokke is, word genooi na die vergadering van die Mosambiek Werkgroep 17 tot 19 April nou by Makarios, Komatipoort.  Skakel Corrie Swanepoel 012 804 9543 (getuie@sinoos.co.za). 

 

Ekologie konferensie - 11 tot 13 Mei 2009 nou by Loskop Natuurreservaat.  Die tema: Agter die Glasgordyn. Kontak Jannie van Eeden dsveeden@lantic.net

 

Bediening vir Onderlinge Sorg se Mannebediening stel kerksondermure se kamp 15 tot 17 Mei 2009 bekend.  Hulle handel oor die vraag hoe manne momentum na kampe kan behou.  Volledige besonderhede by cris@crigel.co.za

 

Ondersteuningsdiens vra gemeentes wat nog beoog om 'n opleidingsessie vir personeel gemoeid met finansies by te woon, om die vraelys wat op 30 Januarie 2009 gestuur is, aan ons te stuur.

 

Terwyl julle besig is om die finansiële state af te rond, onthou om die formaat te gebruik wat vanjaar aan julle gestuur is.

 

VERGADERINGE

 

Die Ontwerpspan vir vanjaar se sinodesitting vergader op 23 Maart.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

 

Ferdie Clasen berig soos volg oor die VBO:

 

Neem asseblief kennis dat Excelsus se VBO-kursusse vir Maart gekanselleer is!

 

In die plek daarvan word die volgende inligtingsessies gereël.  Tydens dié sessies sal al jou vrae oor VBO beantwoord word.  Jy sal ook geleentheid kry om vir die VBO puntestelsel te registreer (en terselfdertyd vir jou bywoning ’n paar punte te verdien!!).  Laat weet asseblief of jy die geleentheid gaan bywoon deur ’n e-pos of sms te stuur na dr Ferdie Clasen by vbo@excelsus.org.za of 082 379 2458.  Bywoning is gratis!

 

Maandag, 16 Maart: (09:30 - 13:00) Nelspruit (Nelspruit-Suid)

Dinsdag, 17 Maart: (09:30 - 13:00) Johannesburg (Bonaero Park)

Woensdag, 18 Maart: (09:30 - 13:00) Pretoria (Skuilkrans)

Donderdag, 7 Mei:  (09:30 - 13:00) Potchefstroom (Potchefstroom-Oos)

WOON HIERDIE GELEENTHEID BY EN MAAK SEKER DAT JY GOED INGELIG IS – VBO IS IMMERS NOU VIR ALTYD DEEL VAN DOMINEES SE LEWENS!!

Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening bied gedurende Maart en April kursusse aan oor die benutting van die radio, interkulturele berading en misdaad.  Meer inligting hier.

 

ALGEMENE SINODE

 

Twee verklarings deur Kerke is oor die verkiesing uitgereik:  Die drie Afrikaanse Kerke se verklaring en ook die verklaring van die Kerke uit die Lutherse en Gereformeerde tradisies.

 

Die eerste fasiliteringsgesprekke tussen die afvaardiging van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke, die VGKSA en die NG Kerk het verlede week plaasgevind.  Die Moderamen van die Algemene Sinode vergader DV volgende week, waarna kommentaar gelewer sal word.

 

Kyk gerus  op Bybel-Media se webtuiste vir die jongste nuttige produkte www.bybelmedia.co.za.  Lees oor die DVD Akkerpret in Bybelpark 2; sowel as die ADGO se projek Rimpels vir lidmaattoerusting.  Kyk ook op die webtuiste www.rimpels.co.za  

 

Seisoen van Luister het 'n eie webtuiste www.seisoenvanluister.co.za

 

ANDER INLIGTING

 

'n Jeugbediening konferensie word op 19 Maart om 08:00 by Lynnwood, in Pretoria aangebied.  Dit handel oor nuwe uitdagings vir belydenisaflegging en dissipelskap.  Meer inligting hier.

 

ADVERTENSIES

 

Tygerpoort het 'n vakature vir 'n bedryfsbestuurder.  Die persoon sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die gemeente se logistieke, kommunikasie en personeelaangeleenthede.  Kontak dr Ferdie Clasen by 012 809 0107.

 

Onthou Moreletapark  se Ester- en Daniël konferensies - 13 tot 15 Maart Ester en 20 tot 22 Maart Daniël.  Kontak Mathilda 012 997 8088.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan julle wat in die vroeë herfs verjaar.

 

15 Maart - Etienne Pheiffer (Volksrust) epos: etienne.pheiffer@volksrust.com

15 Maart - Carl Schoeman (Phalaborwa) epos: ngphala@telkomsa.net

16 Maart - Flip du Toit (Predikant Teologiese Opleiding) epos: ngkerk@postino.up.ac.za

18 Maart - Ronnie Stanton (Kapelaan, Pretoria-Garsfontein) epos: rastanton1@gmail.com

19 Maart - Willie Nel (Kloofsig) epos: nelwag@unisa.ac.za

20 Maart - Johnie Grobler (Past Hulp Kragveld) tel 013 293 0886

20 Maart - Jim de Villiers (Witbank) sel: jimdvilliers@mweb.co.za

21 Maart - Johan Taute (Lux Mundi) epos: jtaute@luxmundi.org.za

22 Maart - Okkie Olivier (Rayton) epos: ockie.olivier@lantic.net

23 Maart - Francois Retief (Ermelo) epos: fjretief@gmail.com

23 Maart - Pieter Malherbe (Witbank) epos: pmlherbe@mweb.co.za

23 Maart - Koos Kriel (Alkmaar VGKSA) epos: kriel@mtnloaded.co.za

 

Groete tot 24 Maart 2009.

 

 

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend