Skip to content | Skip to navigation

FAMILIEBRIEF 2009/15
2009/06/29

Liewe broer / suster

 

SINODALE DIENSRAAD

 

Die onlangse vergadering van die Sinodale Diensraad het geoordeel om die volgende onder die aandag van gemeentes te bring.

 

1.         BETALING VAN SINODALE BYDRAES

            Ondersteuningsdiens het berig dat al die gemeentes hulle sinodale bydraes vir 2008/2009 getrou en stiptelik bygedra het.  Dit is reeds die sewende jaar wat dit gebeur.  Ons bedank elke gemeente vir hierdie lojale gesindheid.  Dit is lekker om deel van die Sinode-familie te wees.

 

2.         MATERIAAL TE GEBRUIK

            Die Sinodale Diensraad stel die volgende hulpmiddel vir gemeentes beskikbaar:

            Die Prioriteitsaak Christelike Lewenstyl beoog om tydens die sinodesitting 'n pakket beskikbaar te stel.  Die pakket wat beoog word, is materiaal vir ses weke.  Preeksketse, riglyne vir groepe en die jeug word saamgestel.  Elke gemeente kan dit gebruik soos dit in hulle program inpas.

             Die Sinodale Diensraad oordeel dat die saak van 'n Christelike Lewenstyl die integriteit van die Kerk bepaal en dat predikante en die leiers in gemeentes hierin die voortou moet neem.

            Gemeentes word aangemoedig om die pakket vir hulle beplanning in ag te neem.  Dit word tydens die sinodesitting beskikbaar gestel.

 

Baie groete


DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend