Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2008/6
2008/02/24
24 April 2008
GEMEENTES VAN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe broer en suster
TWEEDE KWARTAAL
Hierdie is die eerste Familiebrief van die tweede kwartaal. Die Familiebrief is ook bekend as 'n omsendbrief, wat aan al die gemeentes gestuur word.
Die Familiebrief is deel van die omvattende wyse waarop inligting aan gemeentes gegee word. Dit is veral bedoel om die werksaamhede van die wyer Sinode-familie bekend te maak, wat ter wille van die gemeentes geskied.
Lees ook die inligting in elektroniese formaat, naamlik Familienuus (wat twee weekliks verskyn), Kortnuus (wat periodiek oor bepaalde sake handel) sowel as ons koerant Oosnuus wat die stories van gemeentes vertel.
Ons het begin om skakelpersone in elke gemeente te werf om seker te maak dat die nuus van die Sinode-familie by die regte adres land.
Die Bedieninge reël talle geleenthede oor spesifieke sake wat 'n beperkte teikengroep het. Daar is egter 'n aantal populêre geleenthede waar ons soveel moontlik persone wil betrek. Die volgende geleenthede word onder almal se aandag gebring:
14 Mei 2008 - Albert Nolan oor spiritualiteit
17 Mei 2008 - 'n Werkswinkel om jou talente te ontdek en ontwikkel
5 Augustus 2008 - Die besoek van Gideon van Dam uit Nederland oor predikante-versorging.
1 tot 4 September 2008 - Predikantekonferensie in die Wildtuin.
24 en 25 Februarie 2009 - Kerklike kongres oor die lees en verstaan van die Bybel.
SINODALE DIENSRAAD
Die jongste vergadering van die Sinodale Diensraad het op 19 Maart 2008 plaasgevind. Die belangrikste besluite word in 'n aparte bylae genoem.
GESPREK MET ALBERT NOLAN
'n Helder stem vir 'n nuwe tyd: 'n Oggend met Albert Nolan
Die boek Jesus Today: A Spirituality of Radical Freedom tref 18 maande gelede die mark met 'n vars helderheid. Hoekom het niemand nog dit voorheen so eenvoudig gesê nie?
Kom gesels 'n oggend saam met Albert oor 'n spiritualiteit vir die nuwe millenium:
· Wat is die sleutel vir 'n spiritualiteit vir ons tyd?
· Hoe sou die Kerk haar bediening kon wysig om in hierdie nuwe wind te seil?
· Watter dissiplines sluit in 'n nuwe wêreld mense oop vir Jesus?
· Wat sou die fokus van die Kerk se werk kon wees om Liefde te wees?
· Enige bydrae wat jy sou wou maak!
Albert is gebore in Kaapstad en leef 22 jaar in Stellenbosch. Vir die daarop volgende 30 jaar woon hy in Johannesburg en is tans in Pietermaritzburg. Hy is 'n Katolieke priester in die Dominikaanse Orde, 'n teoloog en skrywer. Hy is ook die skrywer van Jesus Before Christianity (27 jaar gelede).
Koop en lees graag die boek. Beskikbaar by Protea Boekehuis teen R140,00 - tel (012) 362 6073, e-pos logos@proteaboekhuis.co.za of by www.kalahari.net teen R165,95.
Datum: Woensdag 14 Mei 2008
Tyd: 10:00 tot 12:30
Plek: Skuilkrans Gemeente
Navrae: Ds Erik Immelman, tel (011) 312 1911
Kontak: Corrie Swanepoel, tel 012 804 9543/4 of e-pos getuie@sinoos.co.za
ONTWIKKEL JOU TALENTE
"(God) het ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het." (Efesiërs 2:10). In hierdie proses gee die Here vir mense sekere talente. Vir 'n gemeente om te doen wat die Here verwag, is dit nodig dat elke lidmaat sy/haar talente sal raaksien, ontwikkel en gebruik. Dit verg leierskap.
Navorsing dui daarop dat mense wat in lyn met hulle talente in die gemeente ingespan word, 'n groter toewyding aan God en lojaliteit teenoor die gemeente het. Hulle is tot agt keer meer geneig om mense na hul gemeente se bedrywighede te nooi, gee tot dubbel soveel van hulle vrye tyd aan gemeentelike dienswerk en dra geldelik tot drie maal soveel as ander by.
Die Diensgroep vir Geestelike Leierskap wil gemeentes en gemeenteleiers hiermee help. Die instrument wat gebruik word in hierdie proses is die Clifton Strengthsfinder wat deur Donald O Clifton - die vader van die Positiewe Sielkunde - ontwikkel is en wat deur die Gallup Organisasie ondersteun word.
'n Werkswinkel in die ontwikkeling van talente vind op 17 Mei 2008 plaas. Teken solank die datum aan.
PREDIKANTEKONFERENSIE 2008
Vanjaar vind die konferensie weer in die Wildtuin gedurende die eerste week van September plaas. (Ons almal is nou nog jammer dat verlede jaar se konferensie nie plaasgevind het nie.)
Vir meer inligting http://sinoos.co.za/img2/Predikantekonf.doc
Inskrywingsvorm: http://sinoos.co.za/img2/Inskrywingvorm.doc
MENTORKURSUS
Gerrie Doyer en Jan Bisschoff is spesiaal opgelei en geakkrediteer om die kursus aan te bied. Inligting oor die kursus http://sinoos.co.za/img2/Mentorkurs.doc
MEDIA EN MORALITEIT
'n oproep om op 4 Mei deel te neem aan die gebedsdag vir die media. http://sinoos.co.za/img2/MediaMoraliteit.doc
BELASTINGSERTIFIKATE - IRP5 en IT3(a)
Volgens inligting wat ons van die Pretoria kantoor van die SAID ontvang het, moet die bestaande - IRP5 en IT3(a) - sertifikate nie gebruik word nie. Nuwe sertifikate word voorberei en 'n mediaverklaring volg in die verband.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

