Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2009/3
2009/01/22
Beste Dominee / Jeugwerker
WERKSWINKEL VIR JEUGPREDIKANTE / JEUGWERKERS
'n Werkswinkel vir Jeugpredikante / Jeugwerkers vind plaas by Badplaas.
Datum : Maandag 23 Februarie tot Woensdag 25 Februarie 2009
Tema: : Bewegings in Leierskap en in die Kerk van ons dag
Spreker : Dries Lombaard van E-kerk
Verblyf word gereël by die NG Gemeente Badplaas. Neem asseblief net jou eie kussing, beddegoed en handdoeke saam. Natuurlik is Christene altyd gerat met die Bybel in enige vorm en iets waarmee jy kan skryf. Verversings / etes sal voorsien word. Jy is verantwoordelik vir jou reiskoste. Tref asseblief jou reis reëlings so, dat ons Maandag stiptelik om 14:00 kan begin. Ons beplan om Woensdag om 13:00 af te sluit. Laat weet asseblief vir Tersia by die Sinode huis teen Vrydag 13 Februarie 2009 of jy hierdie geleentheid sal kan bywoon. Jy kan ook by haar navraag doen oor saamry geleenthede.
Ons wil julle baie graag daar sien!
Vriendelike groete vanaf die Diensgroep vir die Jeug.
KOÖRDINEERDER
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

