Skip to content | Skip to navigation

FAMILIENUUS (131)
2008/11/18
 
Liewe Sinode-familie
 
Hierdie is die voorlaaste uitgawe vir 2008!  Dit is propvol nuus oor veral predikante en gemeentes.
 
GEMEENTES
 
Stuur asseblief ’n kopie van 2009 se almanak.  Kom kyk ook waar julle "familie-foto" van 2008 pryk.
 
Gravelotte (nggrav@absamail.co.za) het Frikkie Olivier beroep.  Hy was vroeër by Hendrina.
 
Hazyview (ngkantoor@mweb.co.za) het Amos Kotze van Kestell beroep.
 
Hendrina (ng-hendrina@itech2000.net) wat twee pastorale hulpe gebruik het, het vir Dolf Germishuys vir die volgende termyn aangestel.  Wickus Jacobs werk nie verder in die gemeente nie.
 
PREDIKANTE
 
Anton Fick (anton@pvr.co.za) van Pierre van Ryneveld het ’n beroep na Constantiakruin in Roodepoort aanvaar.  Sy afskeid is op 23 November.  Ons gaan jou mis!
 
Anton Doyer (awdoyer@lantic.net) van Ohrigstad se emeritaat is op 30 November.  Gelukkig bly hy nog binne ons sinodale gebied.
 
BEDIENINGE
 
Die Sinodale Diensraad herinner gemeentes om die Beeld Kinderfonds te ondersteun.  Baie gemeentes betaal hulle Kersfeeskollekte in die Fonds.  Die opbrengs uit die Fonds kom later na die Christelike Maatskaplike Raad.
 
VERGADERINGE
 
Die Sinodale Diensraad is besig om die uitkoms van die Voetsool sinodesittings te verwerk.  Het julle gelees wat Elsje Büchner gister in Beeld hieroor geskryf nie?
 
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
 
Alle predikante en kerkrade!  Die eerste elf kursusse in die Voortgesette Bedieningsontwikkeling word gedurende 2009 en 2010 onder andere in Nelspruit en Pretoria aangebied.  Lees meer hieroor.  Teken solank die datum aan vir die kursus waarby jy kan baat.
 
ALGEMENE SINODE
 
Die Moderamen van die Algemene Sinode het onlangs vergader.  Lees hier enkele van die besluite.
 
TIW, die Toerustingsburo vir Interkulturele Werkers se volgende kursus vir voornemende sendelinge na die buiteland vind vanaf 23 Januarie tot 1 Februarie 2009 in Potchefstroom plaas.  Meer inligting by tiw@hugenote.co.za
 
Die World Alliance of Reformed Churches het ’n ernstige oproep oor die situasie in Zimbabwe uitgereik.  Lees hier daaroor.
 
Wêreld-VIGSdag is op 1 Desember.  Die Vigsforum van die NG Kerk familie het ’n brosjure saamgestel, wat op aanvraag beskikbaar is.  Dit is ’n groot dokument (797 kb).
 
Die aksie 16 dae optrede met die oog op geen geweld teen vrou en kinders begin op 25 November.  Meer inligting is beskikbaar by http://www.womensnet.org.za/campaign/16-days-activism-against-gender-violence
 
ANDER INLIGTING
 
Lynnwoodrif se Bybelskool bied ’n sistematiese oorsig oor die Bybel binne een jaar.  Lees meer by www.lynnwoodrifbybelskool.co.za
 
VERJAARSDAE
 
Geluk aan almal wat tot 1 Desember verjaar.
 
19 November - Eugen Krüger (Past Hulp - Skuilkrans) telefoonnommer: 012-807-5495
19 November – Julian Müller (Dosent UP) epos: julian.muller@up.ac.za
21 November - Anton Fick (Pierre van Ryneveld) epos: anton@pvr.co.za
22 November - Johan Koen (Burgersfort) epos: koenj@intekom.co.za
25 November - Chris Bester (Ligkruis) epos: christkids@vodamail.co.za
25 November - Wynand de Wet (Witbank) epos: wynand.somi@mweb.co.za
27 November - Willie Pietersen (Tygerpoort (Pretoria)) epos: williepietersen@gmail.com
28 November - Marius Crouse (Goedgegun-Swaziland) epos: goedgegun@posix.co.sz
 
 
  
 
Baie groete
 
 
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
 

Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend