Skip to content | Skip to navigation

FAMILIEBRIEF 2009/18
2009/08/07

Liewe Sinode-familie

 

SAKE TOT HULP VAN GEMEENTES

 

VIR DIE VOORSITTER VAN DIE KERKRAAD

Hiermee is 'n brief in verband met die voortgesette bedieningsontwikkeling vir julle leraar/s.  Neem dit asseblief ernstig op.

 

VIR DIE KERKKANTOORPERSONEEL

Soos in die vooruitsig gestel tydens die onlangse opleiding van die finansiële personeel van gemeentes, is die aanbieding op die webblad geplaas.  Julle kan meer lees by

http://www.sinoos.co.za/bedieninge/item/opleiding_finansiele_beamptes

 

Die versoek wat gerig was in verband met die intrek van inligting in die finansiële state uit die boekhoustelsel blyk nie uitvoerbaar te wees nie.  Die strukturering van rekeninge verskil van gemeente tot gemeente en standaardisering is nie moontlik nie.

 

VIR DIE JONGMENSE

Inligting is ingesluit oor die CRUX AVONTUURKAMP wat vanaf 26 September tot 1 Oktober gehou word.  Tref gou reëlings, want die aantal kampeerders is beperk.

 

Baie groete

 

DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend