Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 132
2008/12/03
Liewe Sinode-familie
Vandag is die laaste uitgawe vir 2008. Baie dankie aan almal wat getrou saamgewerk het en veral elke uitgawe gelees het. Mag vanjaar se Kerstyd almal weer bewus maak van die vriendelike gesig van ons hemelse Vader en dat ons weer 'n prentjie kry van sy genade in Jesus Christus.
GEMEENTES
Teken gerus 18 Januarie 2009 aan! Op die dag word vier nuwe predikante in ons gebied bevestig. Dit het nog nie gebeur nie.
Hazyview (ngkantoor@mweb.co.za) bevestig Amos Kotze, wat van Kestell kom.
Nelspruit-Suid (ngnelspruitsuid@telkomsa.net) bevestig Carel Pienaar, wat van Langenhovenpark in Bloemfontein kom.
Skuilkrans (ngskuil@mweb.co.za) bevestig vir Auke Compaan wat van Sonstraal in die Kaap kom.
Witbank (klipskriba@mweb.co.za) bevestig vir Jim de Villiers wat van Griekwastad in die Noord-Kaap kom.
Gravelotte (nggrav@absamail.co.za) het Frikkie Olivier beroep en hy word op 30 Januarie 2009 bevestig.
Witbank (klipskriba@mweb.co.za) het André Kruger van Springs-Oos beroep, maar hy het die beroep bedank.
Marble Hall (ngkmhall@lantic.net) maak tans gebruik van die diens van Albert Venter 'n pensioenaris.
PREDIKANTE
Jan Wandrag (wandrag@lantic.net) het op 30 November geëmeriteer. Hy bly nog aan in Phalaborwa tot 18 Januarie 2009 wanneer sy afskeid is. Hy is tot met sy afskeid steeds die Kerkregkundige. Familienuus sê vir Jan baie dankie vir bykans 32 jaar in die Sinode!
Louis Louw (louisklouw@absamail.co.za) se dogter Lizette is as proponent gelegitimeer in Stellenbosch. Geluk met julle tweede dogter in die bediening.
Peet Boshoff wat vroeër predikant by Witbank-Panorama was, is weer as proponent gelegitimeer. Hy is tans pastorale hulp by Witbank (klipskriba@mweb.co.za).
Jean Strydom (jeanstrydom@absamail.co.za) van Nelspruit-Suid trou op 20 Desember. Baie geluk!
BEDIENINGE
Die Bediening vir Onderlinge Sorg noem dat die datum vir die predikantekonferensie skuif na 1 tot 4 Junie 2009. Teken dit solank aan.
ONDERSTEUNINGSDIENS
Inligting oor rentmeesterskap is op die webblad by
http://www.sinoos.co.za/bedieninge/item/rentmeesterskap_dokumente_om_af_te_laai
Die Sinode huis sluit op 12 Desember om 12:00 en open weer op 5 Januarie 2009.
Vanaf 19 Januarie 2008 neem Johan van der Merwe (johanvdm@intekom.co.za) dosent in Kerkgeskiedenis en Kerkreg, asook pastorale hulp by Pretoria-Garsfontein, oor as die Sinode se Kerkregkundige. Baie welkom!
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Andries Louw (anelouw@getuienisforum.org.za) vertel oor die konferensie van plaaslike getuienisforums se hoopgewende verhale. Lees hier.
ALGEMENE SINODE
Lees hier oor die Week van gebed 2009, wat aansluit by die Johannes Calvyn 500 vieringe.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 12 Januarie 2009 verjaar.
2 Desember - Piet Hattingh (Middelburg) epos: piet@witkerk.co.za
3 Desember - Hannes Britz (Past hulp Lux Mundi) epos: britz@sois.uwm.edu
4 Desember - Izak Kloppers (Witbank-Klipfontein) epos: IUM@telkomsa.net
6 Desember - Elmo Pienaar (Pierre van Ryneveld) epos: elmo@pvr.co.za
7 Desember - Gideon du Toit (Lyttelton-Noord) epos: dutoit@cybersmart.co.za
8 Desember - Pieter Poley (Paardekop) epos: pieterpoley@telkomsa.net
9 Desember - Leon du Toit (VGKSA Embhuleni) epos: leon@lando.co.za
12 Desember - Johann Fourie (Pretoria-Faerie Glen) epos: bederf@ngfaerieglen.org.za
15 Desember - Riaan Pienaar (kerksondermure) epos: riaan@ksm.co.za
15 Desember - Elsje Büchner (Lux Mundi) epos: ebuchner@luxmundi.org.za
18 Desember - Willem Esterhuizen (Witbank-Panorama) epos: wester@vodamail.co.za
19 Desember - Niekie Rothmann (Past hulp Meyerspark) epos: njrot@openweb.co.za
21 Desember - Johannes van der Merwe (Alkmaar) epos: cj@alkmaar.co.za
22 Desember - Hancke van Blerk (Piet Retief) epos: hanckevb@gmail.com
25 Desember - Hendrik Groenewald (Groblersdal) epos: dsgroene@lantic.net
26 Desember - Cliff van Vuren (Dennesig) epos: cliffvv@mweb.co.za
1 Januarie - Eddie le Roux (Witrivier) epos: eddie@ngwitrivier.co.za
2 Januarie - Donnie van der Westhuizen (Past hulp kerksondermure) sel: 082 711 6745
3 Januarie - Pierre Venter (Past hulp Blinkpan en Witbank-Suid) epos: ptventer@telkomsa.net
5 Januarie - Koos Burger (Lux Mundi) epos: kburger@luxmundi.org.za
5 Januarie - Kobus Mey (Nooitgedacht) epos: ngnooit@vodamail.co.za
9 Januarie - Rika van Vuren (Middelburg-Suid) epos: rika@midsuid.co.za
9 Januarie - Nelus Niemandt (Dosent UP) epos: nelus@pixie.co.za
12 Januarie - Marais Hendriksz (Witbank-Suid) epos: adonai.mw@absamail.co.za
Groete tot 2009
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

