Oostelike Sinode
FAMILIENUUS (134)
2009/01/28
FAMILIENUUS 134
Liewe Sinode-familie
Gister was daar 'n gedeeltelike sonsverduistering. Ons bede vir 2009 is dat die gemeentes se werk so gedoen word, dat hulle lig vir die Here helder sal skyn.
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
(Let op die Feesjaar embleem as agtergrond)
Ons Sinode was eers deel van die Sinode van Noord-Transvaal, wat op hulle beurt deel van die Noordelike Sinodes van die NG Kerk van Transvaal was. Die Kerk se naam was ook Ned Herv of Geref Kerk van Transvaal, sowel as die Ned Geref Kerk vir die ZAR. Aanvanklik (kort na 1850) was Lydenburg deel van die Sinode van Kaapland.
GEMEENTES
Doornkloof (kantoor@ngdoornkloof.org.za) het prop Danie Langner as predikant met opdrag Gemeenskapsdienste bevestig. Welkom aan dié nuwe dominee in ons Sinode!
Witbank (klipkerk@mweb.co.za) het emeritus prof Mauritz Kloppers as pastorale hulp aangestel. Welkom!
Gravelotte (nggrav@absamail.co.za) bevestig op 30 Januarie vir Frikkie Olivier as hulle nuwe predikant. Hulle was vroeër by Hendrina.
BEDIENINGE
Onderlinge Sorg herinner julle om die datum van predikantekonferensie aan te teken, naamlik 1 tot 4 Junie by Letaba in die Wildtuin.
VERGADERINGE
Die Sinodale Diensraad vergader op 3 Februarie om die prioriteite vir die volgende termyn te finaliseer. Dit vind aansluiting by die Voetsool sinodesittings. Bid asseblief vir die vergadering.
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Die Kuratorium noem dat daar 'n vakature vir 'n sekretaresse in die kantoor van die Predikant vir Teologiese Opleiding is. Lees hier meer daaroor.
Pen-aksie se kleuterskool het 'n fietstoer na die Kaap gereël om fondse in te samel om hulle saal te voltooi. Lees daaroor by www.pen.org.za
ALGEMENE SINODE
Die Kerkbode was op 13 Januarie 160 jaar oud. Lees gerus in die jongste uitgawe van die planne om die koerant te herontwerp en ook op die internet beskikbaar te stel.
Jaarboek 2009 kan by www.bybelmedia.co.za bestel word.
Op 19 en 20 Januarie 2009 het 'n konsultasie van die kerkleiers van die land plaasgevind. Hulle het 'n verklaring oor die aktuele sake uitgereik. Lees dit hier.
ANDER INLIGTING
Graskop (ngkerkgraskop@lantic.net) bied op 29 en 30 Mei die Hadassa Vrouekonferensie aan.
Indien die gemeente belangstel om 'n aksie rondom 2010 se sokker te reël, is hier moontlikhede te vind.
ADVERTENSIES
Die Hervormde Kerk Brits is op soek na twee rooiletterborde. hjcell@gmail.com
PENSIOENARISSE
Graag gee ons die datums van spesiale dae vir ouer persone deur. Maak daarvan iets spesiaals. 1 Oktober is Internasionale Dag vir ouer persone, 4 Oktober is Grootouerdag.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 9 Februarie verjaar.
27 Januarie - Jan Mostert (Amersfoort) epos: jmosvdm@lantic.net
29 Januarie - Sarel Loots (Graskop) epos: ghoeks@iafrica.com
30 Januarie - Johan de Wet (uitgestuurde - Krielpark) epos: jsdewet@yahoo.co.uk
3 Februarie - Piet Marais (Valleisig) epos: piet@alleisig.org.za
3 Februarie - Jorrie Potgieter (Lynnwoodrif) epos: jorpot@lynnwoodrif.co.za
4 Februarie – Malan Nel (Dosent UP) epos: malan.net@up.ac.za
5 Februarie - Christo Woite (kerksondermure) epos: christo@ksm.co.za
5 Februarie - Sarel Visser (Moreletapark) epos: sarel.visser@moreleta.co.za
6 Februarie - Kobie Fourie (Elarduspark) epos: jnsfourie@ngelarduspark.org.za
6 Februarie - Roelf van Niekerk (Piet Retief) epos: reikop@telkomsa.net
9 Februarie - Pieter Badenhorst (Moreletapark) epos: pieter.badenhorst@moreleta.co.za
9 Februarie - Francois Davel (Debruinpark-Ermelo) epos: f.w.davel@telkomsa.net
Groete tot 10 Februarie 2009.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

