Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS (109)
2007/12/04
4 Desember 2007

Liewe Sinode-familie

Hiermee die laaste uitgawe van Familienuus vir 2007. Die volgende uitgawe verskyn DV op 15 Januarie 2008.

Mag die feestyd vir elk 'n tyd van 'n nuwe belewenis van die Vader se liefde in Jesus Christus wees. Mag die nuwe jaar telkens nuut gemaak word deur die werk van die Heilige Gees. Let ook op die Kersfeesbrief van die Moderatuur van die Algemene Sinode (heel onder).

GEMEENTES

Sabie (exalto@mweb.co.za) word op 7 Januarie 2008 vyf-en-sewentigjaar. Geluk met die mylpaal!

Nelspruit (admin@ngknelspruit.co.za) verjaar ook op 7 Januarie 2008. Dan is hulle sewentigjaar oud. Geluk ook aan julle!

Moreletapark (info@moreleta.co.za) het vir proponent Dolf Kruger beroep. Hy het as bestuurder by die gemeente gewerk en toe 'n colloquium doctum gedoen. Hy is op 2 Desember 2007 as predikant bevestig. Ons is saam met julle bly dat die sirkel voltooi is.

By Nelspruit (admin@ngknelspruit.co.za) het baie gebeur. Johan le Grange se diens word op 31 Desember 2007 beeïndig. Dit is na aanleiding van Artikel 64.5.4.1. Intussen het hulle twee predikante beroep. Hulle is Jaco (JF) Strauss van Sesmylspruit en Stephan (SJ) van Greunen van Wierdapark. Sterkte met al die omwentelinge!

Silvertonkruin (silvertonkruin@absamail.co.za) het vir proponent Van Wyk de Vries beroep. Hy word op 9 Desember 2007 bevestig. Ons dink aan julle!

PREDIKANTE

Dit is byna die einde van die jaar, maar daar is nog nie rus vir die predikante nie.

Lieneke Louw (lienekelouw@gmail.com) van Pretoria-Garsfontein trou op 8 Desember 2007. Baie Geluk!

Manie Strydom (maniestrydom@intekom.co.za) van Lydenburg-Suid het 'n beroep na Kuilsrivier aanvaar. Hy neem op 6 Januarie 2008 afskeid.

André van Niekerk (andre@skuilkrans.co.za) van Skuilkrans is na Waterkloof beroep. Sterkte met die besluit.

BEDIENINGE

Ondersteuningsdiens

Die volgende betaling van Sinodale bydraes geskied op 15 Januarie 2008. Op 4 Januarie word aangepaste skedules gestuur. Die projekte wat nie plaasgevind het nie, veroorsaak dat gemeentes minder bydra as wat voorsien is.

'n Verteenwoordiger van die Sinode by KAN word benodig. KAN is Kerklike Aksie Noodhulp wat die VGKSA help met Barmhartigheidswerk. Indien iemand belangstel, kan julle antwoord op die epos.

ALGEMENE SINODE

Die Seisoen van Luister se Taakspan gee inligting oor gebeure vir 2008. Lees daaroor by http://sinoos.co.za/uploads/seisoenluister.doc

Die Christelike Lektuurfonds gee inligting oor 2008 se Week van Gebed. Lees daaroor by http://sinoos.co.za/uploads/weekvgebed.doc

Geestelike onderskeidings in Vergaderings. Dit is die tema van die werkswinkels wat gehou word oor die boek, wat Frederick Marais vir die Luisterseisoen geskryf het. Die werkswinkel naby ons gebied is op 26 tot 28 Februarie 2008 by Achterbergh. Die koste is R550,00. Meer inligting by http://sinoos.co.za/uploads/werkswinkel.doc

ADVERTENSIES

'n Uitnodiging om by die Universiteit van die Vrystaat teologie te studeer. Lees by http://sinoos.co.za/uploads/kovsies.doc

