Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2010/6
2010/03/24
24 Maart 2010
GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe broer en suster
IMKOMSTEBELASTING AANGELEENTHEDE VIR 2010/2011
Persoonlike belasting – die tabelle soos vanaf 1 Maart 2010 is op die SAID se webwerf beskikbaar.
Vaste reistoelae – vanaf 1 Maart 2010 is 80% van die toelae belasbaar.
Medies – vanaf 1 Maart 2010 is die toelaatbare aftrekking vir bydraes tot 'n mediese fonds R670,00 vir elk van die eerste twee begunstigdes en R410,00 vir elke begunstigde daarna.
Eis van reiskoste vir besigheidsdoeleindes – reiskoste vir besigheidsdoeleindes kan slegs per ritboek geëis word. Die byhou van 'n ritboek is 'n vereiste, want daarin moet kilometers/koste vir privaat sowel as besigheid aangeteken word.
Aangeheg (hieronder) die SAID se voorskrifte insake reiskoste, 'n voorbeeld van die ritboek asook Huisvesting en die belasting implikasie.
Reiskoste vir bywoning van vergaderings – wanneer reiskoste vir die bywoon van vergaderings vergoed word, word sodanige ritte in die ritboek as privaat aangeteken. By uitbetaling van die vergoeding word belasting nie afgetrek nie en dit word ook nie aan die SAID verklaar nie. Indien dit as besigheid aangetoon word, moet belasting daarvoor verhaal word. Hierdie is slegs van toepassing waar die vergoeding nie deur die begunstigde se werkgewer vergoed word nie.
Gratis huisvesting – die bedrag as korting toegelaat is R57,000 vanaf 1 Maart 2010.
Die belasbare gedeelte van die vaste reistoelae word nog steeds uitgesluit by die berekening van belasbare vergoeding.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
INLEIDING
BEREKENING VAN DIE AFTREKKING TEN OPSIGTE VAN REISKOSTE INDIEN JY REISTOELAE ONTVANG
Die belastingstelsel laat belastingbetalers toe om 'n aftrekking te eis vir die gebruik van hulle privaat voertuie vir besigheidsritte, indien hulle wel reistoelae ontvang. Dit is belangrik om daarop te let dat ritte tussen die huis en die werkplek nie geëis kan word nie; dit word as privaatritte beskou.
Om hierdie aftrekking te eis, is die eerste handeling wat uitgevoer moet word, dat die voertuig se kilometer lesing jaarliks op 1 Maart geneem word – die eerste dag van die belastingjaar vir indiwidue. Dit moet weer op die laaste dag van Februarie van die volgende jaar geneem word – die laaste dag van die belastingjaar vir indiwidue. Die verskil tussen hierdie beginlesing en eindlesing is die totale kilometers wat jy gedurende die jaar gereis het.
Sonder hierdie kilometerlesings, kan jy nie 'n belastingaftrekking eis nie!
Die eerste stap is dus om die totale aantal kilometers te bepaal wat jy gereis het. Hierna moet bepaal word hoeveel kilometers was vir besigheid gebruik en hoeveel kilometers was privaatritte.
Vanaf 2010 is dit verpligtend om 'n ritboek te voltooi, waarin die ritte vir besigheid en privaat doeleindes noukeurig aangeteken word. Sonder die ritboek, sal jy nie 'n aftrekking vir reiskoste kan eis nie.
Met bogenoemde inligting kan jy nou die bedrag van die belastingaftrekking bereken.
'n Belastingbetaler het 'n keuse uit twee opsies:
1. Bereken die bedrag aan die hand van die tabel hieronder voorsien. Dit is 'n tabel waarin vaste kostes aan die hand van die voertuig se waarde bereken word. SAID voorsien hierdie inligting jaarliks. Die tabel hieronder geld vir die belastingjaar 1 Maart 2010 tot 28 Februarie 2011.
Vir hierdie wyse van berekening hoef jy nie noukeurig boek te hou van al jou uitgawes nie. Gebruik slegs die kostefaktore volgens die waarde van jou voertuig.
2. Dit is andersinds moontlik om die aftrekking te bereken volgens die werklike koste wat jy aangegaan het. Hiervoor moet jy gedurende die jaar noukeurig boekhou van al jou uitgawes – insluitend brandstof, onderhoud, bruikhuur en versekeringskoste.
Onthou dat jy jou ritboek moet bewaar vir ten minste vyf jaar, omdat SAID enige tyd kan vra dat jy dit moet indien om die aftrekking te bewys.
SAID behou die reg voor om die inhoud en inligting wat 'n belastingbetaler in enige ritboek aangebring het, ten enige tyd te oudit en te bevraagteken.
