Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2009/12
2009/05/08
GEMEENTES VAN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe Sinode-familie
SINODESITTING 2009
Julle het reeds kennis geneem dat ons sinodesitting vanaf Sondag 11 Oktober tot Dinsdag 13 Oktober 2009 by Pierre van Ryneveld plaasvind. Ons beplan om die registrasie vanaf 15:30 te doen, met die sitting wat om 17:00 begin. Die beplanning is tans om Dinsdag net na middagete te verdaag.
Hiermee 'n lys van 'n klompie gastehuise in die omgewing van die gemeente. Die gemeente het dit voorsien. Indien julle graag by van die gemeentelede wil tuisgaan, kan julle Pierre van Ryneveld kontak 012 662 1708, bediening@pvr.co.za
Onthou asseblief ook die gemeente se geloofsbrief – sluit ook die afgevaardigdes se e-pos adresse in.
ANDER SAKE
'n Nuwe toevoeging tot Woordwyser:
Woordwyser is vanaf 21 Mei (Hemelvaartdag) per e-pos beskikbaar. Intekenaars ontvang elke dag 'n dagstukkie wat hulle sommer op die rekenaarskerm kan lees of kan uitdruk om later op hulle tyd te lees. Ons bied 365 dagstukkies teen 'n fooi van slegs R50,00. Ons skop af met Handelinge wat baie aansluit by Pinkstertyd wat op 21 Mei begin. Nooi gerus alle gemeentelede met toegang tot e-pos om sommer vandag nog in te teken op ons webblad by www.sinoos.co.za
WYSIGING IN DIE BEREKENING VAN BELASTING
Let asseblief op die wysigings wat in verband met die berekening van die belasting op huisvesting en reistoelae vanaf 1 Maart 2009 in werking getree het:
HUISVESTING
Die aftrekbare bedrag verhoog na R54,200. Die reistoelae word nou weer uitgesluit in die berekening. Raadpleeg SAID se webblad http://www.sars.gov.za – kies dan All Publications op linkerkantse indeks. Gaan dan na Pay as you earn (PAYE) en kies AS-PAYE-05 – Guide for employers. Kies dan op die onderste indeks "Fringe Benefits" en gaan na bladsy 7 vir die inligting oor "1.7 Accommodation."
REISTOELAAG
Vergoeding vir addisionele reiskoste is by uitbetaling deur die werkgewer nie aan belasting onderhewig nie, al ontvang die persoon 'n vaste toelaag. Die vergoeding vir addisionele reiskoste moet op IRP5/IT3(a) verklaar word onder kode 3702 of kode 3703. Die vaste toelaag waarvan 60% belasbaar is, word op IRP5/IT3(a) verklaar onder kode 3701. Raadpleeg SAID se webblad http://www.sars.gov.za – kies dan "All Publications" op linkerkantse indeks. Gaan dan na Pay as you earn (PAYE) en kies AS-PAYE-05 – Guide for employers. Kies dan op die onderste indeks "Allowances" en vanaf bladsy 2 verskyn die inligting onder "1.2 Travel allowance."
LIEDJIESKRYFKOMPETISIE
Lees hier van die eietydse kompetisie. Die hoogtepunt is tydens ons sinodesitting.
Baie groete tot volgende keer.
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

