Skip to content | Skip to navigation

FAMILIEBRIEF 2008/18
2008/08/01

1 Augustus 2008

 

GEMEENTES VAN DIE OOSTELIKE SINODE

 

Liewe Sinode-familie

 

VOETSOOL SINODESITTINGS

Dit is met groot opgewondenheid dat ons julle nooi na die Voetsool sinodesittings.  Soos in Familienuus van 29 Julie 2008 gesê is, het die Sinodale Diensraad die geleenthede goedgekeur.  Ons voorsien vier Voetsool sinodesittings.  Lees gerus die Weergawe van 2004 se sittings om in die gees van die byeenkomste te kom.

 

Vanjaar word die indelings van die gemeentes geografies en nie volgens die groottes van die gemeentes gedoen nie.  Ons het aan die prys van petrol gedink en wil ook fokus op sake wat elke gebied raak.  'n Lys van die indeling verskyn aan die einde van die brief.

 

Die Voetsool sinodesittings vind soos volg plaas:

 

                        11 Oktober        -        Ermelo

                        25 Oktober        -        Nelspruit

                        1 November      -        Pretoria

                        8 November      -        Witbank

 

Ons besef dit vind laat in die jaar plaas, maar wil tog die gemeentes vra om moeite vir die een geleentheid te doen.  Dit is 'n baie belangrike en effektiewe manier om die stem van die gemeentes, ja van die lidmate op voetsoolvlak te hoor.

 

Die Sinodale Diensraad het geoordeel dat elke gemeente minstens vier (4) verteenwoordigers kan stuur.  Julle is natuurlik welkom om meer te stuur.  Vier persone pas egter goed in 'n kar.  Ons vra dat vir elke predikant, daar ook 'n lidmaat gestuur word.  Met ander woorde - moenie vier predikante stuur nie.

 

Sal julle asseblief julle afvaardiging so stuur dat dit die samestelling van die gemeente weerspieël.  Daarmee vra ons dat vroue, jongmense, werkende mense en bejaardes oorweeg word.  Die geleenthede word spesiaal op 'n Saterdag gehou, sodat die leiersgroep en meningsvormers teenwoordig kan wees.

 

Ons beoog om by die vorige Voetsool sinodesittings aan te sluit.  Lees gerus die Agendas van ons sinodesittings van 2005 en 2007.

 

Ons vra dat julle asseblief teen 5 September 2008 sal laat weet hoeveel persone kom en wat hulle name is.  Ons het dit nodig vir die fisiese reëlings.

 

Die Ontwerpspan beplan dat die geleenthede om 09:00 begin en om 15:00 afgehandel sal wees.

 

Ons hoor graag van julle.

 

Baie groete

 

DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR


 

VOETSOOL SINODESITTINGS 2008

 

              Gemeentes in en om Pretoria


Doornkloof

Lyttelton-Noord

Premiermyn

Elarduspark

Lyttelton-Oos

Pretoria-Faerie Glen

Halfweghuis

Meyerspark

Pretoria-Oosterlig

kerksondermure

Monumentpark-Wes

Rayton

Kloofsig

Moreletapark

Silvertonkruin

Lux Mundi

Olifantsfontein

Skuilkrans

Lynnwoodrif

Pierre van Ryneveld

Tygerpoort

Lyttelton

Pretoria-Garsfontein

Valleisig

 

 

              Gemeentes naby Witbank

 

Blinkpan 

Merlindale

Witbank

Bronkhorstspruit

Middelburg

Witbank-Klipfontein

Dennesig

Middelburg-Kanonkop

Witbank-Panorama

Groblersdal

Middelburg-Suid

Witbank-Suid

Ligkruis

Nooitgedacht

Witbank-Vallei

Marble Hall

Roossenekal

 



              Gemeentes naby Nelspruit

 

Alkmaar

Komatipoort

Nelspruit- Westergloed

Barberton

Krugerwildtuin

Nelspruit-Suid

Belfast

Laeveld

Ohrigstad

Burgersfort

Letsitele

Phalaborwa

Goedgegun 

Lydenburg

Sabie

Graskop 

Lydenburg-Suid

Witrivier

Gravelotte

Machado-Boven

Tzaneen

Hazyview

Malelane

Tzaneen-Wolkberg

Kampersrus

Nelspruit

 



              Gemeentes naby Ermelo

 

Amersfoort

Ermelo

Paardekop

Amsterdam

Ermelo-Oos

Piet Retief

Badplaas

Hendrina

Rietkuil

Breyten

Kragveld

Volksrust

Carolina

Krielpark

Volksrust-Suid

Chrissiesmeer

Morgenzon

 Wakkerstroom

Debruinpark-Ermelo

Ogies

 

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend