Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 135
2009/02/10
Liewe Sinode-familie
Dit lyk of die reën wyd geval het en plek-plek het die storms selfs skade aangerig. Woordwyser sluit in die tyd selfs aan by Jesus wat die storm op die see stil gemaak het.
FEESJAAR
Ons Sinode het op 2 November 1979 tot stand gekom. Tydens die sinodesitting van die Sinode van Noord-Transvaal met bykans 700 afgevaardigdes in die Stadsaal van Pretoria is besluit om die nuwe Sinode te stig. Die Sinode het met 82 gemeentes, bestaande uit 61 369 belydende en 38 545 dooplidmate tot stand gekom. Die eerste Moderatuur was ds Nic Mostert (Oom Doom) - Moderator, ds Piet Viviers - Assessor, ds Kerneels van Heerden - Aktuarius en ds Freek Swanepoel - Skriba.
GEMEENTES
Ons gemeentes haal die koerante. Eers is dit Groblersdal (kantoor@lantic.net) met die riool in die pastorie-tuin en dan Skuilkrans (ngkskuil@mweb.co.za) met die optrede van biskop Desmond Tutu.
PREDIKANTE
Albert Venter (alberven@mweb.co.za) van Marble Hall het ook die koerant gehaal. Dit is hy wat beroof is en in die kattebak van sy motor geprop is.
BEDIENINGE
Die Bediening vir Getuienis nooi gemeentes wat op watter wyse ook al in Mosambiek betrokke is, om die volgende vergadering van die Mosambiek Werkgroep by Maputo 17 tot 19 April 2009 by te woon. Skakel met Corrie Swanepoel (getuie@sinoos.co.za).
Vanjaar se Ekologie konferensie word 10 tot 13 Mei by die Struwig Ekoreservaat gehou. Kontak Jannie van Eeden (dsveeden@lantic.net) vir inligting.
VERGADERINGE
Die Sinodale Diensraad het aan die drie prioriteitsake uit die Voetsool sinodesittings aandag gegee. Dit is 'n Lewe met God in die middelpunt, 'n Christelike lewenstyl en Daadgetuienis.
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Onthou die kursusse ter wille van Voortgesette bedieningsontwikkeling. Inligting en inskrywingsvorms volg binnekort.
ANDER INLIGTING
Prof Wentzel Coetzer bied op 21 Februarie 'n kursus oor Eetversteurings aan. Op 21 Maart is die tema Verwerping. Lees hier meer daaroor.
Dr Willem Nicol bied 17 tot 19 April 'n Spiritualiteitsretreat en op 11 tot 13 Mei 'n huweliksretreat aan. Lees hier meer inligting.
Sokker 2010. Indien julle meer inligting oor die konferensie 23 Februarie tot 1 Maart wil ontvang, stuur ons 'n epos. Daar is 'n aantal dokumente in Engels beskikbaar oor die voorbereidings om die Evangelie tydens die geleenthede uit te dra.
ADVERTENSIES
Pretoria-Faerie Glen gemeente het 68 kopieë van Rick Warren se boek Doelgerigte lewe teen R60,00 elk beskikbaar. Kontak kerkkantoor@ngfaerieglen.org.za.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 23 Februarie verjaar.
9 Februarie - Stéfan van der Merwe (Sendeling Lynnwoodrif) epos: stefanandhensie@yahoo.com
11 Februarie - Benja Ferreira (Lydenburg-Suid) epos: benjaf@lantic.net
13 Februarie - Piet Fourie (Bronkhorstspruit) epos: pietfou@telkomsa.net
14 Februarie - Lieze Meiring (Skuilkrans) epos: lieze@skuilkrans.co.za
14 Februarie - Albert Venter (Marble Hall, Pastorale hulp) epos: alberven@mweb.co.za
15 Februarie - Dirkie van der Spuy (Moreletapark) epos: dvdspuy@moreleta.co.za
17 Februarie - Christo van Rooyen (Valleisig) epos: cvrooyen@valleisig.org.za
17 Februarie - Pieter de Jager (Wakkerstroom) epos: pjcdej@xsinet.co.za
17 Februarie - Hannes Enslin (Skuilkrans) epos: enslinjd@mweb.co.za
19 Februarie - Dawie Nieuwoudt (Ogies) epos: sirrouch@vodamail.co.za
19 Februarie - Henk Boshoff (Middelburg-Kanonkop) epos: henkbos@telkomsa.net
20 Februarie - Fanie Venter (kerksondermure) epos: fanie@ksm.co.za
22 Februarie - Gerrit Theron (Tentmaker Chrissiesmeer) epos: hjbeuk@telkomsa.net
Groete tot 24 Februarie 2009.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

