Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2009/4
2009/01/29
GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe broer en suster
INLIGTING VAN GEMEENTES GEVRA
Die Sinode se beleid is steeds om net die nodige inligting van gemeentes te bekom. Vanjaar word weer die volgende gevra (soos in die stukke aangeheg):
Opgawe van basiese inligting.
Finansiële state.
OPGAWE VAN BASIESE INLIGTING
Hierdie statistiek word steeds versamel om tendens te kan bepaal. Die vraelys is elektronies beskikbaar by http://www.sinoos.co.za/uploads/nuus/BASINLIG2009.doc
Voltooi asseblief die inligting en stuur dit aan ons voor 30 April 2009.
FINANSIËLE STATE 2008/2009
Hierdie state toon die gemeente se situasie soos aan die einde van die boekjaar op 28 Februarie 2009. Let asseblief op die volgende:
· Gebruik asseblief die state soos aangeheg. Die formaat verskil op 'n paar plekke van die vorige jaar.
· Sodra die state voltooi is, word een kopie na die Sinode huis gestuur. 'n Ander kopie gaan na die skriba van die ringsdiensraad.
· Die laaste datum waarop die state by die Sinode huis moet wees is 17 Junie 2009.
· Gee asseblief 'n afskrif van die brief en die praktiese aanwysings aan julle ouditeur.
Hierdie state is in Excelformaat opgestel en is elektronies beskikbaar. Vra dit per e-pos aan by aanbid@sinoos.co.za of laai dit van die webblad af by:
State sonder formules:
http://sinoos.co.za/uploads/osd/finstate09sonderformules.xls
State met formules:
http://sinoos.co.za/uploads/osd/finstate09metformules.xls
· Let asseblief op die praktiese aanwysings.
Baie dankie dat die gemeentes hierdie inligting getrou in die verlede aan ons besorg het.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

