Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2009/19
2009/09/09
GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe broer en suster
GEMEENTEBEPLANNING
Gemeentes is tans besig om aan hulle beplanning vir die nuwe jaar aandag te gee. Ons herinner graag aan die tema wat die Sinodale Diensraad na aanleiding van die Voetsool sinodesittings geformuleer het, naamlik Lewens wat van God vertel.
Die subtemas is mos – 'n Lewe met God in die middelpunt, 'n Christelike Lewenstyl en Daadgetuienis.
Hierdie tema met drie fokusse is mos geformuleer na aanleiding van 'n breë konsultasie in die sinodale gebied. Die vier Voetsool sinodesittings was 'n belangrike onderdeel hiervan. Daar is telkens gevra wat die sake is wat die Here op die Kerk se agenda plaas.
Na aanleiding van die temas word die komende sinodesitting ingerig. Die Diensgroepe werk ook om hulpmiddele vir die gemeentes te voorsien.
Gemeentes word gevra om te bepaal of hierdie sake ook in die hart van die lidmate leef en in watter mate hierdie temas in die gemeente se beplanning aandag behoort te geniet.
Die sake wat onder elk van die fokusse hanteer word, is soos volg:
God in die middelpunt – God as eerste Liefde; lewende verhouding met God; geestelike verdieping; gebed; navolgers van Christus te wees; onderskeiding van God se stem.
Chrsitelike lewenstyl – Kweek 'n Christelike lewenstyl; program vir morele herstel; 'n heilige lewe; 'n lewenstyl vanuit God se Woord.
Daadgetuienis – Diens in die wêreld; mobiliseer lidmate tot diens en betrokkenheid; uitreik na ander; getuienis; uitreik en verkondig; hulp in die samelewing; barmhartigheid.
Ons hoop hierdie kan vir julle tot nut wees.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

