Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2010/2
2010/01/04
4 Januarie 2010
GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe broer en suster
KOMMUNIKASIE TUSSEN GEMEENTES
Die Sinodale Diensraad wens elke gemeente 'n vreugdevolle 2010 toe. Mag die genade van die Here in alles genoeg wees. Hou vas aan Sy beloftes van oorvloed.
AKTUELE SAKE
Die Sinodale Diensraad nooi gemeentes om aktuele sake aan die Sinode huis deur te stuur. Dit word in die Posbus van die Sinode geplaas en daar word geoordeel in watter mate die Sinode hierdie sake moet hanteer.
PROJEKTE VAN GEMEENTES
Die Diensgroep vir Daadgetuienis het veral versoek dat projekte wat gemeentes bedryf wyer bekend gestel word. Stuur asseblief besonderhede van julle projekte aan die Sinode huis – dan vertel ons almal daarvan.
Mag 2010 vol van goeie nuus wees.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