VASTE KOSTE TABEL 1 MAART 2010 TOT 28 FEBRUARIE 2011
Die volgende vaste kostes tabel kan gebruik word om 'n aftrekking vir besigheids kilometers te bereken, indien nie boek gehou is van al die uitgawes aangegaan nie.
| Waarde van voertuig (BTW ingesluit (R) | Vaste koste (R per jaar) | Brandstof koste (sent per km) | Instandhoudingskoste (sent per km) |
| 0 - 40 000 | 14 672 | 58.6 | 21.7 |
| 40 001 – 80 000 | 29 106 | 58.6 | 21.7 |
| 80 001 – 120 000 | 39 928 | 62.5 | 24.2 |
| 120 001 – 160 000 | 50 749 | 68.6 | 28.0 |
| 160 001 – 200 000 | 63 424 | 68.8 | 41.1 |
| 200 001 – 240 000 | 76 041 | 81.5 | 46.4 |
| 240 001 – 280 000 | 86 211 | 81.5 | 46.4 |
| 280 001 – 320 000 | 96 260 | 85.7 | 49.4 |
| 320 001 – 360 000 | 106 367 | 94.6 | 56.2 |
| 360 001 – 400 000 | 116 012 | 110.3 | 75.2 |
| Oorskryding 400 000 | 116 012 | 110.3 | 75.2 |
Let wel:
· Hierdie vaste koste moet op 'n pro-rata wyse verminder word, indien die voertuig vir besigheidsdoeleindes vir minder as 'n volle jaar gebruik is.
· 80% van die reistoelawe moet in die werknemer se vergoeding ingesluit wees om die belasting (LBS – "PAYE") te bereken.
'n Alternatief:
· Indien minder as 8 000 kilometers per jaar vir besigheidsdoeleindes gereis word, is daar nie belasting betaalbaar op die reistoelae wat die werkgewer vir die werknemer betaal nie. Die perk is egter 292 sent per kilometer vir die werklike besigheidsritte afgelê – ongeag die waarde van die voertuig.
· Hierdie alternatief is nie beskikbaar indien enige ander kompensasie deur die werkgewer aan die werknemer betaal is nie.
Nota:
Die waardes in die Vaste Koste Tabel word gereëld aangepas. Die waardes hierbo is die waardes vir 2010/2011 se belastingjaar, naamlik van 1 Maart 2010 tot 28 Februarie 2011.
Die waardes van die ander belastingjare is beskikbaar by die SAID kantore of skakel die SAID inbelsentrum 0800 00 SARS (7277) of besoek die webwerf www.sars.gov.za.
HUISVESTING EN DIE BELASTING IMPLIKASIE
SAID se Riglyne vir Werknemersbelasting is baie duidelik oor die aspek, verwys na "Byvoordele – Huisvesting."
Let daarop dat die riglyne verwys na "Besoldiging" soos vasgestel vir werknemersbelastingdoeleindes. REISTOELAE WORD UITGESLUIT.
Die inligting hieronder word verskaf vir die vorige belastingjaar. Indien die persoon nie die vorige belastingjaar by die werkgewer in diens was nie, word sy huidige besonderhede gebruik en vir 12 maande bereken.
NAAM: | JAN VORENTOE | 1 Maart 2010 tot 28 Februarie 2011 | ||
|
|
|
|
|
|
|
|
| Belastingjaar 2009/10 se besonderhede | ||
|
|
|
|
|
|
|
| Item | Maandeliks | Aantal | Jaarliks |
|
|
|
| maande |
|
|
|
|
|
|
|
| 1. | Traktement | 12,670.00 | 12 | 152,040.00 |
|
|
|
|
|
|
| 2. | Bonus |
|
| 16,670.00 |
|
|
|
|
|
|
| 3. | Groepversekering | 241.43 | 12 | 2,897.16 |
|
| (Werkgewer gedeelte) |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| 4. | Medies - Nota 1 | 866.00 | 12 | 10,392.00 |
|
|
|
|
|
|
| 5. | Tuintoelae | - |
| - |
|
|
|
|
|
|
| 6. | Ander toelaes (Diverse) | - |
| - |
|
|
|
|
|
|
| 7. | Totaal |
| (A) | 181,999.16 |
|
|
|
|
|
|
| 8. | MIN: Korting toegelaat | NB - jongste | (B) | -57,000.00 |
|
|
|
|
|
|
| 9. | Belasbare voordeel |
| (A - B) | 124,999.16 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| 10. | Berekening: |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| (A - B) | 124,999.16 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| © | 18/100 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| (D) | 1/12 |
| 1,874.99 |
|
|
|
|
|
|
| 11. | MIN: Huur deur werknemer betaal per maand |
| - | |
|
|
|
|
|
|
| 12. | Belasbare bedrag wat maandeliks in |
|
| |
|
| berekening gebring word |
|
| 1,874.99 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Nota 1 : Die bedrag wat hier vermeld word, is die bedrag wat | |||
|
| belasbaar is. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

