Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2008/30
2008/11/21
GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe broer en suster
TOTSIENS 2008
Met die laaste Familiebrief vir 2008:-
Ons wens graag elke gemeente 'n baie geseënde feestyd toe! Mag Kersfees en die Kerstyd spreek van die genade en liefde van die Here. Sien inderdaad die hart van die Here raak!
Baie dankie vir elke gemeente se samewerking gedurende die jaar. Ons Sinode funksioneer inderdaad soos 'n gesonde familie. Die Sinode huis se deur is vir almal oop, indien julle ons wil besoek.
Oor Kerstyd sluit die Sinode huis op Vrydag 12 Desember om 12:00 tot Maandag 5 Januarie 2009.
ALMANAKKE
Gemeentes word weer gevra om 'n kopie van 2009 se almanak aan ons te stuur. Die almanakke pryk as familie-foto's teen die mure van die Sinode huis.
VOORTGESETTE BEDIENINGSONTWIKKELING
Hiermee is 'n brief in verband met die predikant(e) se voortgesette toerusting. 'n Brief is ook aan elke predikant gestuur. Bespreek asseblief die inhoud van die brief ernstig met julle predikant(e).
REGSTELLING VAN DIE FAMILIEREËLS
Bring asseblief die volgende regstellings aan die Familiereëls 2007 aan:
Bladsy 16
Dit lees tans:
........... soos in Artikel 9 van die Kerkorde (1998) ...
Verander na:
........... soos in Artikel 9 van die Kerkorde ...
Bladsy 25
Bepaling 7 Verlenging van demissie.
Voeg aan die einde van 7.1 by:
Die Ring sien toe dat alle verpligtinge teenoor die vertrekkende leraar nagekom is.
Bladsy 32
Bepaling 9 Die kerkvergadering se verantwoordelikheid.
Voeg aan die einde van 9.3 by:
Die Ring sien toe dat alle verpligtinge teenoor die vertrekkende leraar nagekom is.
Bladsy 33
Dit lees tans:
10.5 Indien............... voor ouderom 65 jaar weens ........
Verander na:
10.5 Indien ............... voor ouderdom 60 jaar weens ........
Baie groete tot 2009.
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