VERJAARSDAE

Geluk aan elkeen wat gedurende die vakansie verjaar. (Dit is meer as 'n twaalfde van die jaar se datums wat ter sprake is.)
4 Desember - Izak Kloppers (Witbank-Klipfontein) e-pos: IUM@telkomsa.net
6 Desember - Elmo Pienaar (Pierre van Ryneveld) e-pos: elmo@pvr.co.za
7 Desember - Gideon du Toit (Lyttelton-Noord) e-pos: dutoit@cybersmart.co.za
8 Desember - Pieter Poley (Paardekop) e-pos: pieterpoley@telkomsa.net
9 Desember - Leon du Toit (Embuleni VGKSA) e-pos: leon@lando.co.za
10 Desember - Jan Momsen (Witbank) e-pos: janmomsen@mweb.co.za
12 Desember - Johann Fourie (Pretoria-Faerie Glen) e-pos: bederf@ngfaerieglen.org.za
15 Desember - Riaan Pienaar (kerksondermure) e-pos: riaan@ksm.co.za
15 Desember - Elsje Büchner (Lux Mundi) e-pos: ebuchner@luxmundi.org.za
18 Desember - Willem Esterhuizen (Witbank-Panorama) e-pos: wester@vodamail.co.za
21 Desember - Johannes van der Merwe (Alkmaar) e-pos: cj@alkmaar.co.za
22 Desember - Hancke van Blerk (Piet Retief) e-pos: reikop@telkomsa.net
25 Desember - Hendrik Groenewald (Groblersdal) e-pos: ds groene@lantic.net
26 Desember - Cliff van Vuren (Dennesig) e-pos: crvv@mweb.co.za
1 Januaire - Eddie le Roux (Witrivier) e-pos: eddie@ngwitrivier.co.za
2 Januaire - Donnie van der Westhuizen (Past hulp) (kerksondermure) sel: 082 711 6745
3 Januarie - Pierre Venter (Past hulp) (Witbank-Suid en ook Blinkpan) e-pos: ptventer@telkomsa.net
5 Januarie - Koos Burger (Lux Mundi) e-pos: kburger@luxmundi.org.za
5 Januarie - Kobus Mey (Nooitgedacht) e-pos: ngnooit@vodamail.co.za
9 Januarie - Rika van Vuren (Middelburg-Suid) e-pos: rika@midsuid.co.za
9 Januarie - Nelus Niemandt (Dosent UP) e-pos nelus@pixie.co.za
12 Januarie - Marais Hendriksz (Witbank-Suid) e-pos: adonai.mw@absamail.co.za
13 Januarie - Dif Ehlers (Debruinpark-Ermelo) e-pos: dif@triofin.co.za
14 Januarie - Jan Venter (Pierre van Ryneveld) e-pos: jan@pvr.co.za
Groete tot 15 Januarie 2008 (wat skrikkeljaar is.)
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar

KERSWENSE VAN DIE MODERATUUR VAN DIE ALGEMENE SINODE

AAN DIE GEMEENTES VAN DIE NED GEREF KERK

Dit mag wees dat u hierdie Kerswense beskou as 'n plig wat net op goeie kerklike maniere dui: 'n gebaar sonder veel inhoud en uit gewoonte. Vir ons as Moderatuur is daar egter baie goeie redes om hartlike en opregte Kerswense aan u te stuur - van gelowiges aan gelowiges.

Kersfees is die fees van Christus, die Seun van God wat ter wille van ons mens geword het, gesterwe het en uit die dood opgestaan het - Hy en die Heilige Gees deur wie die Vader die geloof in ons verwek het.

Paulus verklaar in 2 Korintiërs 3 dat gelowiges "van God" is. As kerk lê ons identiteit dus eerstens daarin dat ons "van God" is. God se genade maak van ons - met ons twyfel, vrese, ongehoorsaamheid en skandes - sy gebou of tempel. Dit is teen hierdie agtergrond dat ons u graag toeroep: "Geseënde Kersfees!"

Ons kan ook nie anders as om in die Kersseisoen spesiaal te dink aan die talle lidmate wat deur die jaar slagoffers was van ons samelewing wat roep om Christus nie. Ons gedagtes is by hulle wat deur geweld, misdaad, siekte, armoede, ouderdom swaar gekry het. As Kersfees vir ons 'n ware Christusfees is, moet ons roeping om nóú en op hierdie plek gelowiges en kerk te wees, in ons harte weerklink en moet ons dit uitleef.

Mag ons as Ned Geref Kerk ook in ons doen en late toon dat ons "van God" is. Mag dit ook hierdie Kersfees in ons almal – waar ons ookal mag wees – sigbaar wees.

Die Here help ons en Hy is oral deur sy Gees!

Prof Piet Strauss
Namens die Moderatuur
Algemene Sinode
NG Kerk


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend