Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2010/14
2010/11/18
19 November 2010
GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE
VOORGESTELDE VERGOEDINGSPAKKET VIR LERAARS VIR DIE BOEKJAAR VANAF 1 MAART 2011 TOT 28 FEBRUARIE 2012
Hierby aangeheg is die brief van die Algemene Sinode se Taakspan Fondse, wat die aanbevelings in verband met die vergoedingspakkette vir die nuwe jaar bevat.
Soos die Sinode besluit het, word hierdie inligting direk aan gemeentes voorsien. Dit dien as die riglyne, waarbinne oor die nuwe jaar se pakkette onderhandel word.
Op ons webblad
http://www.sinoos.co.za/bedieninge/item/personeelaangeleenthede word hierdie inligting ook beskikbaar gestel.
Ons Sinode se riglyn oor "Behuisingsvoordele" is ook hier op die webblad beskikbaar. Let asseblief daarop dat dit riglyne is wat volgens plaaslike omstandighede aangepas word.
Die werkgewerbydrae vir die Predikante Pensioenfonds word later deur die Pensioenfonds self aan gemeentes gestuur. Hulle voorsien ook die inligting in verband met groep-/gade en VAL versekering.
Sodra die Pensioenfonds se omsendskrywe beskikbaar is, word dit ook hier op die webblad geplaas.
SPIRITUALITEITSKONFERENSIE
Let asseblief ook op die inligting in verband met die konferensie.
Baie groete
HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMTPENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

