Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2008/19
2008/08/14
15 Augustus 2008
GEMEENTES VAN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe Sinode-familie
HULP AAN GEMEENTE
Hierby aangeheg is 'n kontrolelys vir kerkkantore. Die Personeeldiensgroep het dit saamgestel vir gebruik in gemeentes. Indien julle dit vir eie gebruik wil wysig, kan dit van die webwerf afgelaai word by http://www.sinoos.co.za/bedieninge/item/kontrolelys_vir_kerkkantore. Laat weet ons gerus watter sake behoort ook by die lys gevoeg te word.
VOETSOOL SINODESITTINGS
Dit is met groot opgewondenheid dat ons verdere reëlings aan julle deurgee. Die geleenthede vind soos volg plaas:
11 Oktober 2008 by Ermelo
25 Oktober 2008 by Nelspruit-Suid
1 November 2008 Tygerpoort in Pretoria
8 November 2008 by Witbank-Suid
Die doel van die geleenthede is om terugvoer te gee oor die sake uit die vorige Voetsool sinodesitting; om weer lidmate se harte te hoor en ook om 'n voorbeeld te gee om geloofsonderskeidend te werk te gaan.
Gemeentes word geografies ingedeel, sodat ons nie te veel duur petrol gebruik nie.
Stuur asseblief 'n aantal persone wat die profiel van die gemeente weerspieël. Met ander woorde jonges en oues, mans en vroue en ook uit die leiersgroep. Stuur vir elke predikant minstens een gemeentelid.
Moenie wag met die name tot 5 September 2008 nie. Laat weet sommer vandag nog wie kom.
Julle sal betyds aanduidings ontvang om by die gemeentes uit te kom en stukke om vooraf te lees. Lees gerus weer die Agendas vir sinodesittings 2005 en 2007 om te sien wat met die prioriteit sake, dit is die sake uit die vorige geleenthede, gebeur het.
Ons wil graag om 09:00 reeds begin. Kom meld gerus vanaf 08:30 aan. Ons mik om 15:00 af te sluit. Daar sal natuurlik verversings en 'n ligte middagete wees.
Bring gerus julle Bybels saam en pak hope entoesiasme en opgewondenheid in om 'n paar uur saam met die familie te kuier.
Ons hoor graag van julle.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

