Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIEBRIEF 2009/23
2009/11/16

16 November 2009

 

GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE

 

Liewe broer en suster

 

VOORGESTELDE VERGOEDINGSPAKKET VIR LERAARS VIR DIE BOEKJAAR VANAF 1 MAART 2010 TOT 28 FEBRUARIE 2011

Hierby aangeheg is die brief van die Algemene Sinode se Taakspan Fondse, wat die aanbevelings in verband met die vergoedingspakkette vir die nuwe jaar bevat.

Soos die Sinode besluit het, word hierdie inligting direk aan gemeentes voorsien.  Dit dien as die riglyne, waarbinne oor die nuwe jaar se pakkette onderhandel word.  Ons vertrou dat dit steeds vir die kerkraad moontlik is om die leraar(s) binne die riglyne waaroor onderling ooreengekom word, te vergoed.

Op ons webblad word hierdie inligting ook beskikbaar gestel.

Ons Sinode se riglyn oor "Behuisingsvoordele" is ook op die webblad beskikbaar.

Die werkgewerbydrae vir die Predikante Pensioenfonds word later deur die Pensioenfonds self aan gemeentes gestuur. Hulle voorsien ook die inligting in verband met groep-/gade en VAL versekering. 

Sodra die Pensioenfonds se omsendskrywe beskikbaar is, word dit op die webblad geplaas.

 

Baie groete


DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend