Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS (130)
2008/11/04
Liewe Sinode-familie
 
Vandag hou die Amerikaners verkiesing. Dit is warm in Pretoria en oor die Laeveld is daar die koeligheid wat van die see af kom.
 
GEMEENTES
 
Nelspruit-Suid (ngnelspruitsuid@telkomsa.net) het vir Carel Pienaar van Langenhovenpark in Bloemfontein beroep.
 
Witbank (klipkerk@mweb.co.za) het vir André Kruger van Springs-Oos beroep.
 
PREDIKANTE
 
Wynand de Wet (wynand.somi@mweb.co.za) van Witbank se afskeidspreek is op 8 November.  Hy gaan aan die einde van die jaar na die VSA toe.
 
Piet Meiring (pietmeiring@telkomsa.net) van Skuilkrans was met trombose in die been in die hospitaal.  Dit gaan beter.
 
Sampie Niemand (pierre@mweb.co.za) van Pierre van Ryneveld het ’n skouer operasie ondergaan.  Hy sterk goed aan.
 
Jorrie Potgieter (jorpot@lynnwoodrif.co.za) van Lynnwoodrif is aan die heup geopereer.  Hy is vir ’n maand op die krukkelys.
 
Marius Swart (ngkerk@ifrica.com) van Nelspruit-Westergloed trou Saterdag 8 November met Elbé Meyer.
 
 
VERGADERINGE
 
Die laaste Voetsool sinodesitting vind Saterdag 8 November by Witbank-Suid plaas.  Baie dankie aan almal wat saam kom luister het na die stem van die Here by die geleenthede.
 
Die Sinodale Diensraad vergader op 12 en 13 November om onder andere aan die uitkoms van die vier geleenthede aandag te gee.  Bid asseblief saam hiervoor dat ons kan onderskei wat die Here op die tafel van die kerkverband plaas.
 
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
 
Die Kuratorium het die sperdatum vir aansoek vir die twee kontrakposte aangeskuif tot Vrydag 7 November 2008. Kontak asseblief vir Flip du Toit direk hieroor by ngkerk@postino.up.ac.za
 
ALGEMENE SINODE
 
Bybel-Media stel ’n nuwe publikasie van prof Willie Jonker bekend, naamlik Die relevansie van die kerk, teen R139,95. Kyk gerus by www.bybelmedia.co.za
 
PEN se seekamp vind vanjaar van 5 tot 15 Desember 2008 plaas.  Gemeentes kan help dat kinders uit die middestad ook die eerste keer die see sien.
 
ANDER INLIGTING
 
Moreletapark bied op Saterdag 15 November om 09:00 ’n lofprysingsaand, saam met Louis Britz aan.  Toegang is gratis.  Dit vind by die Woodlands ouditorium plaas.
 
’n Pastorale beradingskursus oor hospitaalpastoraat vind op 22 November 2008 op Potchefstroom plaas.  Prof Wentzel Coetzer bied dit aan.  Meer inligting is hier beskikbaar.
 
VERJAARSDAE
 
Geluk aan almal wat tot 17 November verjaar.
 
5 November - Hendrik Saayman (Moreletapark) epos: hendrik@moreleta.co.za
5 November – Jan van der Watt (Dosent UP en Past Hulp) Pierre van Rynvelveld) epos: jgvdw@ccnet.up.ac.za
13 November - Leon Westhof (Elarduspark) epos: leonwesthof@ngelarduspark.org.za
14 November - Louis Pienaar (Nelspruit-Suid) epos: louis.pienaar@absamail.co.za
14 November – Jurie le Roux (Dosent UP) epos: jleroux@mweb.co.za
15 November - Freddie Schoeman (Lyttelton-Oos) epos: fredschoeman@mweb.co.za
16 November - Gerhard Oberholzer (Doornkloof) epos: gersann@bigpond.com
 
 
Baie groete
 
 
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
 
 

Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend