Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIEBRIEF 2008/3
2008/02/20
 

 
   


GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE

 

Liewe broer en suster

 

HOOPDRAERS IN VERANDERENDE TYE

 

Die Sinodale Diensraad het besluit om die DVD aan elke gemeente te stuur.  Dit is 'n bespreking van die gebeure in Suid-Afrika.  Na aanleiding van die krag-situasie is gevra dat iets gesê word.  Die Sinodale Diensraad het geoordeel dat die krag-situasie maar een van die elemente van die veranderende tye is.

 

Hoe tree gelowiges gedurende die tye op?  Watter hoop of troos of bemoediging is daar?

 

Kyk gerus na die bespreking.  Die deelnemers is Johan van Schalkwyk - Voorsitter Sinodale Diensraad; Dion van Dyk van Skuilkrans, wat jare in Zimbabwe was en Henry van der Schyff, die Uitvoerende Amptenaar, wat inligting oor ons gebied voorsien.

 

Daar is twee weergawes op die DVD.  Die volledige weergawe van die gesprek vir die wat baie tyd het.  Dit is 27 minute lank.  'n Verkorte weergawe wat die kern van die gedeelte bevat, is 13 minute lank.  Gebruik dit gerus na goeddunke.

 

Kyk asseblief self daarna en bepaal of gedeeltes bruikbaar is, om vir meer persone te wys.  Miskien tydens 'n erediens of gebedsbyeenkoms?

 

Ten laaste, die familie-verband gee om en wil graag dat almal na mekaar uitreik om hoop te bring.

 

Baie groete

 

DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend