Skip to content | Skip to navigation

FAMILIEBRIEF 2008/17
2008/07/09

11 Julie 2008

 

GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE

 

Liewe broer en suster

 

A TOT Z BELEID BRING BEDIENINGSVREUGDE

 

Die A tot Z-Beleid vir Predikante wys dat die Kerk besef hoe belangrik predikante in God se plan is.  Die beleid het 'n pastorale hart en is ernstig oor gemeentes.  Dit wil seker maak dat predikante lewenslank gehelp sal word om gemeentes met vreugde en vaardigheid te bedien.  Dit wil help sodat 'n predikant vanaf die eerste dag as teologiese student tot aftrede ten beste ontwikkel en ondersteun kan word.

 

Die A tot Z-Beleid is reeds in Oktober 2007 deur die Algemene Sinode goedgekeur (uitgesluit hoofstuk 6) en is reeds geldig, maar dit was nog nie volledig met alle relevante dokumente saamgevat en gepubliseer nie.

 

Binnekort gaan elke predikant en elke kerkraad 'n interaktiewe CD en boek ontvang waarin hierdie beleid volledig uitgespel word.  Hierdie CD's gaan direk na die Julie skoolvakansie aan predikante en kerkrade beskikbaar gestel word.

 

Kerkrade, predikante en die Kerk as geheel sal groot voordeel uit die A tot Z-Beleid trek:

 

·                    Kerkrade kry 'n volledige beeld hoe hulle die predikant as onmisbare spanmaat kan steun en help ontwikkel.

 

·                    Predikante kry riglyne hoe die bediening 'n vreugde kan bly, en hoe hulle skerp en bekwaam kan bly vir vandag se bediening.

 

·                    Die Kerk as geheel baat deurdat die beste studente gewerf, opgelei en as predikante in die beroep behou sal word.

 

HUISVESTING 2008/2009 BELASTINGJAAR

 

Die volgende wysigings het vanaf 1 Maart 2008 in werking getree:

 

Die aftrekbare bedrag verhoog vanaf R43,000 na R46,000.

 

Ten opsigte van "Besoldiging" word 60% van die reistoelae in berekening gebring (voorheen uitgesluit).

 

Die inligting is op SARS se webblad www.sars.gov.za onder "All publicatons/PAYE/more/AS-PAYE-05-A2-Fringe Benefits - 26 May 2008" beskikbaar.

 

MANNEBEDIENING

 

Hierby aangeheg is inligting in verband met die Mannebediening wat deur die Bediening vir Onderlinge Sorg gereël word.

 

BESOEK DR ANDREW PURVES

 

Teken gerus 19 Augustus 2008 vir die geleentheid aan.  Meer inligting oor dr A Purves.

 

Baie groete

 

DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend