Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2009/9
2009/03/27
27 Maart 2009
GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe broer en suster
SINODALE BYDRAES - ALGEMEEN
Ten einde vrae oor sinodale bydraes te kan beantwoord en die aanwending daarvan deursigtig te maak, is 'n inligtingstuk op die webblad van die Sinode geplaas. Gaan na http://www.sinoos.co.za/bedieninge/item/sinodale_bydraes4 .
SINODALE BYDRAES 2009/2010
Baie dankie vir die getroue samewerking om jaarliks die sinodale bydraes te betaal. Vanjaar is reeds die sewende jaar na mekaar dat ons kon berig dat al die gemeentes betyds hulle verpligting nagekom het.
Die eerste betaling vir 2009/2010 geskied op 15 APRIL 2009. 'n Skedule wat die gemeente se bydrae aandui, is beskikbaar by Neels van Tonder, epos finans@sinoos.co.za.
Die sinodale bydraes word steeds in die middel van die kwartaal betaal. Die datums is:
15 April 2009 vir Maart, April en Mei
15 Julie 2009 vir Junie, Julie en Augustus
15 Oktober 2009 vir September, Oktober en November
15 Januarie 2010 vir Desember, Januarie en Februarie
Die eerste twee betalings is voorlopige betalings en is bereken volgens die vorige jaar se sinodale bydrae. Sodra die finansiële state ontvang en verwerk is, word die persentasie vir 2009/2010 vasgestel en die verskil met die laaste twee betalings aangesuiwer.
Gemeentes wat maandeliks betaal, gebruik ook die inligting in die aangehegte skedule en doen drie gelyke betalings oor die drie maande van die kwartaal.
Gemeentes wat slegs R200,00 vir die hele jaar betaal, doen die totale betaling op 15 April 2009.
Betalings word steeds direk in die Sinode se bankrekening gedoen. Die besonderhede is soos volg:
Naam: NG Kerk Oostelike Sinode, Rekeningnommer: 1420-146-562, Absa Bank, Lynnwoodrif - takkode 632005.
Faks asseblief die inbetaalstrokie of 'n bevestiging na faksnommer (012) 804 9462 of e-pos na finans@sinoos.co.za of boekhou@sinoos.co.za.
Sterkte met die werksaamhede van die tweede kwartaal van die skooljaar. Dit is mos Pinkstertyd en daarna die predikantekonferensie.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

