Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2008/31
2008/12/09
Liewe broer en suster
PETROLPRYS
Die Taakspan Fondse van die Algemene Sinode het aandag gegee aan die drastiese verlaging van die petrolprys. Soos daar met die vorige drastiese verhoging riglyne deurgegee is, word dieselfde na die verlaging gedoen.
Daar is begrip vir gemeentes se begrotings, en daar word gepoog om billikheid teenoor die predikante sowel as die werkgewers te laat geskied. Reistoelae is nie vergoeding nie, maar stel die predikant in staat om die werk van die gemeente te doen.
Die werkswyse van die Oostelike Sinode is om die riglyne wat van die Algemene Sinode ontvang word, netso aan gemeentes deur te gee vir hantering.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

