Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIEBRIEF 2011/16
2011/11/25

23 November 2011

 
   
 


GEMEENTES VAN DIE OOSTELIKE SINODE

 

Liewe broer / suster

 

BELHAR SOWEL AS KERKHERENIGING

 

Die afgelope sitting van die Algemene Sinode het besluite oor sowel Belhar as Kerkhereniging geneem.  Die belangrikste hiervan is seker dat elke gemeente hulle oor beide sake gaan uitspreek.  Daar is ook 'n reglement goedgekeur om te verseker dat elke lidmaat inspraak kan lewer.  Die ter sake gedeeltes van hierdie reglement word aangeheg.

 

Die Dagbestuur van die Sinodale Diensraad het besluit om gemeentes te vra om rustig te wag op riglyne van die Sinode.

 

Ons wil elke gemeente graag die geleentheid bied om self 'n ingeligte besluit te neem.  Verder wil ons ook graag sinkroniseer met die res van die NG Kerk, sodat hierdie proses gelyktydig aangepak en afgehandel kan word.  Ons wil ook die Moderamen van die Algemene Sinode die geleentheid bied om die beloofde inligting oor die besluite self, die agtergrond en die toekomstige implikasies uit te spel.

 

Die Sinodale Diensraad het besef dat die proses nie voor ons sinodesitting gedurende Maart 2012 afgehandel kan word nie.  In die lig van die betrokke reglement kan die Sinode nie 'n eie besluit neem, voordat die gemeentes hulle uitgespreek het nie.

 

Tydens die sinodesitting sal ons die geleentheid gebruik om afgevaardigdes in te lig oor die proses(se) wat voorlê.

 

Ons voorsien dat die vraag oor die Belydenis van Belhar en die vraag na 'n nuwe Kerkverband waarskynlik afsonderlik hanteer sal word.

 

Ons lig julle egter in wanneer ons meer hieroor te wete kom.

 

 

Baie groete


 

DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend