Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS (129)
2008/10/21

Liewe Sinode-familie

 

In Pretoria het die reën begin val en dit lyk amper asof ons weer die ou staatsdiensreën begin kry.

 

Die eerste Voetsool sinodesitting het op Ermelo plaasgevind.  Nou volg die ander drie kort op mekaar.

 

GEMEENTES

 

Rietkuil (ngkriet@lantic.net) is op 26 Oktober  40 jaar oud.  Geluk met die verjaarsdag!

 

Kampersrus (ngkkampers@cybertrade.co.za) se kerkgebou en pastorie is onder grondeise.  Dink aan hulle asseblief!

 

PREDIKANTE

 

Johan Dill (Johan.Dill@gmail.com) kapelaan gekoppel aan Monumentpark-Wes het ’n drie-dubbele hartomleiding ondergaan.  Hy sterk goed aan.

 

’n Laaste geleentheid om julle lus te maak vir die gesprek oor Teologiese opleiding.  Dit is mos op 28 Oktober vanaf 09:30 tot 15:00 by Willem Prinsloo naby Rayton.  Van die deelnemers aan die program is prof Chris de Beer - vise-rektor, proff Cas Vos, Julian Muller, Etiene de Villiers - dosente, drr Danie Dreyer en Theo Swart.  Die gesprek handel oor die veranderinge aan die teologiese fakulteit en die uitdagings vir die Kerk.  Na die inleidings sal daar geleentheid vir bespreking wees.

 

Laat weet, indien jy nog nie bevestig het dat jy teenwoordig sal wees nie.

 

VERGADERINGE

 

Op 25 Oktober vind die volgende Voetsool sinodesitting by Nelspruit-Suid plaas.  Op 1 November is dit die gemeentes in en om Pretoria se beurt.  Die geleentheid is by Tygerpoort.

 

ALGEMENE SINODE

 

Besoek gerus www.bybelmedia.co.za vir die Jeugfokus katalogus 2009.  ’n Wye verskeidenheid produkte vir junior en senior kategese, kleuter- en kinderkerk en jeugbyeenkomste is beskikbaar.

 

ANDER INLIGTING

 

Stief maar lief - 'n Seminaar vir hersaamgestelde gesinne op 25 Oktober by Moreletapark.  Besprekings noodsaaklik:  Helena 012 997 8037.

 

Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk bied saam met Radiokansel ’n lofprysingsaand op 24 Oktober om 19:00 aan.  Die tema is Mens (Man) wees met Johann Els, Roland Gaspar en Francois Botha.  Bel 012 662 1708 vir kaartjies.

 

VERJAARSDAE

Geluk aan julle wat saam met die Sinode (2 November) verjaar:

 

21 Oktober - Hendrik van Wyk (Witbank-Suid) e-pos:  hpjvw@mweb.co.za   

26 Oktober - Emile Rademeyer (Doornkloof) e-pos:  emile.rademeyer@ngdoornkloof.org.za   

26 Oktober - Bennie Wolvaardt (Pretoria-Oosterlig) e-pos:  bennie@veritascollege.com   

27 Oktober - Jaco Strauss (Nelspruit) e-pos: pastorie@vodamail.co.za

28 Oktober - Otto van Heerden (Phalaborwa) e-pos:  ottovanheerden@absamail.co.za   

29 Oktober - Fred Louw (Tygerpoort (Pretoria)) e-pos:  flouw@ngtyger.com   

29 Oktober - Peet Grobbelaar (Moreletapark) e-pos:  peet.grobbelaar@moreleta.co.za   

1 November - Piet Otto (Ligkruis) e-pos:  pietotto@lantic.net   

2 November - Oostelike Sinode (uitamp@sinoos.co.za)

 

Groete tot 4 November 2008.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

Begin

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend