Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIEBRIEF 2009/5
2009/01/30

GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE

 

OPLEIDING VAN PERSONEEL GEMOEID MET FINANSIES

Dit is van tyd-tot-tyd nodig dat ons met mekaar oor sekere sake rondom finansies praat.  Daar was einde 2004 opleidingsessies hieroor deur die sinodale gebied gehou.  Ons is bereid om weer soortgelyke geleenthede te reël, indien daar 'n behoefte is.

 

Ons heg 'n skedule hieronder aan, wat die sake aandui wat tydens die sessies hanteer kan word.

 

Ten einde ons behulpsaam te wees om die opleiding effektief en op julle behoeftes afgestem te doen, sal ons dit waardeer indien julle die vraelys voltooi en asseblief voor 20 Februarie 2009 aan ons terug besorg.  Voltooi die vraelys slegs as jy deel van die opleiding wil wees.

 

Julle sal uit die skedule aflei dat die opleiding hoofsaaklik op 'n vlak van toeligting/verslag oor die gemeente se finansies handel en nie oor die dag-tot-dag take op kantoor nie.

 

Dit word in die vooruitsig gestel dat die opleiding oor een dag sal strek en die opleiding op 'n paar plekke in die sinodale gebied gehou sal word.

 

Die enigste koste vir die gemeente sal die reiskoste van die personeel en 'n bydrae vir verversings wees.

 

Ons vertrou dat hierdie bydrae wat die Sinode in belang van gemeentes en personeel wil maak, positief deur julle ervaar sal word.

 

Vriendelike groete

 

DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR


 

SAKE WAT TYDENS OPLEIDING HANTEER WORD

 

 

1.      Ander fondsrekeninge – spesiale insamelingsprojekte

 

2.      Bedryfsbates/-laste

 

3.      Bedryfsinkomste en –uitgawerekening

 

4.      Begrotingsbeheer/-kontrole

 

5.      Berekening van verskillende betalings – verlof/rasionalisasie

 

6.      Debiteure

 

7.      Eiendom en Toerusting

 

8.      Finansiële state

 

9.      Gemeentefonds

 

10.    Kapitaalfonds

 

11.    Kapitaalrekeninge (ook genoem Balansstaatrekeninge)

 

12.    Kontantvloei

 

13.    Krediteure

 

14.    Premies en inligting – pensioen/medies/wvf/ongevalleversekering

 

15.    Salarisverwerking

 

16.    Sinodale bydrae

 

17.    Voorsienings – byvoorbeeld verlof/toerustingvervanging

 

18.    Familiebrief en Familienuus

 

19.    Webblad van die Sinode


 

VRAELYS VIR OPLEIDING VAN PERSONEEL

 GEMOEID MET FINANSIES

 

1.      Naam van gemeente ______________________________

 

2.      Hoeveel personeel stel belang in die opleiding ___________

 

3.      Voeg sake by wat nie in die skedule genoem is nie en waaroor jy graag opleiding wil hê.

           _____________________________________________________

           _____________________________________________________

          _____________________________________________________

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend