Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 136
2009/02/24

FAMILIENUUS 136

 

Liewe Sinode-familie

 

Dit reën weer ligweg in Pretoria en die lug is vaal, asof dit Aswoensdag môre uitbeeld.

 

FEESJAAR - SINODE 30 JAAR

 

Die eerste volwaardige sinodesitting is vir die tien dae 20 tot 24 September 1983 in Pretoria gehou.  Die Moderatuur het bestaan uit di Nic Mostert - Moderator, Tienie Britz - Assessor, Kerneels van Heerden - Aktuarius en Freek Swanepoel - Skriba.

 

'n Agenda van 455 bladsye is deurgewerk en die Handelinge bestaan uit 114 bladsye.  Sewe nuwe gemeentes verskyn en al die afgevaardigdes moes ingelig word oor die elektroniese luidspreker en stemselsel van die nuwe Sinodale Sentrum.  'n Verklaring met die oog op die referendum van 2 November 1983 is ook goedgekeur.

 

GEMEENTES

 

Geluk aan die gemeentes wat gedurende Februarie en begin Maart verjaar:  Lyttelton 65 (4/2), Skuilkrans 38 (17/2), Lynnwoodrif 34 (19/2), Breyten 67 (2/3), Middelburg, Tvl 142 (9/3), Barberton 120 (9/3) en Ohrigstad 56 (9/3).

 

Moreletapark se Ester- en Daniël Konferensies is om die draai.  13 tot 15 Maart vir Ester en 20 tot 22 Maart is Daniël se beurt.  Kontak Mathilda by 012 997 8088.

 

PREDIKANTE

 

Dini Smit (dssmit@absamail.co.za) se termyn met Bronkhorstspruit het nou verstryk.  Sy maak nou net hulle tweeling groot.

 

Bertie Driescher (b.driescher@absamail.co.za) het intussen as pastorale hulp by Bronkhorstspruit begin werk.

 

BEDIENINGE

 

Aanbidding meld dat 'n beperkte voorraad van Woordwyser Reeks I (lees die Bybel in 7 jaar) teen 'n spesiale prys beskikbaar is.  Sien die webblad http://www.sinoos.co.za/books vir pryse.

 

Ondersteuningsdiens vra dat gemeentes onthou om 'n afspraak met die ouditeure te maak vir oudit van die finansiële state.

 

VERGADERINGE

 

Onthou ons sinodesitting 11 tot 13 Oktober 2009.  Kry solank die name van die afgevaardigdes gereed, dink aan verblyfreëlings en laat weet ons indien daar sake is wat julle met die wyer familie wil deel.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

 

Onthou die eerste kursusse waarvoor julle kan inskryf vir die Voortgesette bedieningsontwikkeling wat van 16 tot 18 Maart 2009 aangebied word.  Inskrywingsvorms is verlede week met Kortnuus 23 aan julle gestuur.

 

ALGMENE SINODE

 

Bybel-Media het 'n boek uitgegee ter ere van prof Malan Nel - A Faithful witness.  Lees meer hieroor by www.bybelmedia.co.za.

 

Die nuwe Kruisgewys is op pad na elke predikant.  Dit is vol artikels wat op bedieningsontwikkeling fokus.  Indien die pos te stadig is, kan dit by www.bybelmedia.co.za afgelaai word.

 

ANDER INLIGTING

 

Toer saam met prof Gert Steyn na Turkye 3 tot 13 Desember 2009.  Lees hier meer daaroor.

 

Rietfontein-Noord beskik oor 'n vakature vir 'n voltydse jeugleraar.  Kontak hulle by Berdine@ngkrn.co.za

 

VERJAARSDAE

 

Geluk met almal wat tot 9 Maart verjaar.

 

26 Februarie - Fay van Eeden (Nooitgedacht) epos: ngnooit@vodamail.co.za

27 Februarie - Johan van der Merwe (Pretoria-Garsfontein/Dosent UP) epos: johan.vdmerwe@up.ac.za

28 Februarie - Louis Louw (Pretoria-Oosterlig) epos: louisklouw@absamail.co.za

3 Maart - Steyn van Heerden (Nelspruit-Suid) epos:  ngnelspruitsuid@telkomsa.net

3 Maart - Marinda van Niekerk (Moreletapark) epos: marinda@pen.org.za

5 Maart - Elza Meyer (Moreletapark) epos: emeyer@moreleta.co.za

5 Maart - Gert Steyn (Dosent UP) epos: gert.steyn@up.ac.za

7 Maart - Johann Ernst (Doornkloof) epos: jhernst@tiscali.co.za

 

Groete tot 10 Maart 2009.

 

 

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend